Thursday, December 18, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Maandag. Ek is Gideon, en ek is vet.

M aandag. Almal geniet Maandag. Hoor ek. Behalwe ek. Waarom geniet ek nie maandag nie? Eenvoudig. Dit is die dag wat ek gewoonlik kantoor toe gaan in Sandton vir allerhande vergaderings en dinge, en ook die dag wat ek altyd vassit in die verkeer. Dus. Maandag is nie goed vir my nie.

 

Wat wel altyd vir my interessant is van Maandae is dat die Maandagkoerante gewoonlik interessant en spannend is. Ek weet nie of dit is omdat die weekblaaie se joernaliste die hele Sondag het on nuwe stories uit te dink en of dit net is omdat die naweke geneig is om meer interessante stories op te lewer nie. Meer interessant omdat die meerderheid van mense naweke interessanter dinge doen soos om paartie ste hou, om van berge aft e spring met sweeftuie, sport kyk en speel, op klein bootjies op groot see gaan vaar of teen baie hoë spoed met motors, motorfietse en vliegtuie rondjaag. Ek dink julle kry die prentjie – naweke is interessanter en maak daarom interessanter nuus vir Maandag.

 

Vandag se hoogtepunt vir my was die besonder opbouende storie in die Beeld oor vet mense wat nou gatvol daarvoor is dat die res van die samelewing teen ons diskrimineer. http://jv.news24.com/Beeld/Vroue/0,,3-1841_2527514,00.html – nou hier is die ding.

 

Ek is ook gatvol daarvoor.

 

Daar word vandag definitief teen mense gediskriminasie op gronde van hoe hulle lyk.  Hoe hulle gebou is en hoe hulle aantrek. Organisasies diskrimineer teen mense wat as vet beskou word, en hier bedoel ek nie beesgroot mense wat op ‘n trekker se trailer gelaai moet word om erens heen te gaan nie, ek bedoel op mense wat nie eens in die “obese” kategorie val nie. Ek bedoel mense wat net rond is in ‘n Rubeneskiese manier. Manne en meisies wat meer vorm het as die geraamtes wat mode voorskryf vir ons om te wees. Mense soos ek. So nou gaan ek – ‘n hele paar kilogram oor my ideale gewig, en mense kom met allehande dinge van dat ek my gewig moet op let omdat dit my gesondheid sal skade aandoen.

 

Hoe kom ek by my huidige gewig? Wat doen ek in my daaglikse lewe wat my “oorgewig” maak volgens die norme van… wie? Ek eet – ontbyt, ligte middagete, en ‘n ligte aandete. Eke et nooit abnormal baie nie, en  vermy goed wat sleg is vir my soos brood en sulke dinge. Sterker nog – ek gluten intolleransie, wat betekn dat goed wat klassiek oorgewig veroorsaak word deur my vermy anders is ek siek. EK eet goed met proteiene, maar vermy te vetterige kos, want as kind het ek geelsug gehad, enb my lewer is nie baie life vir vetterige kos nie. Dieselfde met alkohol.  Ek is nie ‘n groot drinker nie, want my lewer kan dit nie lekker hanteer nie, dus drink ek nie groot nie. Nouja, wat bly oor? Ek gaan op ‘n dieet – ek het al op baie diete gegaan, maar ek verloor ‘n bietjie gewig partykeer en dan tel ek dit op na die tyd met ekstra. Die grootste gewigsverlies wat ek in my lewe gehad het, was toe ek kompeterend pluimbal gespeel het in Nederland. Ek het oor ‘n tydperk van ‘n jaar vyftien kilogram verloor, en is toe na Saoedi Arabie gegaan waar ek weer begin speel het tot ek ‘n ernstige kniebesering opgedoen he twat my nou nog steeds uit die spel hou. Die alternatief was om te gaan gym. Ek doen dit, gereeld genoeg dat dit ‘n impak het op al die ander dinge wat ek graag sal wil doen.

Nou na my gesondheidstoestand. Ten spyte van die feit dat daar mense is wat my as oorgewig reken, is ek gesond. My laaste toetse het gewys dat my hartklop uitstekend is vir my ouderdom (hoë 60’s), my bloeddruk is perfek, my kolestrol bestaan nie. Nou vra ek met trane in my babyblou oë – waarom moet ek, wat om een of ander onverklaarbare rede nie gewig verloor nie – myself steur aan al die vooroordele van ‘n gewigsbehepte samelewing?

Watse vooroordele is daar teen mense wat meer weeg as die aanvaarde “norme”?  Mense dink eerstens dat mense wat meer weeg as die media se norme

  • ‘n Ongesonde lewensstyl lei
  • Lui is
  • Selfsugtig is
  • Onproduktief is
  • Ongesond is

 

Bull.

 

Daar word ernstig gediskrimineer teen vet mense. Wat laat my so se? Gaan kyk om julle. Gaan kyk na die televisie en films. Die rolverdeling is nie naastenby ‘n refleksie van die realiteit daar buite nie. Hoe is dit byvoorbeeld dat 60% van die Amerikaanse bevolking vet is volgens norme, maar die enigste vet mense wat rolle kry in films en televisie is karikature – skurke of grapkasse. Gewone mense is nooit vet in films nie. Hoeveel van 7e Laan se karakters het ‘n bietjie liggaam aan hulle? Almal is sulke pragmodelletjies en hunky 3-uur-in-die-gym-‘n-dag bulle. Dit is behalwe vir die ouer mense en die grapkasse en die skurke.

 

As musikant het ek al gesien wat gebeur. Stap ek noudiedag in ‘n venue in saam met die persoon wat die booking vir my gereël het en kyk die eienaar my so op en af asof ek nie enigsins moontlik musiek kan maak nie. My flip man – sonder beskeidenheid – die feit date k nie kan bekostig om drie uur ‘n dag in die gym te spandeer nie, vat niks weg van wat ek kan doen op ‘n verhoog nie. Dit vat ook niks weg van wat ek kan doen in die studio nie. Vra enigiemand wat my al sien optree het of my gehoor het. Ek gaan ook nie ‘n grapgat word net omdat vet mense funny moet wees nie. Al wat ek vra is dat mense my na waarde skat vir wat ek kan doen – nie vir hoe ek lyk nie.

 

Dit is my en biljoene ander mense om die wereld – skat ons na waarde – nie na hoe ons lyk in jul maatstawwe nie. Julle het geen idée hoe ek op my huidige gewig gekom het en wat die mediese of ander redes daarvoor is dat ek so lyk nie.

 

Nou is ek sommer van voor af weer de hoenders in. Diskrimineerders, bly uit my pad uit.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Monday, 08 June 2009 16:02 by Gideon van Zyl

Viewed 29125 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl

  • Fotosessie en ander nuusposted on Tuesday, 16 September 2014 16:45

    Die nuwe hoofstuk aan die musiekfront is besig om vlerke…

  • Nuutste nuus oor musiekposted on Tuesday, 02 September 2014 17:26

    Goeie dag almal.   Gideon is weer besig met musiek,…

  • Some of my favourite Panoramasposted on Sunday, 07 July 2013 10:31

    Hi, - just so that you can know that life…

  • Testing 3D Productsposted on Sunday, 21 April 2013 20:20

    I am busy with working on 3D product photography. This…

  • Ghoema Toekenningsposted on Tuesday, 16 April 2013 20:24

    Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer…


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 52 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za