Tuesday, May 21, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Goeie tye, Slegte tye - dan is daar 2010 :)

E Ek is nou reg vir die nuwe jaar. Bring it on 2010.Die afgelope ruk was hekties. Baie hekties. Okei, ek weet dit is niks nuuts nie, maar gewoonlik moet ek cope met 'n dag vol ander werk en dan nog my skedule probeer byhou om my passies uit te leef. Die laaste paar dae het ek net daarop gefokus om my huis in orde te kry sonder die normale daaglikse werkslas, en ditwas 'n 6:00 tot 24:00 ding. Daar is twee dinge wat fokus was vir my. Die een was minder aangenaam, en die ander was 'n regte plesier. Maar laat ek eers die lekker oor gesels.  

Goeie Dinge - Rewolusie.com

Soos ek 'n tyd gelede vertel het, is ek besig om 'n webwinkel te begin waar ons meer direkte toegang tot die mark wil gee aan musikante. Dit is nou die musikante wie se goed julle nie elke dag op RSG hoor nie. David het vir ons 'n pragtige tegniese oplossing ontplooi wat dit moontlik kan maak en ek het gefokus op funksionaliteit en funksionele toetse, en dit lyk nou of Rewolusie.com vroeg in die nuwe jaar operasioneel sal wees. Ek is nog besig om voorbeelddata te laai op die oomblik wat die kapasiteit van die stelsel kan demonstreer, en dan is daar net administratiewe dinge wat in orde moet kom om kaartransaksies te kan hanteer (maatskappyregistrasie, integrasie met 'n payment gateway, banke ens vat ongelukkig maar tyd), dan sal die stelsel aanlyn wees. Die katalogus sal nog klein wees, maar soos wat die potensiaal sigbaar word, sal die katalogus groei. Die teiken is om teen middel Januarie die betalingstelsel in werking te he en dan kan ons lewendig gaan met die stelsel. Ek het 'n paar opwindende gesprekke aan met musikante en platemaatskappye om aanboord te kom, so fase een van die rewolusie sal nie ongemerk verbygaan nie. Wanneer fase 2 met die nuwe stelsel gereed is later in die jaar behoort daar genoeg dravlak te wees om te verseker dat dinge verander. Kom loer gereeld maar in om te sien wanneer Rewolusie.com bekendgestel sal word.

 

Slegte Tye - Bands wat nie betaal word nie

Die ander saak was minder aangenaam. Murg het onlangs 'n gig gedoen waarvoor ons nog nie betaal is nie. Ek het die afgelope week vergaderings moes bywoon om die saak te probeer opklaar en dit lyk na een van daardie ongelukkige voorvalle waar die gig nie genoeg geld genereer het om winsgewend te wees nie. Nou is twee van die bands wat opgetree het (ingesluit Murg) nie betaal nie, en een van die ander kunstenaars is net gedeeltelik betaal. Ek stel eintlik nie belang wie se skuld dit is nie, al wat ek soek is die betaling. Daar is tentatiewe reelings getref vir latere betaling, maar ek wag nog vir bevestiging van intensie om te betaal deur die venue. As ek dit nie ontvang nie, is ek bevrees dat ek sal moet verdere stappe neem. Ek is sekerlik nie interessant genoeg vir 'n koerantstorie nie, maar daar is ander kanale waardeur sulke dinge uitsorteer kan word.


Snaaks genoeg gaan dit nie oor die geld nie, maar oor die beginsel. Ek weet ek klink soos 'n eggo van ander musikante in die verlede, maar ek kan nie verstaan dat iemand 'n gig boek sonder dat hulle die begroting het om die musikante te betaal nie. Jy kan nie hoop dat jy genoeg geld sal maak uit 'n event om die musikante te betaal nie, want enigiets kan foutgaan en dan sit jy met 'n kontantvloei probleem en die potensiaal dat jou naam in die volgende uitgawe van die koerant gaan staan. Slegte besigheid en slegte saak. Die laaste keer wat so iets met my gebeur het was in die 90's, en ek het gehoop dat dinge verbeter het sedertdien. Lyk my van hier af is dit kontrakte, deposito's en betalings voor optrede. Erg, want dit is een vrot appel wat dit vir almal verbrou. Erger nog, ek was lekker grootbek tot nou toe dat ek in goeder trou werk met mense, en dat ek ebreid is om die knock te vat om aan te hou om in goeder trou te werk. Nou giggel van my pelle in hul mou oor die insident. Nogal 'n verleentheid.


2010!

Ek reis in Januarie vir 'n paar dae na Amsterdam toe, en moes ook my visum reel. Dit het sonder voorval verloop. Die Nederlandse Ambassade was so effektief soos altyd. Dit is lekker om met professionele mense te deel. Ek sal dus uit die land uit wees van die 10e tot die 15e Januarie. Die weer is mislik daar die tyd van die jaar, maar miskien kry ek kans om nie net te werk nie, en Amsterdam kan gesellig wees wanneer dit so koud is.

Die res van die week lyk rooskleurig, of miskien het ek net 'n rooskleurige bril aan. Ons het ne regtig enigiets beplan vir die nuwejaar nie, maar ek begin die vierde met 'n knal met 'n baie druk program tot die naweek wat ek vlieg. EK glo 2010 gaan die jaar wees waarvoor ek lankal werk.


Dit sal seker oor en uit wees van my tot in die nuwe jaar, so ek wil julle almal wat die blog lees, al my vriende en familie 'n wonderlike 2010 toewens. Mag 2010 nie net sokker wees nie, maar mag elke ding wat julle aanpak 'n sukses wees. Mag geluk, vrede, sukses en laer belasting julel almal tref :).



Groete


-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Wednesday, 30 December 2009 08:34 by Gideon van Zyl

Viewed 3974 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Antointtte  - music 4u2   |Y-m-d H:i:s
Dit is baie intresant wat jy geskryf het - en ek glo die 2010 gaan vir ons sangers en kunstenaars die toppunt wees tot sukses - want waar musiek is, is passie - waar passie is, is die volk - mag 2010 voorspoed bring en hou aan positief skryf.
GROE...
Gideon  - Die uitdagings van 2010   |Y-m-d H:i:s
Dankie Antoinette!

Ek stem saam - 2010 gaan 'n goeie jaar wees na wat eintlik maar 'n redelike gemiddelde jaar was vir meeste van ons.

Ek kan egter glad nie kla oor die jaar nie. Daar was uitdagings, maar mens moet uitdagings met entoesiasme en ...
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 61 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za