Saturday, October 25, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Klein Niksnut, Anton Goosen, Vlieg is nie vir sissies nie en Helde

& nbsp;Die laaste twee dae was (al weer) chaoties. Woensdag aand se gig was… wel – ‘n bietjie onstuimig. Na die rugby was dit ‘n bietjie rumoerig, en dit het ook oorgedra in die gig. Groot hoeveelhede alkohol gekombineer met groot ouens lei nie noodwendig na fyner waardering van die kunste nie. Gelukkig was daar baie positief ook aan, so ons vat die positief en bou daarop. Die klein niksnutGisteraand het my jongste Danté aan ‘n sangkompetisie deelgeneem by sy skool, en die kategorie vir Graad 4 en 5 gewen. Ons is natuurlik almal so trots op hom, en miskien voel ons almal dat ons deel het in sy sukses. Hier kom ‘n ding – nog ‘n van Zyl musikant is op die horison.  Anton GoosenGisteraand het ons by Steak ‘n Ale aangegaan en Anton Goosen op sy beste gesien. Dit was ‘n rustige gig, en hy het ‘n hele repertoire uitgehaal van sommige van sy minder bekende liedjies, en ook van sy meer kontroversiële songs gespeel. As julle nog nie vir Anton so gehoor het nie, het julle hom nog nie op sy beste gehoor nie. Die gehoor was waarderend en ek dink het dit net so veel geniet as wat ek en David gedoen het. Ons goeie vriend Theo van Rensburg het vir Anton gespeel en was weer op die top van sy game. Skitterende gig.  Vlieg is nie vir sissies nieOndertussen gebeur daar niks wat my help om van my gevoel van onvergenoegdheid oor vlieg ontslae te raak nie. Die Air France se vliegtuig is nog steeds vermis, en die goed op die see wat hull gedink het wrakstukke van die vliegtuig is, is klaarblyklik nie deel van die Airbus 330 nie. http://jv.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_2526886,00.htmlOuch. Okei, nou dit is ‘n bietjie erg vir my. Ek meen, ek het genoeg episodes van Lost gesien om te weer dat vliegtuie wat uit die lug uitval nie vir sissies is nie. Ek het ook genoeg gelees oor die Bermuda driehoek om te weet  dat vliegtuie wat wegraak jou sosiale lewe erg kan ontwrig. Dus het hierdie vliegtuig nou gegaan van vermis na geval na vermis. Jammer, maar dit boesem nie vreeslik baie selfvertroue by my in nie.  Helde - Willem Peake en SIBUDie afgelope paar dae het ‘n aantal stories verskyn wat my hart sommer warm laat klop het. So ‘n paar dae gelede was daar ‘n berig oor ‘n paartjie wat ‘n klomp rowers uit hul huis uit verdryf het, en in vandag se Beeld is daar weereens ‘n wonderlike storie van ‘n man wat naby Marble Hall ‘n rower se geweer gegryp het en die rower en sy maker verjaag het. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2526786,00.htmlWillem Peake, jy is my en baie Suid-Afrikaners se held! Wat ons meer nodig het in hierdie land, is dat ons self eienaarskap vat vir ons lot en nie wag vir ‘n regering wie se prioriteite op ander plekke lê om ons probleme op te los nie. My ander groot held vir die dag, is nie ‘n persoon nie, maar ‘n organisasie. SIBU – oftewel Sannieshof Inwoners en Belastingbetalersvereniging. Hierdie organisasie weerhou die munisipale belastings van hul lede en onderhou nou self hul dorp. Dit is die manier om dit te doen. Wanneer ons ophou kla en iets begin doen aan dinge gebeur daar iets.  Vir ‘n verandering het ons ‘n rustige naweek voor. Dit is maar goed so, want ons is almal nog steeds verkouerig. Miskien doen ons iets spektakulêr op Sondag, maar ek dink dit sal meer iets rustigs wees. Ons gaan maar soos die gees ons lei. Tot Kyk -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Friday, 05 June 2009 15:30 by Gideon van Zyl

Viewed 1611 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl

  • Fotosessie en ander nuusposted on Tuesday, 16 September 2014 16:45

    Die nuwe hoofstuk aan die musiekfront is besig om vlerke…

  • Nuutste nuus oor musiekposted on Tuesday, 02 September 2014 17:26

    Goeie dag almal.   Gideon is weer besig met musiek,…

  • Some of my favourite Panoramasposted on Sunday, 07 July 2013 10:31

    Hi, - just so that you can know that life…

  • Testing 3D Productsposted on Sunday, 21 April 2013 20:20

    I am busy with working on 3D product photography. This…

  • Ghoema Toekenningsposted on Tuesday, 16 April 2013 20:24

    Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer…


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 67 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za