Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Ek is verlief

E Ek is verlief   Ek het haar een Sondagmiddag ontmoet op een van haar soel Lentedae. Ek het my groot geel tas agter my aangesleep na die toonbank wat sy domineer het. Die glimlag was een van opregte verwelkoming wat die uitputting van ‘n dag van lughawens en vlieg weggevee het en twintig jaar uit my murg gespoel het. Die “Bona Sera Senor” het musiek gemaak in my ore en die pyn van inboek in haar hotel verlig. Haar gekartelde hare het beweeg sonder dat sy beweeg het. Dit was seker net ’n optiese illusie want wat beweeg terwyl dit nie beweeg word nie? Sy het my beskerm teen my ego se broosheid toe die stelsel nie die maatskappy se kredietkaart wou aanvaar waarmee en wou betaal nie. Dit was geen probleem nie, en nie ’n vernedering nie, net ’n telefoonoproep wat die tegniese probleem opgelos het.   Ek het haar gesien in haar vrolike Somersoggend toe sy met haar bromponie in die Piazza de Colosseum verbygerits het. Ek het by die Royal Café gesit en ’n yskoue Nastro Azzurro gebruik om my bestand te maak teen die hitte terwyl sy die Piazza besit het. Niemand het gedurf om haar kleim te betwis nie. Ek het haar weer gesien met ’n piekniekmandjie langs die Tiber waar sy ’n bottel Chiante met’n minnaar gedeel het.  Haar lag het weerklink van die Isola Teberina tot waar ek van die Ponto Palatino haar skoonheid probeer vaslê het   Sy het verby my gestap in haar Herfs saam met haar vriendinne, en nog steeds die mans se koppe laat draai met haar magnetiese skoonheid. Sy het hulle ignoreer met die selfvertroue wat net skoonheid wat dieper le as die vel kan gee. Geen sweem van arrogansie nie, maar tog het haar heupe vertel van Boticelli en Bocelli. Die oomblik waar sy vasgenael gestaan het voor die beelde van haar Lente kon ek sien hoe inspirasie weerspieël word deur inspirasie. Hoe druk mens dit uit in woorde waar kuns nie eens reg kan laat geskied aan vervloë jeug nie?   Voor my vlug terug het ek haar sien dans tussen die kolomme van die Sint Petrus Plein, met haar arms wyd oopgegooi met die belewenis van haar eie Winter. Die wysheid van antieke geloof, die struktuur van beleë kultuur, die oorblyfsels van twee en ‘n half millenia kan haar nie keer om haarself te vernuwe en oor en oor haarself uit te vind nie. Die Madonna, die Kind, Romulus en Remus wat beskerm is deur die wolf.   Rome, ek is verlief.        

Gideon van Zyl Written on Tuesday, 19 May 2009 16:49 by Gideon van Zyl

Viewed 3181 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Gezina   |Y-m-d H:i:s
Dit is so mooi, dankie vir die deel. Vir 'n oomblik was ek ook in Rome en verstom oor die skoonheid daar!
Gideon   |Y-m-d H:i:s
Dankie Gezina!!
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 34 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za