Friday, April 25, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Rewolusie.com in produksie, David gaan Filmskool toe

W Week drie van 2010 was weer rof, maar ons het baie gedoen gekry, so ek is ‘n gelukkige baba. Ek was veronderstel om Amsterdam toe te vlieg , maar moes die reis uitstel – so besig was dit. Gelukkig was ek goed besig, maar ek sukkel op hierdie stasium om 14 + uur werksdae aanmekaar te hou – veral as dit vir meer as ‘n week op ‘n keer aanhou.  Gelukkig weet ek date k oor so ‘n paar maande die vrugte gaan pluk daarvan.  

Die Belangrikste vir my, is dat Rewolusie.com nou werk. Ek is seker daar sal nog ‘n paar bugs wee swat uit die gate kruip, maar dit lyk of alles goed gaan en alles werk. Dus – noudat alles werk, begin die groot werk, en dit is om die woord te versprei dat ons as kunstenaars nie meerd die gevangenis van verspreiders hoef te wees nie. Ongeteken begin nou ‘n ander betekenis kry omdat ons aan mense die kapasiteit gee om wel self te versprei en te publiseer sonder dat om bankrot te word in die proses.

Gaan kyk asseblief by www.rewolusie.com. Wanneer alles aan die gang is en die stelsel het lekker ingebed, kan ons met Kopspeld.com ook begin. Ek sal julle later meer daarvan vertel J.

 

Ek probeer nou al vir twee dae om Avatar te gaan kyk, en het vreeslik uitgesien daarna. Helaas is ek gister ge- Evkom en vandag het Susan ontdek dat sy so veel he tom klaar te kry dat ons nie almal sal kan saamgaan nie. Nouja – ons is almal vir een en een vir almal so dit sal nou seker so twee weke of so moet wag voor ons kan gaan kyk.

 

More gaan ons Oudste, David (ja die seun van my wat altyd saam met my optree) terug universiteit toe. David gaan Filmskool toeHy het begin met studies in Dubai om sy graad te vang met Animasie as die hoofstudierigting, maar na sy diploma het ons terug verhuis na Suid-Afrika toe. Hy begin more by TUT se filmskool.  Ek gaan hom by baie optredes mis omdat hy nou aan die studie gaan wees, maar ek is seker hy sal nog saam met my en Murg optree by tye. Dit beteken ook dat ek saam met al die ander goed waarmee ek besig is nou my eie editing sal moet doen. Ek gee nie regtig om nie, want ek geniet dit regtig om te edit, maar ek dit gaan nou bietjie langer vat op video-produksies klaar te maak. Ek oorweeg dat ons die jaar wat voorle maar konsentreer op Murg se video’s vir ons nuwe album, maar ons moet maar sien. Mens se nie sommer nee vir geleenthede nie.  Ek wens hom alle sukses en voorspoed toe, en as trotse Pa weet ek dat hy gaan goed maak daar.

 

Intussen is ek nog steeds op soek na ‘n bestuurder vir my en Murg se aktiwiteite. Mense met wie ek gesels tot dusver pas ons nie of ons pas hulle nie.  Dit sal wel regkom, maar ek wens eitlik date k meer ure in ‘n  dag gehad het sodat ek ook dit liewers self kon doen. Soms – net soms – dink ek dat ek maar alles self moet doen want dan weet ek dat dit gedoen kom, en reg gedoen kom. Gelukkig raak ek gou ontslae van daai idée omdat ek weet dat dit die pad is na uitbrand, en daai paadjie wil ek nie loop nie.

 


Gideon van Zyl Written on Sunday, 17 January 2010 15:16 by Gideon van Zyl

Viewed 1556 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 765 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za