Sunday, May 19, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Simply Slim - 'n eksperiment

D ie Eksperiment  - Sedert 10 Desember 2009 het ek ‘n eksperiment gedoen met ‘n gewigsverliesproduk genaamd Simply Slim. Ek dreig nou al ‘n tydjie om hieroor  te skryf, maar het net nie daarby uitgekom nie weens werksdrukte. Die hele idee was om myself as kontrole te gebruik vir die stellings wat die spesifieke produk se verspreiders maak in Suid-Afika en die produk vir ‘n maand lank te gebruik. Nou, kom ons spring somemr weg met ‘n beskrywing van die kleims vir die produk. Die evrvaardiger stel dat mens kan gewig verloor deur een kapsule elke oggend voor 10 te drink en dan net seker te maak dat mens minstens 3 liter water ‘n dag drink, en – bob’s jou oom – jy gaan gewig verloor. As jy nie verloor  in ‘n sekere tydperk nie, sal jy al jou geld terugkry. Volgens hulel is die produk ook 100% natuurlike produkte en dus is alles net lekker en heerlik hiermee saam en jy sal nie verskriklik newe-effekte kry nie. Dan is daar die normale diskleimers dat jy altyd gewig moet verloor in samespreking met jou dokter ensovoorts. Die foto is verkry van http://www.sulekha.com/mstore/riverine/albums/default/thinking_monkey.jpg

 

So – as gewillige proefkonyn het ek toe ingespring en die nodige gedoen.  Kom ons vat elkeen van die stellings en veretel van my ervaring.

Gewigsverlies:

Ek het gewig verloor. Klaar. Die grootste deel van die gewigsverlies was in die eerste week. My gewigsverlies het as volg gelyk:

Gewigsgafiek


Elke strepie verteenwoordig 2 kg en die vertikale as gee datums weer. Soos julle sal kan sien uit die grafiek, het ek die van die 11e tot die 15e 9 kg verloor en daarna meer geleidelik. Teen die 27e Desember het et skielik 6 kilogram opgetel en toe weer geleiedelik verloor. Netto het ek oor die gamete tydperk 11 kg verloor. Wat ek anders gedoen het in die eeste week, is dat ek baie optredes in daardie 5 dae gehad het, en dit was in ekstreme temperature was. Ek was tussen Kerstyd en vNuwejaar op vakansie en het meestal gewerk by die huis aan Rewolusie.com.  Dus was ek nie baie aktief nie, en in die tyd skiet my gewig omhoog. Sedertdien het ek normale aktiwiteite met normale energieuitsette, en mens kan sien dat my gewig gestaagd daal onder normale aktiwiteitesvlakke.

Dus – ek het gewig verloor,e n wanneer ek meer aktief was meer en vinniger verloor. In die tye wat ek minder as normal aktief was, het ek gewig opgetel. Ek het deur die hele siklus so normaal moontlik geeet en het geen swaar feeste of so gehad waar ek groot porsies ingekry het nie.

Newe-effekte

Gedurende die tydperk het ek die volgende newe-effekte beleef.

Negatiewe effekte

ß        Van die begin af was ek vreeslik dors. Die ingeslote briefie stel dat dit aspris is om seker te maak dat jy wil water drink... ok – dit werk soos geadverteer.

ß        Ek is gewoonlik ‘n ligte slaper en dit is nie ongewoon vir my om vyfuur soggens wakker te wees nie. Van die eerste dag af het my slaappatroon nog ligter geword, en ek het gemiddeld twee uur per nag kon slaap. Daar is definitief nog steeds sprake van slapeloosheid, hoewel dit na meer as ‘n maand se gebruik byna normal is.

ß        Ek het sommige dae hoofpyn gehad – ek het nooit hoofpyn nie, en dit is opmerklik date k soms hoofpyn het

ß        Hardlywigheid. Vanaf die vierde dag van die eksperiment, beleef ek hardlywigheid. Daar word gestel dat mens meer growwigheid moet inneem om te kompenseer, maar ek kan eenvoudig stel dat slegs ‘n swaar lakseermiddel of ‘n redelike hoeveelheid droee vrugte help daarvoor, en dan maak ons sie hele omgewing ongemaklik.

Positiewe effekte

Ý        Ek het definitief baie meer energie.

Ý        Ek het geruime tyd probleme met my regterknie, en ek het geen problem meer nie. Ek twyfel of dit medisinaal is, en kan wees as gevolg van die verminderde gewig op my kniee, maar ek moet dit noem.

Dus – ek het ‘n hele paar negatiewe newe-effekte beleef, en sal uiteraard dit ingedagte moet hou as ek  wil aangaan met so ‘n program.

Bestandele

So, waste bestandele bevat Simply Slim volgens die boksie?

·         Bigarade Orange

bitter orange, n an essential oil, expressed from the fruit of the bitter orange
(Citrus aurantium), useful for treating colds and flu, constipation and flatulence, gum conditions, sluggish digestion, and stress.

mosbyCAM() Jonas: Mosby's Dictionary of Complementary and Alternative Medicine. (c) 2005, Elsevier.

