Sunday, October 22, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Swiegers by Steak 'n Ale, Oefen, Oefen, Oefen

A André Swiegers by Steak ‘n Ale   Gisteraand (Vrydagaand) het ek en my Susanna gaan kuier by Steak ‘n Ale om André Swiegers te gaan luister. Die laaste keer toe ek by ‘n show van André bygewoon het was toe ek nog in Doebai gewoon het – in 2007.   Soos gewoonlik was Charlene van Steaks weer die perfekte gasvrou en het moeite gedoen om by elkeen van haar gaste uit te kom. Die fenomeen van Steak ’n Ale is miskien ‘n voorbeeld vir al die nuwe venues wat probeer om oop te maak en te oorleef. Daar is baie redes waarom Steak ’n Ale nog steeds aan die gang is na al die jare. Charlene en haar gasvryheid wat elke gas spesiaal laat voel is een. Nog ’n komponent is die musikante wat daar optree. Daar is altyd ’n mengsel van ou en nuwe talent. Gaan kyk op hul webblad – Anton Goosen, Brenda Burnit, André Swiegers, Silver Creek, Mel Bothes, - jy kan aangaan en jy syl sien dat dit is almal musikante. Mense wat live musiek met regte musikante maak. Jy kan enige aand gaan wanneer daar live musiek is, en jy sal jouself geniet. Dan die mense wat daarnatoe gaan. Die mense is musiekliefhebbers. Hulle waardeer, applous, en raak betrokke by dit wat op die verhoog aangaan. En dit bly altyd, altyd ‘n persoonlike ervaring. Steak ‘n Ale in Bothalaan Centurion is in kort een van my gunstelik plekke om te wees. En Charlene betaal my nie om dit te sê nie.   Toe ons aangekom het by die venue het ons vriende van ons raakgeloop – Rilette Meyer is ‘n vryskut joernaliste wat die eerste artikel oor my met my terugkeer geskryf het in manwees. Ons het sommer dadelik gekliek en loop mekaar gereeld raak by musiekgeleenthede. André het so net voor 9 opgegaan en saam met sy twee seuns – Jean en Emile opgetree. Jean speel die dromme deesdae en Emile kitaar. Die vertoning was intiem en voortreflik met André se skertsende humor tussen van sy treffers en minder bekende songs deur. Hy trek die gehoor in sy musiek in met staaltjies oor die agtergrond van liedjies (gewoonlik met een of ander vrou erens betrokke), en lewer dan die vertoning wat ons aan sy lippe laat hang – nie deur deur die pretensieues weg te volg nie, maar deur intelligente musiek (hier leef meer as drie akkoorde) met skerp lirieke wat erens aanklank het met hoe ek dink. Ek beskou André as een van ons vooraanstaande musikale vakmanne, en ek voel (soos met ander van ons top musikante) dat hy nie die erkenning kry wat hy verdien nie.   Ons het uiteindelik so teen 12-uur weggekom by Steaks en beide Susan en ek het onself geniet en definitief gevoel dat elke oomblik van die aand spesiaal was. Dankie Charlene van Steak ’n Ale dat jy top musikante die platform gee om gehoor te word en dankie André dat jy jou talent met ons kom deel het.   Oefening, oefening Dinsdagaand speel ek saam met Murg by die Battle of the Bands. Ons het Donderdag gerepeteer en weer vanoggend – van 9-uur tot 1-uur vanmiddag. Ons hoef net drie liedjies te speel in die eerste rondte, maar ons voel tog dat ons dit goed ingeoefen wil wees. Die liedjies wat ons gaan speel is drie van my nuwe liedjies – „Konings Kantel“, „Arbeie en Room“ en „Ek is hier om te bly“. Ek hoop hulle is reg vir ons styl daar by die kompetisie. Hou vir ons duime vas en as julle in die omgewing is, kom ondersteun ons asseblief.   More is Sondag, en ons gaan net rus. Dit is in elk geval die plan. Daar is so veel om te doen, maar ons sal kyk wat daarvan sal gedoen kan word sonder om ons Sabbatsrus te erg te versteur.  En Rugby Ek het vanmiddag saam met my keyboardspeler - Jacques Sutton (ook bekend as Slangvel Sutton) en sy familie en vriende rugby gekyk. Rugby is ' pragtige sport wat ek met entoesiasme volg, en dit was wel koning-rugby wat opgedis was in die wedstryd tussen die Bulls en die Crusaders. Veels geluk aan die Bulls en hul ondersteuners met hul plek in die final! Tot Kyk -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Sunday, 24 May 2009 00:01 by Gideon van Zyl

Viewed 2799 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 27 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za