Thursday, July 18, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Trip na Engeland, Klaar in die studio met Naak.

S oos belowe voor ek weg is Engeland toe, is ek nou weer reg vir ‘n blog. Ek sou dit verkies om elke dag ‘n blog te skryf, maar voor dit kan gebeur sal daar eers ‘n paar dinge in my lewe moet verander. Daarvoor het ek tyd nodig, en baaaaie geld...So ‘n trip na Engeland toe is nie vir sissies nie. Vir baie mense is dit nogal ‘n avontuur om so ver te reis, maar vir my is dit op hierdie stadium niks anders as ‘n irritasie nie. Okei – daar is soet saam met die suur, en daar is altyd goeie goed wat daarmee saamgaan as mens daarna soek, en ek is nie daar teen om in ander lande te wees nie – ek sou net daarvan hou as ek in ander lande kon uitkom sonder om eers daarnatoe te moet vlieg.


Reise en Soetkyse

Windsor StasieMy reis na Engeland het begin kort na my terugkeer van Kaapstad. Kaapstad is nog oorleefbaar, want daar is nie paspoorte, visa’s en allerhande ander vervelende dinge wat tussen my en Kaapstad staan nie. Daar is net twee lughawens, een vliegtuig en ‘n koppie koffie of twee. Ek he took darem kans gehad om my Ma en my kleinboet te sien. Sy is nog in goieie gesondheid en kranig aan die gang – jonk vir haar leeftyd. My boet is soos sommige van julel dalk weet Tamatie van Gansbaai. Hy is die jeweller daar en ‘n entoesiastiese ondersteuner van Afrikaanse musiek – ook baie meer uitgesproke oor sy voorkeure as ek. Hy noem se maar ‘n klip nie ‘n klippie nie. Tamatie is in sy blues, rock en alles anders as sokkie in. EK kan dit ook nie toeskryf aan die feit dat hy in Gansbaai woon wat hom ‘n eklektiese musieksmaak laat ontwikkel het nie – dit het sommer van self gekom. So het ek en hy eers gou deur die nuwe songs van Murg geluister en ek weet nou waarvan hy hou. Interessant. As hy verteenwoordigend van die musiekmark was, sou Bittersoet en Sonder Weerstand definitief die groot songs op die album gewees het. Helaas is dit nie so nie. Dus verwag ek dat van die meer kommersiële liedjies die ding sal doen vir meeste mense. Meer daaroor op ‘n latere stadium...

Terug van Kaapstad het ek reggemaak om Doebai toe te vlieg en gegaan on ‘n imprint van my kredietkaart vir die mense van die reisagentskap te gee. Bus voor Windsor KasteelOok maar goed, want daar kom ek toe agter dat my vlug eers ‘n maand later sou vlieg. EK het noe ‘n problem mee gehad nie, omdat ons dit darem nog betyds gesien het – my fout want ek het nie gecheck nie. Gelukkig kon ons my toe op ‘n vlug kry vir daardie aand 7-uur (ek sou 10-uur gevlieg het). Dit het my planne om ‘n bietjie herstelwerk by die huis te doen so ‘n bietjie in die wiele gery, maar ek sal nie myself daaroor te veel van ‘n harde tyd gee nie, omdat ek in elk geval nie baie lus was om dit Saterdag te doen nie ;).

Sewe-uur is ek toe op die vliegtuig en genadiglik kry ek toe ‘n sitplek by ‘n nooduitgang – dus so ‘n bietjie beenruimte vir my. Die sitplek langs my was ook oop, so dit was eintlik heel ontspanne. Ek slap nie regtig op vliegtuie nie, en he took nie ‘n boek saamgehad nie, so ek het maar flieks gekyk deur die nag. Ek kan nie eens onthou wat alles nie, maar ek weet dat dit so ‘n bietjie saai was. Daar was nie regtig enigiets wat my aangegryp het nie. By Doebai moes ek oorstap na die vlug van Londen en gelukkig was die wag kort en het ek net gaan loer na pryse van kameratoerusting en het toe aanboord van een van Emirates se nuwe A380 megavliegtuie geklim. Weereens was ek gelukkig en het ‘n sitplek langs my oopgehad. Die sitplekke is ook ruimer as op die 777, en die vliegtuig is baie gerieflik en stil in die lug. Definitief die gemaklikste wat ek nog gevlieg het buite besigheidsklas.

