Sunday, May 19, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gerdt Roetz, Lydia Winchester, Johnny Late, Murg en Route 66

J a, ek weet. Dit is ‘n baie laat blog die, maar daar het baie gebeur intussentyd. Meeste daarvan goed. Baie goed selfs.Hoogtepunte uit die laaste paar weke sedert my vorige blog is Gerdt Roetz se video opname, Lydia Winchester se jaar-eind paartie, Johnny Late se DVD opname, Verdere opnames aan Murg se debuutalbum, Naak, Murg se optrede by die Bootklub by Hartebeespoortdam en Akoestiese optrede by Route 66 naby hartebeespoortdam

 

Ondertussen gaan die werk aan die webwinkel onverpoosd voort. Die beplande teikendatum om vanaf 1 Januarie aanlyn Henry Steele doen hillbillyte wees lyk nog steeds doenbaar, so nNico Badenhorstiks het daar verander nie. Ek het ‘n paar dae werkswinkel wat beplan is vir die laaste week van dei jaar om met my vennoot die details deur te praar oor hoe ons die besigheidsmodel gaan struktureer. Die Rewolusie is nog steeds besig om duideliker vorm aan te neem, en die meeste mense wat dit moontlik sal maak is al reeds aanboord. Ek weet dit klink redelik obskuur, maar dit is ek dink dat dit belangrik is om die idee te beskerm totdat ons aanlyn is en gereed is met die finale besigheidsplan. Hou maar die pers en hierdie blog dop in die nuwe jaar vir besonderhede soos dit ontplooi.

Ons het op die 29e November die footage geskiet vir die eerste video vir Gerdt Roetz se nuwe cd. Die liedjie waarvoor ions die video geskiet is Boontjiesop. Die titel klink ‘n bietjie vreemd, maar dit is ‘n oulike tune met baie potensiaal om ‘n goeie gehoor te kry in die Afrikaanse hoofstroom mark. David is besig met die laaste editing werk en Gerdt en Louise gaan Woensdagoggend die video kom preview. Wanneer dit goedgekeur is, sal ons die video oplaat op Youtube vir julle om na te loer. Ek sien uitd aarna om nog van ons video’s op TV te sien.

Die aand van die 1e Desember het ons ook ‘n opname gedoen vir Johnny Late van die Johnny Late band (Ook bekend as Jannie Lategan van die band Murg). Dit is ‘n baie ambisieuse projek met vier verskillende sets. Johnny het ‘n reis deur verskeie style van Blues deur rock, pop en country gemaak en het ook ‘n akoestiese set ingesluit. Die musikante was indrukwekkend, en Henry Steele, Peter van der Hoven, Glenn Cunniff, Nico Badenhorst, Chuene Marakalala, ian Rothmann, Jardus Smith en Herman Rosslee was deel van die lineup.  Mooi werk. Die opname van die klank is deur Riku Latti gedoen, en wat eks o ver gehoor het is baie goed.  Johnny beplan om volgende jaar ‘n trippel cd/dvd vry te stel wat ‘n studio cd, Lydia Winchesterakoestiese cd en die live DVD sal insluit. Ambisieus, maar ek weet verseker dat dit een van die interessantste projekte is wat nog deur ‘n Afrikaanse musikant aangepak is.

Die aand van die 7e Desember het ons my PRO, Glen CunniffLydia Winchester se jaareindfunksie bygewoon. Dit het so ‘n bietjie van die karakter van ‘n normale musiekindustrie-paartie gehad, met sommige mense wat nie  met mekaar praat nie, sommige wat onbewus van enigiets aanpaartie, en dan natuurlik die grootste gros – mense wat lekker bymekaarkom om te kuier. Ek en Susan het ‘n tafel gedeel met Yolanda Barnard en Eagon Williams. Ons het baie vriende en kennisse raakgeloop, en klaarblyklik was daar die aand net een persoon wat vir my kwaad was – ‘n nuwe persoonlike rekord. Partykeer is wat ek as spitsvondigheid beskou klaarblyklik iets wat mense diep ontstel. Go figger (soos Annie uit Kaapstad sou sê). Ek het ook darem die kans gehad om vrede te maak met iemand wat ek by ‘n vorige geleentheid diep ontstel het. Dus balanseer dinge nogal uit. +1 en -1 is 0, dus is ek in die groen ;). Ek het kans gehad om te kuier saam met vriende Wouter en Anita van der Venter, wat goed is want ons sien mekaar nie naastenby genoeg vandat hulle Harties toe getrek het nie.