Dus volgens dit is dit iets wat sommer vir alles help van verkoue, hardlywigheid, tandvleis kondisies, en stres.

·         Indian Lotus

Ok, hier raak dit weer interessant  - The seeds of Louts plant are commonly used in folk medicine in the treatment of tissue inflammation, cancer, emesis and given to children as diuretic and refrigerant in skin diseases.  The seeds possess antioxidant, antipyretic and anti-fertility properties.    

Nog iets wat goed is vir... inflammasie, naarheid, iets wat jou meer laat toilet toe gaan en bevat antioskidante, help teen koors en klaarblyklik help dit ook teen vrugbaarheid. Ek lei af dat die eienskap wta hier gesig is in ‘n dieetpil is dat dit jou water los maak.

·         Cassia Seed

Help klaarblyklik vir probleme met die lewer, niere, binnegoed en visie. Dit help ook blykbaar met hardlywigheid... So hoe help dit met gewig verloor? Miskien deur hardlywigheid te verminder en die algemene gesondheid van organe wat met die spysvertering te make het  te help?

·         Alisma Orientalis

 The root contains an essential oil and has a wide range of medicinal uses. Alisma root is antibacterial, anticholesterolemic, diuretic and hypotensive. Alisma root is said to lower blood pressure, cholesterol and blood sugar levels whilst it also has an antibacterial action on Staphylococcus, Pneumococci and Mycobacterium

Ok. Dit begin al meer puzzling raak vir my. Die plant help teen bakterie, is weereens iets wat jou toilet toe laat hardloop, hetlp met kolestrol en bloedsuiker, en klaarblyklik doen dit iets met vrugbaarheid. O, en dit help jou ontspan.

·         L-Carnitine

Nou hierdie is ‘n baie interessante ene vir my.  L-Carnitien is ‘n gesentetiseerde weergawe van die Karnitien. So hier gaan die “heeltemal natuurlik” teorie by die deur uit. In natuurlike vorm kom hierdie aminisuur in jou liggaam voor en help met die afbreekproses van lipiede – dus vette. So, dit  help om vette om te sit na suikers. Cool. Hier he tons nou iets wat miskien iets aan my vet kan doen. Soos mens ouer word neem jou natuurliek vlakke van Karnitien af, en ‘n aanvulling van karnitien is oor die algemeen bruikbaar en help met beendigtheid, hartprobleme, diabetes, manlike onvrugbaarheid, en is sommer oor die algemeen sommer net goed vir jou... MAAR – L-Canitine is gesentetiseer uit lysien en metionien en hoewel L-Canitine ekstensief gebruik word in gewigsverliesprodukte, is daar geen bewys dat dit werklik help met gewigsverlies nie. Dit is wel bewys dat dit help met  versnelling van die metabolisme en met neurone funksies van die brein. Dus voel mense wat dit gebruik dat hulle meer energie het en helderder voel. Albei – positiewe effekte wat ek ervaar het.

 

En dit vriende is alles. So nou verstaan ek nie my negatiewe newe-effekte so lekker nie. Die hoofpyne kan veroorsaak word deur de hidrasie asgevolg van die “ek-moet-toilet-toe-gaan” effek van van die middles, die hardlywigheid maak definitief nie sin nie, omdat van die middles as lakseermiddels gebruik word en die slapeloosheid het miskien iets te make met die beter energievlakke.

 

Donker wetenskap, is al wat ek kan se.

Noudat ek ‘n redelike neutrale artikel geskryf het oor my wedervaringe, wile k julle graag uitnooi om uit te kyk vir ‘n volgende artikel wat ek nog wil skryf oor ander mense se ervarings.

Wat ek wel wil se is – wees versigtig – daar is baie mense wat negatiewe ervarings gehad het met die produk. Dit werk NIE vir almal nie, en van die stellinsg wat deur die plaaslike agente gemaak word, kan met ‘n knoppie sout opgeneem word. So – kopers, wees versigtig en werk wel saam met julle dokter met dit.

 

Tot kyk

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 19 January 2010 23:08 by Gideon van Zyl

Viewed 12004 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Harvey  - Simply Dom   |Y-m-d H:i:s
4 reports of Dr.'s whose patients have had heart problems in the last 2 months alone in Gauteng. The web is full of reports about how dangerous this product is. I know of 2 people who have changed their personalities after just a few months of using th...
Harvey  - PS: Yes they both lost weight   |Y-m-d H:i:s
They certainly did, but they also lost as many friends as the kilo's they shed...
Gideon   |Y-m-d H:i:s
Hi Harvey,

I have followed the discussions in the media closely. I also have a personality monitor - my wife

Seriously though - I would not again touch the stuff with a barge-pole after some of the reports I read. It is one of those old &...
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 56 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za