Londen, o Londen
Londen was erg. Die aankoms in elk geval. Eerstens is Heathrow se aankomslokaal voor doeane vrek ongemaklik en die toue is ondraaglik lank. Ek het ‘n uur in die tou gestaan vir my paspoort om nagegaan te word en toe is ek met tas, kameratas en heeltyd vermeerderende irritasie die pad af – na die busstasie toe omdat ek ‘n manier moet probeer kry om by my hotel – Beaumont House Hotel in Old Windsor.  Dus moes ek by Windsor uitkom en daar is geen manier op hierdie aarde wat ek o daardie stadium lus was om meer as R 300 te betaal om ‘n taxi te vat vir ‘n reis van 20 myl nie. My eie skuld dus.   Nadat ek navraag gedoen het by die inligtingsentrum by Terminaal 5 by Heathrow is ek toe in die rugting van die sentrale busdepot naby Terminaal 3. Lopende bande wat my alk dieper die aarde ingevat het tot ek uiteindelik by die busstasie uitgekom het. Die busstasie se Teems Rivierinligtingsentrum het my egter ingelig dat die bus wat ek wil gebruik vertrek van terminal 5 af. Dit is nie vreeslik ernstig nie, maar as mens jou ou tassie al ‘n geruime tyd rondgesleep het, en met ‘n kameratas op jou rug rondgepiekel het vir ‘n entjie, begin dit ‘n bietjie krap. Dus van terminal 3 se busstasie na die treinlyn toe na Terminaal 5, op die trein en uiteindelik so 45 minute nadat ek by paspoortbeheer ontsnap het was ek by die busstasie, en gou ook op die regte bus. Die bus het my toe al die pad tot by die middestad van Windsor geneem waar ek eers gou gestop het vir ‘n koppie koffie. Nie omdat ek begin moeg word het nie – ek was al lankal moeg, maar omdat ek regtig waar koud gekry het op daardie stadium. Die buitetemperatuur was net bo vriespunt. Vir my ongemaklik. Veral gesien hoe ek aangetrek was vir gemaklik vlieg eerder as vir warm kry.

Ek hou van Windsor en ek hou van die hele omgewing. Dit is vir my een van die mooiste areas van Engeland, en het ‘n baie lang in interessante geskiedenis. Die eerste ding wat aandag trek is die Windsor Kasteel waar die koningin haar normale familietuiste het. Die Windsor Kasteel is die grootste kasteel in die wereld wat permanent bewoon is, en ook die kasteel wat die langste bewoon is. Die eerste vesting is deur Willem die Veroweraar gebou in 1070 (Slegs 4 jaar na die Slag van Hastings waar Engeland onder die bewind van Normandië gekom het) en met tyd is meer permanente Ontspanningsplekgedeeltes aangebou in steen tot die kasteel soos hy  vandag staan.

Die kasteel is nie al wat interessant is aan Windsor nie. Daar is heerlike winkeltjies, ou huise en dan natuurlik daardie wonderlike stuk wandelpad (die sg Long Walk) wat van die hoofhek van die kasteel af loop tussen ‘n laning bome deur. Pragtig en heerlik – wanneer goed is ;).

Terug by die reis – ek het gou by Starbucks ingeval vir ‘n White Chocholate Mocca, en toe die bus gesoek. Ok – Roete 71.... ok – ek sou nog ‘n halfuur moes wag vir die bus, en teen daardie stadium was ek so op date k die eerste die beste taxi gevat het en die laaste gedeelte van die reis met die taxi gedoen het – so 3 myl. Die uiteinde – 6 Pond van die lughawe tot by Windsor en toe 8 Pond vir die laaste 3 myl. Go figger - soos my vriendin Annie sou sê.

Uiteindleik - in die hotel

3 uur later, en baie frustrasie later was ek in my hotelkamer, en eerlik – dit was die beste, beste van die reis. Ek was mal oor my hotelkamer en die omgewing waar ek hebly het.
EK gaan julle nie t eveel verveel met besonderhede van wat ek deur die dag gedoen het nie, maar dit was alles ‘n bietjie teleurstellend. Selfs die weer wou nie saamspeel nie, en ek het ‘n paar keer met swaar reënjas uitgeglip in die reën en foto’s probeer neem daqt ek darem kon voel dat die trippie die moeite werd was. Die hoogtepunte vir my (dit sê nie veel nie, want daar was nie veel om mee mee te ding nie) was...

  • Windsor kasteel. Die plek verbaas my altyd, en die feit dat dit gebou is toe Afrika nog in hutte gewoon het, en die grootse bouwerk van Afrika Suid van die Sahara – Groot Zimbabwe – nog laaank nie gebou was nie, is net soveel meer verstommend. Ek was al voorheen daar, en saam met die Wit Toring in Londen hou dit aan om vir my te staan as tekens van wat die donker middeleeue gelewer het ten spyte van die gebrek aan verligdheid van die mens.
  • Die Thai restaurant waar ek een aand geeet het in Egham
  • Beaumont  Hotel waar ek tuis was – dit is ‘n ou landgoed en skool wat nou ‘n hotele is. Pragtig, interessant en verseker ‘n plek waar ek weer sal gaan bly wanneer in Engeland.
  • Busdienste en treindienste wat werk, bekostigbaar is en jou enige plek in die omgewing heen neem.
  • Die feit dat ek enige kameratoerusting kan koop vir ongeveer die helfte van die prys wat dit in Suid-Afrika kos. Ek het al voorheen gal afgegaan oor dit*, maar eish – bekostigbare toerusting bly maar die inding vir ons kamera-plebs.
  • O ja – die vliegtuig waarop ek van Doebai tot Heathrow gevlieg het – dit was ‘n Airbus A380. Wat ‘n fenomeen. Ek soek een vir my versameling...

