Thursday, July 18, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Tussentyd, Die vet is in die vuur, Naakte kritiek, Sunnette en Hennie se ding

E k voel op die oomblik of ek 'n bietjie in die tussentyd staan. Dit is wat ek dit nou maar noem. Die tussentyd is die tyd tussen wanneer iets gebeur en iets anders gebeer. Dan is jy intussentyd besig met ander goed om die tyd om te kry tot die volgende groot moment. Ek voel ook so 'n bietjie geintimideer deur hierdie blog. Ek kan nie verstaan hoe enigiemand daagliks kan blog nie. Nie as hulle 'n program het soos myne nie. Ja, ek weet ek kan darem net daagliks hello se soos 'n statusupdate, maar daarvoor het ek tog Facebook en Twitter... okei - ek sukkel nog omd ie sin van Twitter te sien, maar as ek lank en hard genoeg konsentreer sal dit seker duidelik word - as nie deur 'n proses van verligdheid nie, dan definitief deur 'n proses van osmose. Moenie vra wat ek bedoen nie, want en is seker dat ek ook nie die tyd sal he om osmose te verduidelik en hoe dit van toepassing kan wees op die proses van verligdheid (0f gebrek daaraan) nie. 

Okei, dit is nie asof ek nie besig is nie - inderwaarheid baie besig, maar ek het tog so 'n algemene gevoel dat ek nie regtig besig is op 'n konstruktriewe manier nie.

 Wat gebeur met Simply Slim?

Ek het in my vorige blog vertel van my Simply Slim eksperiment. Ek sal volledig verslag doen na die 10e Februarie. Dan dink ek sal ek maar weer na meer konvensionele metodes van gewigsverlies kyk - soos om niks te eet nie... ok - grappie. Ek het die polimiek rondom Simply Slim gevolg, en ook seker gemaak dat ek 'n "amptelike" boks SS het. Klaarblyklik het ek. Nou is die vraag nog uitstaande of dit 'n smeerveldtog teen SS is, en of dit eenvoudig nagemaakte weergawes van die produk is wat die mark getref het wat al die probleme veroorsaak. Ek is nog springlewendig en gesond, my persoonlikheid het nie merkbaar verander nie (dit is nou volgens my vrou), my bloeddruk is goed, ek kry nie hartkloppings nie, en ek voel oor die algemeen springlewendig en gesond.

Nou wil ek die baie belangrike vraag vra en hierdie is 'n vraag wat die gemeenskap in sy groter konsep miskien Kyk Regsmoet probeer antwoord na 'n stukkie selfondersoek. Ek het al hieraan geraak in vorige blogs, so my rants and raves hieroor sal niks nuuts vir julle wees nie. Daar is eintlik 'n reeks vrae wat ek wil vra:

  • Waarom is mense bereid om hul gesondheid te waag om gewig verloor? Dit gaan nie net oor Simply SLim nie, maar oor baie ander praktyke soos om te vas tot mense op gewig is, en selfs sulke liederlike praktyke soos mense wat lidwurms sluk sodat hulle kan gewig verloor.
  • As dit so maklik is om gewig te verloor deur "reg te eet" soos wat baie mense se, hoe is dit dat miljoene mense dit nie kregkry om gewig te verloor nie - selfs die wat "reg eet"?
  • As dit so maklik is om deur oefening gewig te verloor, waarom is dit dat daar so baie oorgewig mense by gyms te siene is? Skerlik sal hulle gewig verloor en dan maer mense by die gym wees?

Ek vra weer - is vet die nuwe rook? Is vet die nuwe asosiale gedrag wat geteiken en geterroriseer moet word?

Genoeg daarvan vir vandag.

