Saturday, October 25, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

A blog of all sections with no images

Fotosessie en ander nuus

(7 votes)

Die nuwe hoofstuk aan die musiekfront is besig om vlerke te kry. Ek het verlede week en Maandag vir 'n fotosessie gegaan by Gary van den Heever van Modworx. Ek en Gary is al jare lank vriende en ons het al saamgewerk op 'n paar fotografieprojekte, so toe dit tyd was om foto's van my te laat neem, was dit wonderlik om saam met iemand te werk wat ek ook in sy professionele kapasiteit vertrou.

 

Dit nou weer tyd vir ons om die hele proses van 'n nuwe cd bekendstelling te volg. Lydia Winchester het spesifieke liedjies op "Naak" gemerk vir die radio stasies om na te luister, en die cd's gaan die week uit vir hul keurders om te luister of dit hul formaat pas en of dit op die speellyste sal gaan. Dan sal ek weer so geleidelik terugvoer ontvang waar dit gespeellys is en waar dit ook inderdaad gespeel is.

Read more: Fotosessie en ander nuus

   

Some of my favourite Panoramas

(2 votes)
Hi, - just so that you can know that life goes on :). I have been pretty busy setting up the Rewolusie.com website over the past few months. As part of that - and just because I like doing it - I created quite a few Panoramas.

Read more: Some of my favourite Panoramas

   

Testing 3D Products

(1 vote)

I am busy with working on 3D product photography. This is just a test :)

 

 

If you are interested in creatinga 3D catalogue of the products in your online shop, pop me an email :)

   

Ghoema Toekennings

(2 votes)

Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer fotograaf en dit was soos verlede jaaar ook 'n fees. Ek het kans gekry om my ou nuwe Canon 70-200 f2.8L IS lens uit te toets. Oud want dit is 'n tweedehandse lens en nuut want ek het hom nou twee keer gebruik. vir 'n troue en nou weer vir die event. Dit is miskien die vorige reeks lens in die klas van Canon, maar maak nie 'n fout nie - hy is skerper as skerp.

Read more: Ghoema Toekennings

   

Times to catch up. The Why and the new CD

(3 votes)

Time is the answer, not the question

It has been a long time since my last update. It is not be cause of an unwillingness to chat to you guys out there, but my life has been in turmoil for the last two years. It is simply because we sometimes have to make decisions that just change your ability to do thing the way you planned them.

I have an employer. That is kind-of radical, but an employer is not a bad thing to have when you want to reliably earn an income, and whether we like it or not - making music is just not a reliable income unless you are in the top ten of whatever you do. Taking photos can be a reliable income, but then you need to be able to invest enough time into it that you can get to the point where you actually do generate a large enough income to be able to do that, and the changes I made in November 2010 were of such a nature that I cannot reliably predict where I will be next week.

Read more: Times to catch up. The Why and the new CD

   

My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikant

(8 votes)

My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.

 

Ek kan eintlik nie hierdie stuk skryf sonder om miskien pateties of verbitterd te klink nie. Ek weet dit, maar dit is iets wat ek graag wil skryf. Ek MOET dit nie skryf nie en ek word nie daartoe gedryf nie, maar miskien is dit vir my net belangrik om my gedagtes agtermekaar te kry, dit te se en dan kan ek miskien ophou wroeg. Nie katarsis nie, maar meer net ‘n oop gesprek met myself. En net miskien kan mense iets meer verstaan of gebrek aan begrip he vir wat dit is om met ‘n persoonlikheid te moet deel wat wil skep, maar altyd net teen ‘n prys toegelaat word om dit te doen.

Daar is ‘n prys om te betaal vir kreatiwiteit, en die prys wat ek betaal het is klein in vergelyking met die prys wat ander betaal het. Miskien is die prys groter, hoe groter die talent is. Ek weet nie, maar soos die muse, is die definisie vaag en kan die verhouding tussen opoffering en talent nie bepaal word deur impiriese meting of analise nie. Ek hoef dit moontlik ook nie te verstaan nie. Ek moet dit net geredelik aanvaar – ongeag gevolgtrekkings.

Die realiteit is dat elke mens met die bagasie wat sy visie op hom laai moet saamlewe. Ek dink dit is vir meeste mense dalk maklik om ‘n gedrewenheid om te skep nie sal kan verstaan nie en selfs nie sal kan aanvaar nie.

Ek het grootgeword daarmee. Ek het daarmee saamgeleef tot nou toe. Ek is gemaklik daarmee dat mense nie dit kan begryp of wil begryp nie. Die lewe is vir sommige mense vasgevang in die impiriese behoefte van bestaan. Van inname en uitgawe en so lank daardie balans oor die gemiddelde bestaan en daar ook ‘n reserwe kan wees vir wegsit, is die lewe doodnormaal… normaal… en is almal gemiddeld gelukkig.

