Sunday, May 19, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Musikale week, SARS

D ie afgelope week was daar baie fokus weer op musiek. Ek is uiteraard hard aan die werk aan die nuwe webblad om musiek te verkoop. Ons het Donderdagaand na die verfilming van die laaste gedeelte van ‘n film gegaan (waar ons ook vir Theuns Jordaan en Elizma Theron in konsert gesien het),ek het Vrydagaand ‘n show van Riku Latti en Albert Frost bygewoon by Steak ‘n Ale en Saterdag het ons weer gewerk aan die nuwe cd – by Riku op die plaas. Maandagaand het ons geoefen vir eerskomende Saterdag se opname, en gister en vandag was ek in die Kaap. O – en tussendeur het ek myself weer probeer geregistreer kry as ‘n belastingbetaler – ‘n moeiliker taak as wat mens sou dink.  Ek is sommer uitasem as ek net daaraan dink. 

Elizma TheronDie Webwinkel kom

Die nuwe webwinkel – REWOLUSIE.COM – se ontwikkeling gaan aan. Ek het gekyk na ‘n paar webwinkels wat ek kan gebruik en sort van op een besluit. Nou moet ons die ontwikkelling doen om dit in die lug te kry. Daar is baie belangstelling van kunstenaars om deel te neem aan die konsep. Daar gaan ‘n hele paar verrassings wees – ons gaan nie sommer ‘n “fringe” ding hier bou nie. Meer kunstenaars is boos vir die industrie as wat julle sal raai.

Verlede Donderdag het ek die Liedjieboer se gastehuis gaan afneem vir hul Emo Adamswebblad en vir promosie, en ons het mooi foto’s kon maak van die plek. Ek wil julle sterk aanbeveel om gaste wat blyplek in Midrand soek te vertel van die plek. Julle kan vir Hennie bel by 0834412644 vir besprekings. Lekker plek, met natuurlik die gesellige Liedjieboer net langsaan.

Jakkalsdans, Elizma en Theuns

Donderdagaand het ons gegaan om te luister na Theuns Jordaan en Elizma Theron... ok meer akuraat ons was deel van die verfilming van die laaste gedeelte van ‘n nuwe film wat in Februarie vrygestel gaan word genaamd “Jakkalsdans”. Die storie gaan oor ‘n musikant (Theuns) wat ophou om musiek te maak. Hy kom dan terug as gevolg van mense wat omgee (soos Elizma)... of so iets. Die film speel af in die Karoo. Die regiseur is die opkomende ster van Afrikaanse filmn – Neil Sandilands - en die krapkas Emo Adams is ook in die film te sien. Daarna het Elizma en Theuns en die band ons vermaak met ‘n lekker gatskop show. Daar moet meer films met ‘n aafterpaartie gemaak word. Wie is game daarvoor?

Riku en Albert by Steak ‘n Ale

Theuns JordaanVrydagaand het ons lekker by Steak ‘n Ale gekuier en die keer om vriend, musikant en kreatiewe genie Riku Latti te gaan lustier saam met Albert Frost. Ek geen nie ‘n klomp byvoeglike naamwoorde om Albert Frost te beskryf nie omdat ek heel eenvoudig nie regtig weet hoe om hom te beskryf nie. Om te stel dat hy ‘n ongelooflike musikant is laat byvoorbeeld nie reg geskied aan sy talent nie. Dus sal ek maar net daarby bly. Steak ‘n Ale is een van my gunsteling kuierplekke in die heelal – it is in my top ly svan gunsteling plekke saam met Sherlock Holmes in Houston, Diggers in Bahrein, Finnegans in Dubai en Liedjieboer in Midrand. O – en natuurlik die Cactus Lounge in Riyadh (moenie vra nie).

Weereens het ons die sfeer, die geselsskap, die musikante en sommer alles aan Steaks geniet. Dankie ook vir Charlene dat sy die plek so ‘n tuiste maak vir liefhebbers van musiek. Die enigste ding wat swaar op my gemoed rus, is dat ek nie vanaand Luna se bekendstelling van haar nuwe album daar kan gaan bywoon nie.

Saterdag in die Studio

Saterdag het ons weer vroeg gery van hier af om te Riku Unpluggedgaan opneem in die studio op die plaas. Toe ons half twaalf die vorige aand weg is by Steak ‘n Ale het die derde set eers begin, so ek het nie regtig verwag dat Riku al teen 9-uur wanneer ons op die plaas sou aankom wakker sou wees nie. Ek het verby Dorette gery op die pad in (sy was op pas na ‘n recall in die stad saam met klein Lia Luna by haar) en sy vertel my toe dat Riku eers half vyf ingekom het. Groot was my verrassing toe Riku springlewendig en gereed was om te werk. Sterker nog – ons het deurgewerk tot middernag toe!!

Ek voel nou nog sleg daaroor – ek was die een wat aan die slaap geraak het op die bank gedurende die laaste song se opname. In die maratonsessie het ons Shannon op die dromme en Andrew op die Bas opgeneem vir 11 liedjies!!! Meesters, fenomene en all-round nice ouens. Dit het nie net goed gegaan van ‘n tyds-aspek nie – ek het goed geluister na die opnames na die tyd – dit is baie, baie goed. Dit is altyd ‘n plesier om met ouens soos Shannon Sutherland-Clark, Andrew Friend en Riku te werk. Eerskomende Saterdag wil ons die Keyboard en Lead kitaar klaarmaak. Miskien track ek sommer vocals ook saam.