 

Naakte kritiek

Miskien is Naak 'n nuwe modegier wat ons kan begin. Ek het 'n teorie - Naakte mense sal baie minder MD Greylinggeneig wees om ander mense se tekortkominge uit te wys. Alle mense is of te maer of te vet, dus is klere nie die groot gelykmaker nie, maar naak is miskien die groot gelykmaker. As jy naak is, kan jy nie daai tjoepie om jou maag wegsteek wat jy nie kan wegkry nie. As jy naak is sal jy nie jou ribbebene kan wegsteek en jou heupbene wat amper deur jou vel steek omdat jy te maer is nie. Jy sal nie die littekens van jou laaste liposuksie kan wegsteek nie, en jy sal ook nie die littekens van die drugs wat jy gebruik kan wegsteek of die merke op jou gewrigte van toe jy probeer selfmoord pleeg het. Jy sal nie meer mense he wat bekommerd is oor hul bates wat te groot of te klein of te rond of te plat of te boep is nie, want almal sal erens 'n sigbare gebrek he wat nie weggesteek kan word deur klere nie. Miskien moet ek die ANC betoog dat ons die grondwet moet laat wysig sodat mense minder krities moet raak oor hoe ander mense lyk.

Dit bring my eintlikby wat ek wou gese het. Ons is redelik naby aan klaar met die opname-fase van Murg se nuwe album "Naak". Ons het verlede Sondag 7 liedjies se vocals klaar gemaak, en neem Saterdag die res op. Dan moet ons nog die keyboard goed klaarmaak en dan kan ons begin met die finale meng en die meester.

Ons sal binnekort laat weet wanneer julle julself kan blootstel aan Naak se gelykmakende invloed Innocent. Naak - musiek wat almal op dieselfde manier kan luister.

Murg

Gepraat oor Murg - Shannon het verlede week en Maandag laat weet dat hy nie meer ons drommer kan wees nie. Ons is baie spyt daaroor, omdat hy so goed ingepas het - musikaal en as persoonlikheid. Ek is seker ons sal nog saamjam in die toekoms en dat hy soos ons met heimwee sal terugdink aan die goeie tye wat ons saamgehad het.

Maandagaand het dieeerste drommer 'n oudisie kom doen by ons. Ek wil graag vir Deon Labuschachne welkom heet by die wonderlike, opwindende wereld van Murg!!! Ons glo dat ons hom vir meer as een seisoen sal kan boei.

 

Sunette en Hennie se paartie

Wimpie en CorineSaterdagaand die 30e het ek en David en Andrew gaan musiek maak by Sunnete Bridges en Hennie van Vuuren se paartie. DIt klink vreemd, maar Sunette wou 'n Faceboek paartie gooi, en Hennie wou 50 word, toe hou ons sommer een groot paartie by Liedjieboer saam met hulle albei. DIt was die gewone suspects - Hansie Slim, ons ('n halwe Murg), Beekraal (okei Charlie en nog 'n kitaarspeler) en MD Greyling en Hugo wat saamgespeel het. Dit wa sop die klein verhoog in die kroeg. Tussendeur het DJ Oliver ons vergas met sy eie brand van geremixde Afrikaanse musiek, en op die groot verhoog het Anel Botha vir ons vermaak met haar groot stem en uiteindelik het Sunette vir ons musiek gemaak van die groot verhoog af. Tussendeur is daar groot kuiers gekuier en lang gesprekke gevoer. Ons het ou vriende raakgeloop en weer nuwe vriende gemaak.

 

Die week wat kom

Ons het nogsteeds een groot week wat kom. Saterdagoggend gaan ons studio toe om die album klaar te probeer maak, ek probeer om Murg ingeskryf te kry by KKNK. Ek moet Ingeland toe vir 'n paar dae van die 13e af, so doen weer die ondenkbare - probeer 'n visum kry. Dan probeer ek nog tussendeur nuwe kunstenaars opgelyn te kry vir Rewolusie.com, en moet ek nuwe kunstenaars laai op Rewolusie.com. Dan wil ek begin werk aan die volgende bloginskrywing.

Groete

 

-Gideon-

PS: Ja - Gideon "ek tree nie op op 'n gratis verhoog nie" van Zyl wil Murg KKNK toe vat

PPS: As julle weet van 'n pynlose manier om by KKNK gerehgistreer te kry, laat my asseblief weet - die mense kom nog nie terug na my toe nie

PPPS: As julle weet van 'n goeie bestuurder wat asseblief die pyn om gigs te soek, venues te boek, en Murg vir die volgende fees se oop verhoog geboek kan kry, laat my asseblief weet

PPPPS: As julle weet van 'n baie goeie bestuurder wat vir ons betaling kan kry om by die volgende fees op te tree laat my ook weet asseblief.


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 02 February 2010 10:28 by Gideon van Zyl

Viewed 5875 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 121 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za