So wat is daar wat mense tot armoede, ongeluk en verwerping sal dryf om die kreatiwiteit te voed? Ek weet nie. Wat is daar wat iemand noop om te moet skep al beteken dit vernietigde verhoudings, bankrotskap, armoede? Ek weet nie. Ek weet net dat dit ‘n vloek is vir die wat dit leef. Die monster kan gestil word deur uitlate te kry wat al hul tyd opneem. Miskien selfs ‘n werk wat hul totaal absorbeer. ‘n Werk waarin hul hulself kan verdiep tot so ‘n mate dat niks anders bestaan nie. Waarin hul hulself kan begrawe en bae goed kan wees en hulself dalk selfs ryk kan maak, maar hul nogsteeds die slaaf van daardie selfde monster bly. Daai een wat ten alle koste moet skep. Dan eendag wanneer hy nie meer kan hardloop of wegkruip nie, en lank genoeg stop om asem te haal, van die monster hom weer en hy moet skep.

Die musiekindustrie in Suid-Afrika is by uitstek geskep om die vrugte van die monster te pluk. Die industrie teer op drome, passie, wense, en kreatiewe wellus. Onbeskaamd en onbeskroomd.

Natuurlik is daar die wat dink dat musiek ‘n pad uit armoede is. Daar is die wat dink dat dit ‘n pad na status is. Dat dit ‘n pad na ‘n podium wat hul ego voed is. Dit is nie die waarvan ek praat nie. Vir diesulkes is musiek ‘n werk. Soos om boekhouer te wees. Of ‘n pad wat hul ego streel, soos ‘n droom om skrywer te wees of om akteur te wees. Daar is selfs die wat erens langs die pad selfs baie goed word daarmee. Ek praat nie eens van talent nie.

Daardie mense kan ophou ter enige tyd. Hulle kan ophou skep. Hulle kan ‘n spreekwoordelike koue stort vat en hulle kan aangaan en ‘n toeroperateur wees en dit word net nog ‘n episode van hull ewe.

Ek praat van diepgewortelde wellus om te skep. Ek praat van verslawing aan skep. Ek praat van mense wat nie daarsonder kan lewe nie. Dit is die kanonvoer van die industrie. Die industrie is great om van hulle te lewe. Anders as wat mense dink, leef die musiekindustrie nie van sukses nie. Hulle lewe van die verslaafdes aan skep. Hulle lewe aan die mense wat geen kans het om ‘n kommersiele suksesvole cd vry te stel nie, omdat hul musiek te vreemd is vir ‘n gehoor om te verstaan. Musiek wat resultaat is van ‘n kreatiewe proses wat nie omgee vir kommersiele kwaliteite nie, en dit net lippediens doen. Iemand wat R 100 000 sal spandeer aan ‘n cd waarvan hy of sy nooit meer as 400 cds sal verkoop nie, en bereid sal wees om dit keer op keer op keer op keer te doen. Weer en weer.

Dit is soos ‘n junkie wat sal geld leen wat hy nie kan terugbetaal nie om sy volgende fix te kry. Dit is soos die vrou wat haarself sal oorgee aan prostitusie om dieselfde fix te kry. Die musiekindustrie handel in die dwelm en weet dat die junkie weer sal terugkom. Hulle weet dat die junkie sal steel of sy siel sal verkoop om sy volgende fix te kry. Hulle weet dat die meisie haarself sal prostitueer vir haar volgende fix.

En voed daarop.

Ek kan onomwonde stel dat ek baie mense ken in die industrie wat nie slegte mense is nie. Sterker nog. Meeste mense in die industrie is nie slegte mense nie. Ek wil amper stel dat ek min mense ken wat nie goeie mense is en van wie ek hou nie.

Ek hoor daar is ook dwelmbase wat gawe mense is.

Ek haat nie die industrie nie. Net soos wat die junkie nie die ou kan haat wat dwelms aan hom verkoop nie, en net soos die alkoholis nie die kroegman kan haat nie. Julle is al mense met wie ek kan praat en na wie ek toe kan gang vir my fix. Vrywillige verkoper – vrywillige koper. Soos dit goeie besigheid betaam. Miskien selfs respektabele besigheid. En julle veroordeel my nie. Julle kyk miskien op my neer wanneer ek my volgende demo kom voorle en julle dit by die hoop ander demo’s in die kas sit en belowe dat jy daarna gaan luister. Ek verstaan dat dit nodig is om te patroniseer omdat jy my tog wil nooi om my volgende cd in jou studio met baie goeie tariewe op te neem. Ons verstaan mekaar. Jy belowe niks. Dit is net besigheid. Ek sal terugkom, ek sal betaal en jy sal my verseker da twat ek geskep het uniek is en uisonderlk is.

Nou sit ek hier en ek moet myself konfronteer. Hulle se dat die eerste stap in die proses van genesing, is om te herken dat jy ‘n problem het. Ek gaan nie verskoning maak daarvoor dat ek gejaag word nie. Nie in arrogansie nie, maar in eerlike eenvoud. My woede is nie vir jou wat nie dit verstaan nie, maar vir my gebrek om dit oor te dra op ‘n manier wat sin maak.

 

My naam is Gideon van Zyl, en ek is ‘n musikant.

   

Page 1 of 16

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 70 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za