Thursday, April 18, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Dekonstruksie van 'n leuen deel 2 - KKNK en Naak in die pylvak

D it is twee weke vandat ek geblog het. Swak. Dit is nie dat ek nie met julle wil praat nie, of omdat ek niks he tom te vertel nie – dit is eenvoudig dat ek nie kans het om enigiets te doen buite dit wat krities is nie. En daar is genoeg kritiese goed wat gebeur met my.  Genoeg.  

KKNK

Ons is aanvaar vir die buiteverhoe van KKNK nadat ons voorstel nagegaan is. Die voorstel self was interessant. Ek het ‘n profiel saamgestel van my en die band, foto’s opgesit, ‘n kopie van my vorige album ingesluit en dan ook ‘n rowwe mix van die nuwe album ingesluit. Dei proses is soos ek se interessant.

Wat wel vir my vreemd is, is dat daar so veel  “FUD” is wat tussen die musikante rondvlieg daaroor. As julle nie geweet het nie, FUD staan vir Fear, Uncertainty and Doubt. Hoe dit werk is as daar iemand is wat onsekerheid wil saai oor enige proses, dan bel hulle iemand, en hulle vra ‘n paar strategiese vrae oor die situasie. Die persoon bel dan iemand anders wat weer iemand anders bel. Uiteindelik het jy ‘n hele siotuasie waarin paniek nie noodwendig ‘n onbekende emosie is nie. Oor die algemeen is ek redelik imuun oor FUD – gedeeltelik omdat ek ‘n redelike gebalanseerde instink het wat redelikerwys kan onderskei tussen strooi, maar (ironies geonoeg), ook verskeie kere oor die laaste jaar aan FUD onderwerp was in die musiekindustrie en die samelewing.

Ek het in die vorige plasing gepraat oor die dekonstruksie van ‘n leuen – FUD is die eerste stap in die skep van ‘n leuen. Dit is toe nie Kansas nie, Dorothy. Dit is soos wanneer iemand vir iemand anders vertel dat dit-en-dit gebeur het en daai ene vertel die volgende persoon dat dit-en-dit-en-dit gebeur het, maar in ‘n poging om die identiteit van die eerste persoon te beskerm word dit sommer “iemand wat weet” en as jy weer sien, gaar ons weer blikkieskos op om onsself te beskerm teen die burgeroorlog wat kom. Ons was al daar met die 1994 verkiesing en ‘n paar keer daar na. Die “nag van die lang slap messe” of “uhuru” wanneer Nelson Mandela eendag heengaan is ook basseer op FUD, en 90% van burgeroorloe en oorloe om die wereld heen het begin met FUD en opgeeindig as selfvervullende profesiee.

So watse FUD is daar nou om KKNK? Dat die keuringsproses vir KKNK net ‘n rookskerm is en dat al die verhoe uiteindelik tog dieselfde ou spul musikante wat elke jaar daar optree weer op hul verhoe gaan he. As die musikante wat hulle wil laat optree nie op die lys van goedgekeurde musikante is nie, dan bel hulle in elk geval die musikante en hulle tree dan tog op omdat die eienaars van die oop verhoe betaal vir die fasiliteit. So as dit FUD is, is dit redleike ernstige sprokies wat vertel ios, en as dit nie FUD is nie, is dit ‘n redelike ernstige aanklag teen die proses, en dan moet ons as musikante miskien vra waarom daar enigsins ‘n proses in plek is en ons moet betaal vir ‘n keuringsproses as die eienaars van die verhoee in elk geval gaan doen wat hulle wil?

Dit daar gelaat. Oor twee weke is dit KKNK, en raai wat!! Dit gaan ‘n paartie wees!!

So lank ‘n paar datums:

Saam met Johnny Late              2 April 2010 by Gabby’s by KKNK – 10H30

Murg                                     -              4 April 2010 by Gabby’s by KKNK – 11H00

Saam met Johnny Late -              8 April 2010 by Gabby’s by KKNK – 10H00

Murg                                     -              8 April 2010 by Gabby’s by KKNK – 11H30

 

Naak in die pylvak

Naak is nog steeds in proses.  Dit is deel van my stress en my staat van chaos. Die finale meng is aan die gang, die kunswerk is nog nie klaar nie, die band oefen hard aan die show en oor die algemeen moet alles gereed wees teen Vrydag die 19e anders gaan ons geen deadlines maak nie, en sal ons moet reis na Oudshoorn met niks anders as ons stemme en instrumente en ‘n paar demo’s nie. Dus is die week krities om seker te maak dat ons die spesiale KKNK uitgawe van die cd gereed sal he.

Die aktiwiteite wat ons pleeg is legio maar ek is besig met die kunswerk van die album. Susan het die skildery klaargemaak, so ek moet dit afneem en inscan. Terloops, die skildery sal op ‘n veiling verkoop word en die inkomste wat daaruit genereer word sal aan my gunsteling plek waar ek geld weggee – Restoring the Sound in die Kaap. My ou vriend Trevor Sampson doen ‘n ogelooflike werk in die Kaapse vlakte om jongmense op te lei as musikante. Julle mense wat wil iets betekenisvol doen in die lewe, gaan kyk gerus by www.restoringthesound.com – hierdie saak is vir my baie na aan die hart – as gevolg van die werk wat hulle doen, maar ook as gevolg van die mense wat dit doen.

So gaan spaar so lank en kry geld reg om te kom bie op die skildery.

Ons is ook besig mentd ei finale meng en uiteindelik as alles reg is die meesterkopie van die cd.  Dit is mooi. Baie mooi. Ek is verras wat mens met ‘n klein budget en groot harte kan vermag en die hele span wat aan hierdie cd gewerk het, het iets amazing reggekry. Ons sal hoor wat julle se, mense, maar maak reg – hier kom ‘n ding!!

Nouja – dit is dit vir my vir vandag. Ek sal moet opvang, maar ek verwag dat ek nader aan KKNK meer sal laat weet.


Gideon van Zyl Written on Thursday, 18 March 2010 17:30 by Gideon van Zyl

Viewed 4214 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 27 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za