 

Ons het ook sedert my laaste blog goed vordering gemaak met die nuwe cd. Ons het Jannie se kitaarwerk klaargemaak, goeie vordering gemaak met keyboards en ook 7 van die vocal tracks klaargemaak. Dit klink mooi. Baie mooi. Miskien voel elke musikant dat die goed wat hy of sy aan werk spesiaal is, maar ek het ‘n goeie gevoel oor die cd. Dei styl wissel, maar het duidelike stempel op van die musikante wat deel vorm van Murg. Shannon bring ‘n definitiewe “groove” na die projek met sy onmiskenbare styl op die dromme. Andrew gee die bas lewe met kombinasies van sy punchy slaps en pops op seker liedjies, en dan weer die fretless bass klank wat hy kry op sommige van die liedjies. Die span wat deel was van die opnameJannie het ‘n paar wonderlike “signature” riffs gebring na baie van die liedjies, wat die liedjies laat uitstaan. Daar is waar liedjies breekbaar en mooi moet wees is daar ‘n presiese, dromerige klank aan sy kitaarwerk, waar die liedjies moet rock, lê hy ‘n sterk fondasie met sy powerchords en lead breaks wat  ongetwyfeld grensverleggend is,  waar liedjies moet jazz of blues is die gevoel en klank daar, en dan net om almal om te krap is daar ougat country licks in op die regte plekke. Jacques met sy sagte pads, jazz-orrel en klavierklanke is ‘n klank wat alles mooi saambind en die liedjies voller laat voel waar hulle moet voller wees. Ons moet nou nog die vocals klaarmaak en dei laaste keyboard goed dan klan ons die finale meng en die meester werk laat doen. Ons begin eers weer in januarie werk aan die album, en die finale meng en meester sal moontlik teen vroeg in Februarie gedoen word. Dit lyk of Johan kelber, wat my vorige album produce het, vir ons die finale meng en meester gaan doen.

Gerdt buite die LiedjieboerDie afgelope naweek was ‘n besige ene vir my. Ons het Saterdagoggend gespeel by die bootklub by Hartebeespoortdam. Jannie kon nei daar wees nie as gevolg van ‘n troue in Potch, en dus was daar ‘n iets meer beperkte repertoire vir ons om mee te werk. Ons het ‘n driekwartuur gehad en het op ‘n vlot gespeel op die dam, en dit het goed gegaan. Ons het ‘n mengsel van oorspronklike goed en covers gespeel, en alles het goed geloop. Die oorspronklike liedjies wat onsgespeel het was meestal van die nuwe album (hetw el met “Ek het nog my lewe” begin van my vorige cd af) en daar was goeie reaksie op Aarbeie en Room, Soms, Onderweg en Hier om te bly.  Ek dink dat Onderweg definitief groot byval gaan vind by ‘n bree Afrikaanse gehoor. Dit is in elk geval waar ek die “smart money” sou sit. Miskien moet dit sommer die eerste video word.

Saterdag is ek en David direk van Harties af deur na ‘n troue toe in 'n Duif op die Latti's se plaasPretoria. Die troue het by ons uitgekom deur ‘n verwysing, en hoewel dit vir ons ‘n nuwe ervaring was, het ons dit terdee geniet en ek dink ook onsself goed gekwyt van ons taak. Al wat ek sal anders doen, is om nie weer klank ook te verhuur nie. Dit is ‘n te groot pyn om klank rond tesleep tussen sets wanneer die plek verander. Ons het saam met Jacques Sutton (ja, ook van Murg) en Roelof van Rooyen saamgewerk vir die gig. Gedurende die diens het Jacques rustig keys gespeel, Roelof het panfluit gespeel en ek het klassieke kitaar gespeel. Rustige mooi ou liefdesliedjies. Mooi, en het goed afgegaan. Na die diens het ek, Jacques en David rustige agtergrond musiek gesing en gespeel. Jacques op bass, keys en vocals, Ek op akoestiese kitaar en vocals en David op percussions en vocals. Mooi set. Tot 9-uur. Toe moes ek en David wag vir die paartie om klaar te maak. Ons is uiteindelik half 1 die oggend daar weg. Moeg maar tevrede.