 BeaumontFilms - niks besonders nie en Fame 'n infame teleurstelling

Die vlug terug was ook maar ‘n vlug terug... Ek het drie vlugte met ‘n Boeing 777 gedoen, en dit sou aanvaarbaar gewees het as ek nie die A380 meegemaak het nie. Stil, Gerieflik, ruimte om van te droom, ‘n puik invlug vermaakstelsel... ok – die punt is date k wel ‘n hele paar films gesien het, maar daar was werklik niks spesiaals nie. As ek moet kies tussen die hele lot, is dit een van daai Amerikaanse goedvoel flieks genaamd Bandslam. Dit gaan oor ‘n supernerd wat wel iets weet van musiek af, en dan word hy deur ‘n eks-cheerleader gevra om haar band ta bestuur. Die band bestaan natuurlik uit al die nerds van die skool, en niemand kan eintlik verstaan waarom die poppie die band saamstel uit die uitgeworpenes van die skool nie. Voorspelbare maar ligte grappige vermaak.

 Ek het ook Fame gekyk, maar het wel meer verwag as wat ek gekry het. Dit het vir my gevoel soos ‘n paar storielyne wat ‘n bietjie herinner aan die oorspronklike, maar volgens my in die skadu van die oorspronkliek staan. Die enigste ligpunt vir my is die swart meisie wat gaan om klassieke klavier te neem , maar uiteindelik uitdraai as hierdie ongelooflike vokale genie. Ongeloofwaardig soos dit is. Mens kry nie so ‘n stem deur nooit te sing nie, en dan eendag paf – daar is jy die ster sangeres van een van die top musiekskole in die wereld. Selfs die musiek het dit nie regtig vir my gedoen nie. Die hele ding was eenvoudig te pk en te veel van ‘n ripoff met ‘n geforseerde poging om die film in ‘n moderne jassie in te giet Yech!! Dit klou aan jou op ‘n onaangename manier. Ek beveel dit nie aan vir enigiemand wat die oorspronklike gekyk en geniet het nie.

 e-Book leser

]O – ‘n ander iets spesiaals – ek het vir my ‘n Sony e-book leser gekoop. Ek is ‘n kompulsiewe leser, maar kry nooit kans om te lees nie. Nou het ek uiteindelik vuir my ene gekry en dit is wowee, heerlik en uiteindelik ‘n manier om my biblioteek saam met my te neem op reis sonder dat ek dik bundles moet saamsleep . Ten spyte daarvan het ek drie boeke gekoop en vier tydskrifte (fotografie). Een boek is vir Dante, en twee vir my. Die tydskrifte natuurlik vir my en Susan (natuurlik).

Laaste naweek in Studio
Die res van verlede week was redelik rustig, en gister he tons by Riku en Dorette ‘n draai gaan maak op die plaas om die laaste tracks gereed te kry vir finale meng en meester van die album. Ek voel ‘n bietjie hartseer dat dit alles verby is. Dit was ‘n heerlike ervaring en ek is so bly dat dit my ‘n kans gegee het om hulle beter te leer ken. Die industrie het ‘n paar wonderlike mense wat daarin betrokke is, en ons het ons ook ‘n paar mense wat uitstaan in die wereld van musiek sonder om ooit die krediet te kry wat hulle verdien.  Riku het die beste uitgebring in my en die musikante van die band en dit is ‘n spesiale talent. Ek dink ons sal lewenslank vriende kan wees en gaan nog baie projekte saam doen in die toekoms. Miskien gouer as wat julle dink, want ek kan nie dink date k vir maande lank nie kan werk aan iets nuts en interessants nie, en vir my hoort Riku en Dorette in my kreatiewe spasie. Dankie julle twee. Dit was spesiaal.

Nou dat ons so ver is, is dit van hier af na Johan Kelber om die finale meng en meester te doen. DIt is waar die produk finaal geslyp word en finaal reggekry gaan word om by julle en die radio en die televisie uit te kom. Merk die 29e Maart in julle dagboeke – dan begin ons die bekendstellingstoer van Naak.

Waarom Naak?
Die temalied van die album is een aand geskryf voor ons opgeneem het, en se alles oor die musiek vir my:
Naak
(c) 2009 – Gideon van Zyl
Dit lê hier voor jou naak
Onbetaamlik, duidelik
Onskuldig maar verleidelik
Ontblote snaar op warm hart

Van voor die sondeval
Geen kennis, goed of kwaad
Net naakte maat en meter
Geen hoogmoed, wrok of haat

Tot kyk


Gideon van Zyl Written on Sunday, 21 February 2010 20:44 by Gideon van Zyl

Viewed 11268 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 19 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za