Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Rome, en ander dinge. Beeptome

E k het laas voor Rome geblog, so daar is eintlik baie om oor te praat, so ek gaan prober om dit kort en saaklik te hou. Ondertussen het Dante baie siek geword en vir ‘n week in die hospital opgeeindig. Ons het in Heidelberg opgetree, en ek begin nou jeukerig word omdat die cd nog nie vrygestel is nie. Daar kom ook ‘n paar ontwikkellinge in die fotografie kant met moontlik ‘n meer formele ooreenkoms met ‘n fotografiemaatskappy. Ek sal vertel wanneer dit bymekaarkom.  

 

Rome, is Rome en soos julle dalk wee teen van my gunstelingplekke in die hele wye wereld. Ek het ontsettend drama gehad met die aankoop van ‘n vliegtuigkaartjie met my kaartjie wat twee keer gekanselleer is en ek wat uiteindelik amper drie keer so veel moes betaal vir die kaartjie dan aan die begin. Amper alles daarvan was die stomme aswolk se skuld. Kan jy dink dat ‘n vulkaan in Ysland die grootste onderbreking in lugvaart veroorsaak sedert die tweede wereldoorlog? Dink net wat sou gebeur as een van die vulkane op die Europese vasteland weer aktief sou word. Uiteindelik blyk dit van lugvaartowerhede dat dit alles ‘n bietjie van oordoen was, maar nog steeds. Ek kon uiteindelik eers twee dae na die einde van my konferensie terugkeer na Suid-Afrika, maar ek het my kanse benut om Rome behoorlik te voet te verken. Dus baie foto’s van Rome. Ek sal nog ‘n paar oplaai met tyd sodat julle kan sien wat ek daar gesien het. Jammer, maar dit is wel deur my lens, maar ek kan nie regtig veel anders doen as daar nie. Al wat aan Rome vir my erg was, is date k my dure Canon EOS 7D laat val het en die kamera het skade opgeloop aan sy dop. Alles werk nog, maar ai – as mens so ‘n lekker ding gekoop het met hard bymekaargemaakte geldjies, maak dit bitter seer as jy skade kry.

 

Aan die musiekfront gaan dit sterk. Soos ek se is die cd nog nie gereed vir vrystelling nie. Ek sal hopelik later in die week die meester kry en dan sal ons verder kan beplan oor vrystelling. Dit bly ‘n proses, maar ons sal digital vrystel sodra ons kan – moontlik voor die einde van die maand. Ek is ook besig om met Beeptome.com te gesels en my vorige album, Murg, is nou beskikbaar deur beeptome. Naak sal ook beskikbaar wees deur dieselfde platform. Om Murg te bestel deur beeptome, volg die volgende eenvoudige stappe:

1. SMS Murg na 39622

2. Deur die Pocit selfoon applikasie te gebruik betaal jy R 100-00 vir die cd, en verskaf ook jou adres

3. Die cd word by jou werk of huis afgelewer Maklik soos dit.

Soos die van julle wat ons aktiwiteite volg sal weet, was Murg die afgelope ruk lekker besig. Ons tree weer die 28e Mei op by O’Hagans in Celtis Ridge, en die 12e by Heideliberg Pub. Ek en Johnny Late tree die aand van die 4e op in Bloemfontein by Aasvoelklub. Ons het nog heelwat ander optredes in die pyplyn met Anita wat ‘n uitstekende werk doen. Skakel haar gerus by 071 6096958 vir optredes vir my en vir Murg. Ek dink ek volstaan daarby vir nie. Vanaand gaan ek ‘n bietjie Steak ‘n Ale toe om Akkedis en Piet Bothe the gaan kyk. Lekker!!

 

Groete

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Thursday, 20 May 2010 16:05 by Gideon van Zyl

Viewed 2983 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 21 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za