Sunday, May 19, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Harde Werk, Gerdt Roetz se video, Musiek in 2010

W at ‘n gebeurtenisvolle paar dae sedert nuwejaar. Ek was natuurlik besig soos altyd, behalwe dat – waar die glas gewoonlik nie voller kan word as wat die meniscus toelaat nie, moes ek die keer ‘n spaar glas kry om te help hanteer.Okei kom eks e dit so – die jaar was so ver nog nie baie lekker nie – meestal omdat eknie kans gehad het om agter te kom of dit lekker is nie. Ek het Maandag die 4e begin werk, en het sedertdien nie kans gekry om te stop nie. In elk geval nie voor 10-uur saans nie. Ek was veronderstel om vandag te vlieg na Amsterdam toe,maar ek moes selfs die reis uitstel omdat ek belangriker goed het wat hier gebeur.  

 

Nuwe Jaar - Harde Werk

Ek kan eintlik nie baie praat oor wat gebeur nie, maar dit het wel te make met werk en die evrdien van geld en ‘n groot kontrak wat skielik op ons afgeduik het. Die opdrag is eenvoudig – sit al die ure in wat nodig is om die deal te kry. Okei.
Verder is Rewolusie.com besig op mooi bymekaar te kom. Die winkel loop nou tegnies mooi, en ek het vanmore die integrasie gedoen na die betalingstelsel se “Sandbox”. ‘n Sandbox is maar net ‘n toetsstelsel waar lewendige data teen getoets kan word sonder om transaksies teenoor banke deur te sit. Ek beplan om die week wat voorle die laaste funksionele toetse af te handel, wil ek om middernag die 14e die stelsel laat lewendig gaan. Dus – Rewolusie.com gaan in die lug die 15e Januarie 2010. Dit is nogal stresvol omdat ek nie voel dat ek naastenby genoeg focus daarop kon spandeer om seker te maak dat alles 100% is nie, maar ek moet nou maar die stap neem, en dan moet ons probleme wat ons nog optel uitsorteer in produksie.

Op hierdie stadium sal daar nog net drie kunstenaars aanlyn wees, en dit is ek, Gerdt Roetz en Murg. Dit is nie die ergste nie, want ek het alreeds gesprekke met verskeie ander kunstenaars aan die gang en ek glo ons sal almal gou aanboord kan bring.
Aanvanklik sal ons net digitale aflaaie ondersteun totdat ek die hele ding rondom koeriers uitsorteer het.  DIt gaan nie oor tegniese probleme nie, maar eenvoudig om die tyd om mense te sien om afsprake te finaliseer. Sodra dit uitsorteer is sal die koerierdienste cd’s kan oplaai van die musikante en direk by jou huis aflewer.

Genoeg nou eers van die rewolusie.

2010 - die musiekjaar

Die musiekjaar het stadig begin.

Ons het uiteindelik die video van Gerdt Roetz klaar, en julle kan dit sien by die skakel . Dit sal hopelik binnekort op MK en Kyknet te sien wees. Ons laat julle meer weet wanner dit gebeur.

 

Ek het geen vaste gigs  aan vir die nuwe jaar nie, maar met die fokus op die album vrystelling en op die bekendstelling van Rewolusie.com, het ek nie regtig veel tyd aan bemarking spandeer nie. Ek is ook baie versigtig vir opportunistiese gigs vir mense wat ek nie ken nie nadat ek nog steeds nie betaal is vir ‘n gig wat ons in Desember gedoen het nie. My vertroue in mense is geskaad, ja, maar ek  moet die ding net ‘n bietjie prosesseer. Ek is bereid om te bele, maar ek is nie bereid om te beplan aan die hand van beskikbare inligting en dan my familie van sekere dinge te ontneem  omdat mense nie hul verpligtinge nakom nie. Die antwoord is uiteraard ‘n bestuurder wat na ons dinge kan omsien, maar elke keer wat ek in daardie paadjie afloop, eindig ek weer by ‘n doodloopstraat op. Realiteit. Daar is net ‘n paar goeie bestuurders in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. Realiteit nommer twee – hulle stel nie belang in onbekende musikante nie. Nog minder stel hulle belang in musikante wat nie jonk, seksie, hip en in die tydsgees van pop funksioneer nie.  Ek sal nie moedeloos daaroor raak nie, maar ek brand wragtig die kers aan alle kante om die projekte waarmee ek besig is bymekaar te trek. Dus, as julle van ‘n bekwame bestuurder weet wat wel bereid is om saam met iemand te werk wat presies weet wat hy gedoen wil he en dit as ‘n vennootskap van gelykes wil aanpak, asseblief – julle weet waar om my te kry.

 

Ek gaan wel die 23e Januarie weer tyd in die studio spandeer. Ek wil net my vocals klaarmaak vir die nuwe album van Murg. Meer daaroor nader aan die tyd.

Tot kyk

 

-Gidoen-


Gideon van Zyl Written on Sunday, 10 January 2010 15:42 by Gideon van Zyl

Viewed 3664 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 30 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za