 

SARS o SARS

Neil SandilandsMy frustrasie van die week is gelewer deur SARS. Die begin van die maand wil ek toe mos my e-filing doen. Vroeg genoeg om nie die drukte van stelsels op die 20e te probeer troef nie. Groot was my verrassing dat ek wel bestaan, maar dat ek nie kan registreer nie omdat my belastingnommer gedeaktiveer is. Go figger. Gedeaktiveer. Ok, ek bel toe die ouens op SARS se hulplyn, en hulle se toe dat dit maklik is. Ek moet maar net na my naaste belastingkantoor gaan en dan sal hulle hom weer vir my aktiveer. Al wat ek nodig het is my id. Ok – Giepie vat toe Maandagmiddag om na ons Germiston kantoor toe te ry, Daar aangekom en na ‘n tou van so ‘n halfuur of wat vertel hulle toe vir my dat ek dit net kan doen by die Paarl kantoor. Laas toe ek nog belasting betaal het was dit by die Paarl kantoor. Ek se toe nee maar ek bly nie in die Paarl nie, ek bly in Kempton Park. Nee, my kantoor is dan Boksburg. Okei. Ek bel toe die Paarl kantoor van SARS en kry toe ‘n baie behulpsame dame op die lyn wat vir my se dat ek ‘n reeks oorspronklike dokumente moet inbring en dan kan hulle weer my nommer aktiveer. Ek se toe nee, maar die Paarl is baie ver en ek het regtig nie in my budget om Kaap toe te vlieg, ‘n kar te huur, en dit alles net omdat ek so desperaat is om my verpligtinge na te kom teenoor my land om die opgawe in te dien van belasting wat ek al reeds betaal het nie. Sy stel toe voor dat ek van voor af aansoek doen as belastingpligtige en dit kan ek sommer by my plaaslike kantoor doen. Raait alles nog goed tot hier. Ek gaan kry toe alles wat ek nodig het om van voor af te registreer – bankstate, afskrifte van id, Afskrif van my IRP5, alles. Mooi netjies met oorspronklike dokumente ook by. Vrydag vat ek weer tyd af by my baas en ry Boksburg toe. Mooi Stad. Okei – ek hou van die roadhouse in die hoofstraat – moet my nie daarvoor stenig nie. Ek gaan toe in by die man by die toonbank en verduidelik vir hom wat ek wil doen. Nee se hy, hy weet nie. Ek se ek sal wag. ‘n Ruk later vra hy my wat ek wil he en ek verduidelik maar weer. Hy se hy weet nie en bel iemand. Hulle se ook hulle weet nie. Uiteindelik wag ek maar weer en bel hy iemand wat wel weet. Ek gaan toe na die persoon wat weet en hy vat toe al my oorspronklike dokumente en scan hulle en gaan aanlyn en sluit af met “Meneer van Zyl – alles sal nou goed gaan". Die Bellville kantoor moet dit net goedkeur en dan is alles reg. Ek is natuurlik baie tevrede want my belewenis van die ons regering was nie so erg dat ek my polse wil afkou nie. Supraais. Ek moes weet - as iets te maklik ly, is dit gewoonlik juis nie.  Woensdagoggend bel ‘n kollega my en vra date k die iemand-wat-weet wat by SARS werk in Boksburg moety bel. Hy vertel my toe dat die behulpsame dame van die kantoor in Paarl hom gebel het en se dat sy die oorspronklike dokumente nodig het en dat die feit date k die oorspronklike dolumente by SARS in Boksburg voorgele het nie goed genoeg is nie. Nou hier is die weirdste. Ek het die vrou nou al van gisteroggend af verskeie kere probeer bel. Sy is nooit beskikbaar nie. Die arme dame op die skakelbord groet my al by name wanneer ek bel en se sy het al verskeie boodskappe vir die vrou gegee, en dat sy weer nie beskikbaar is nie. Nou is daar ewe skielik baie dinge wat ek nie verstaan nie. Ek het tog die oorspronklike dokumente by SARS voorgele? Dink die vrou nou dat hulle eie mense in Boksburg die dokumente gefake het? Hoe is dit dat ek iemand moet bel om die situasie te probeer beredder maar die persoon nooit in die hande kry nie? Die finale ene – Ons het nou al tot herhalens toe gehoor oor die radio en die tv dat daar geen uitsel vir enigiemand verleen word na die 20e vir persoonlike belasting nie. Beteken dit dat die regering so desperaat is om my ‘n boete te gee vir laat betaling dat hulle my nie wil help nie?

 

Tot kyk

 

-Gideon-

Hier is van die foto's van liedjieboer se gastehuis:

 

 

 

 

 

 

 

 


Gideon van Zyl Written on Thursday, 19 November 2009 17:38 by Gideon van Zyl

Viewed 6926 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 112 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za