Wednesday, August 21, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Te doen lys voor KKNK, Celebrity Bloggers

N et ‘n Vinnige Nota voor ek ernstig aan my vakansie werk. Ek is van vandag af op vakansie... soort van. Woensdag vertrek ek KKNK toe, maar intussen is daar ‘n hele paar dinge wat ek gou moet regtrek en uitsorteer. Dan sien ek Steve Hofmeyr - almal se gunsteling Celebrity Blogger - is besig om die koerante te bereik met sy uitsprake. Love him or hate him, dit is altyd iets wat die moete werd is om te lees. Wie is julle celebrity blog gunstelinge?  

Te doen lys vandag:

Gasbottel volmaak, ‘n paar kampeerapparate gaan koop.

Terugvoer aan Johan Kelber gee oor die mix wat ons nou het van Naak. Daar is nog net ‘n klein bietjie werk dan is hy reg vir die wereld. Die Naakte cd bedoel ek.

Nog steeds sien of ek printwerk gedoen kan kry – 100 posters waarvan ek die kunswerk klaar het.

Kitaar gaan haal by daai meester kitaarbouer Barry Mobey in Pretoria. Die pre-amp moes toe vervang word. Dit kos meer as meeste kitare. DIt sal my leer om ‘n Martin he wil he...

Vanaand oefen ons nog, maar Andrew se Skoonpa is oorlede, so hy gaan nie daar wees nie. Ons het egter baie goedjies om deur te gaan. EK moet ‘n bietjie bas oefen omdat ek vir ‘n paar gigs die naweek bassis gaan wees. Ek is ook ‘n bassis, maar kry maar min kans om te speel omdat Andrew so ‘n goeie bassis is met Jacques ‘n fantastiese terugvalopsie. Jacques speel egter die naweek keys, en ek sal ook vir die Johnny Late band instaan as bassis. Heerlik om weer instrumentalis te wees al is dit net vir een naweek J.

Ek haak vanaand die sleepwa by Jacques met al die ander musikante se goeters en toeters in. Alles gaan saam na KKNK toe in die sleepwa, met Jacques wat Saterdag afvlieg en Andrew wat Sondag afvlieg. Miskien David ook. Dan sal die volledige 6-stuk band by KKNK wees. Rock ‘n Roll!!

 

Te doen lys more:

Weet nog nie, maar dit gaan ‘n lys wees – verseker. Ek moetd ie bakkie was – mooi was date k nie skaam is nie. Die een spiel is deur ‘n glansspreeu aangeval op die plaas en dra nou nog die letsels – ek wil kyk of ek die tekens van die geveg kan skoonkry. Dan  proviand koop vir die pad. Koeldrank, tjips, biltong (slegte idée dan is almal dors...)

Woensdag:

Woensdag ry ons. Jannie, Deon en ek klim in die bakkie en vat die pad. Langpad. Gelukkig is ek nie al ou wat kan bestuur nie.

 

Oor bloggery

Ek sien Steve is deesdae weer op sy stukke. Die heer Hofmeyr is wellig oor sy publisiteitsskuheid, en is besig om weer al meer sinvol kwyt te raak op sy webblad by www.stevehofmeyr.co.za – ek hoef nie met hom saam te stem om sy plasings te geniet nie. DIt gese – daar is baie van die dinge wat hy stel op sy eie unieke uitdagende manier wat wel stem tot stof vir nadenke. Welkom terug Steve.

Hy het ook begin met ‘n weeklikse blog op Jakaranda se webblad. Die eerste weergawe daarvan kan jy lees by   http://www.jacarandafm.com/kagiso/content/en/jacaranda/jac-dis-hoe-dosis-met-steve?oid=608603&sn=Detail&pid=6182&Steve-Hofmeyr-2010-Soccer-contingency-planv

Watter ander Celebrity bloggers weet julle van? Is daar ander Bloggers wie se blogs julle gereeld lees?

 

Ek moet hardloop – my te doen lys is laaaaaank!!

 

Groete

 

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Monday, 29 March 2010 09:59 by Gideon van Zyl

Viewed 3701 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 83 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za