Sondag was ‘n ander storie. Ek het Saterdagaand vir jannie ‘n SMS gestuur om te laat weet dat ons Sondagoggend hom om 7-uur by sy huis te kry – min wetende dat Jannie aan’t paartie was by ‘n troue van sy eie in Potchefstroom. Sonder ontvangs. Dus – geen SMS vir Jannie nie. Sondagoggend half sewe dog ek dat ek maar bel om te laat weet dat ons op pad is, maar ek kry net voicemail. By jannie se huis aangekom is daar geen siel in sig nie. Ek en David ry toe maar deur na Harties toe. Ek het ‘n kaart gebruik van ‘n webblad wat deurgegee is aan my, maar die plek is toe nerens in sig soos op die kaart aangedui nie. Uiteindelik het ek om die punt van die dam gery op soek na die plek, en uiteindelik so half 9 opgedaag by die venue. Jannie kry my toe ook in die hande al die pad uit Potch uit en se hy is op pad. Uiteindelik het ons die hele spulletjie bymekaar gekry en met ons eerste set begin met jannie wat uitgeput ingestrompel kom in die venue. Hy het aangekom, ingeplug en ons het begin speel binne ‘n minuut of wat na sy aankoms. Toe die eerste set klaar is vat ons gouy ‘n ontbytjie, en net toe ons op pad is verhoog toe, word ons ge-Eskom. Maar hard. Niks krag nie. Ons hang toe maar ‘n bietjie terug en wag vir dei krag om aan te kom, maar toe dit blyk dat niks vreeslik gou gaan gebeur nie, besluit ons net daar om ‘n total “unplugged” set te doen. Wat ‘n fees!! Ons het net so sonder versterking geblues, gesoul, gerock, gejazz en sommer alles tussenin ook. Net toe ons klaar maak met die set  gaan die krag weer aan, en ons het maar baksheesh ‘n ekstra set ingegooi toe die krag weer aankom. Ons het so teen 2-uur klaargemaak en na ‘n paar vloeibare verversinkies is ons daar weg. Lekker moeg, en na twee dae van ongeveer 10 uur sing in total was daar nie veel stem oor nie.

 

Die 19e tree ons weer op in Nigel, en dit belowe om ‘n lekker gig te wees. Raymond Ray begin, dan is ons op, en dan van my gunsteling bands later – Hansie Slim, Die Tuindwergies en Klopjag. Groot dag – wees daar.

 

'n Foto van Riku en Dorette se stoep afEk wou nog iets se oor diete, maar sal wanneer my kop daarom kry dit liewers doen. Ek wil net een gedagte by julle laat. Ek het al opgemerk dat elke dieet se dat jy minstens 12 glase water per dag moet drink. Dit is die een ding wat alle diete in gemeen het. Dan betaal jy honderde rande vir ‘n poeiertjie of kapsules wat jy saam met dit drink. Ek het ‘n paar jaar gelede daai herbalife ding probeer volg, en niks gewig verloor nie. Teo vertel die mense my dat dit is omdat ek nie twaalf glase water per dag gedrink het nie. Gerieflik. Toe sit ek en wonder wat sal gebeur as ek die twaalf glase water drink en liewers die honderde rande per maand spaar – sal ek dan ook gewig verloor? After all is dit die ding wat die hele ding laat flop het. Ek het dit ook probeer. Wat dink julel was die resultaat???

 

 

Groete

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Monday, 14 December 2009 16:50 by Gideon van Zyl

Viewed 11778 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 54 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za