Sunday, October 22, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Terug uit Rome

H oi Almal, Ek is terug. Ek is nie baie lewenslustig nie, en ook nie baie opgewek nie, maar ek is terug. Ek sal uiteraard meer vertel oor Rome en ook die terugreis, maar vir eers voel ek of daar 'n boom uit my een oogkas uitgroei, my ore uitgespuit is met soutsuur, iemand met 'n MX motorfiets donuts in my keel gemaak het en of King Kong my ribbekas liefkosend ingeduik het. Al troos wat ek het is dat dit heel moontlik nie die Meksikaanse griep is nie, omdat dit 'n twee dag inkubasietydperk het. In kort, ek het eergisteroggend opgestaan, 'n vinnige voetverkenning van die Vatikaan gaan doen, teruggetrein na die Hotel en 3-uur Saterdagmiddag met Emirates gevlieg na Doebai. Ek het elfuur die aand geland, en 10-uur gisteroggend gevlieg uit Doebai na Johannesburg om gistermiddag so 4:30 te land. Paspoortbeheer was vinnig, en bagasie ophaal was stadig, met al sportiewe interessantheid 'n antie met 'n groot "Agriculture" op haar rug wat 'n Beagle-hond gebring het om aan almal se privaatdele te kom ruik. Seker maar om uit te ruik wie lanbouvaardig besig was in die buiteland. Dit het ek alles reg gekry sonder 'n uur se slaap. Gisteraand by die huis het ek weer swaargekry oor iets wat ek geeet het, en dus net 'n paar uur slaap ingekry.  Ek is moeg, en wil slaap. Tot ek weer wakker genoeg is om te kan skryf!! -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Monday, 18 May 2009 15:51 by Gideon van Zyl

Viewed 2760 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 10 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za