Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Die Unie is 100 jaar. Rugby as Nasiebouer

D ie hele land het Saterdag stilgestaan oor die een ding wat groter is as ons almal. Rugby. Dit het natuurlik die potensiaal om mens te laat stilstaan daarby om te dink oor rugby en te dink oor hoe die kompetisie van 30 man op ‘n veld so ‘n groot invloed op die samelewing kan he. As mens daarna kyk en die verbintenis met die Unie van Suid-Afrika en die paralelle tussen Uniewording 100 jaar gelede en dan nog daaraan dink dat gister, 100 jaar gelede Suid-Afrika ‘n Unie geword het, begin dinge wel deeglik groter word in mens se kop. Wanneer ons al die draadjies bymekaarknoop kom mens agter hoe ineengevleg rugby werklik is met die psige van die Afrikaner, en hoe amper dit was of rugby was net iets wat in die WP en in Natal gespeel was.


Francois Hougaard op pad pale toeMaar eers oor 31 Mei. 31 Mei is vir my spesiaal. Baie spesiaal. Die eerste rede is omdat die twee vrouens in my lewe albei op 31 Mei verjaar. My Ma en my Vroutjie verjaar albei op 31 Mei. Nou die wat drade van sinergie wil weef sal iets freudiaans daarin sien, en die wat astrologie as ‘n aanvaarbare vergestalting van die werklikheid beskou sou iets metafisies daaraan kon sien, maar vir my is dit net heerlik dat ek een dag in die jaar die vrouens in my lewe kan gelukwens en daarna vir ‘n hele jaar lank rustig kan vergeet van die impak van vroulike verjaardae in my huis. Dit is natuurlik ongelukkig behalwe vir die dae van vrouedag, moedersdag, kersdag, heldedag (waar klaarblyklik net vrouens en afgestorwe ANC kaders mee verbinding het).
    
Toe ek jonk was, was helde mense soos Wolraad Woltemade wat met sy dapper perd die see ingeswem het en die seemanne van ‘n sinkende skip af gered het en self dood is. Mense soos Dirkie Uys wat sy pa prober beskerm het teen die menigte van Dingaan se krygers en as jong seun met sy lewe daarvoor moes boet. Dan was daar mense soos de la Rey en Christiaan de Wet wat teen alle oorweldigende weerstand hul grond prober beskerm het en mense soos Generaal Louis Botha en general Jan Smuts wat die tweede spesiale ding aan die dag vir my uitspel. Dit was die manne wat saam met John X Merriman van die destydse Kaapkolonie saamgestaan het om versoening te probeer bring tussen mense wat seer en bitter en wrokdraend was nadat tien persent van die boere se getalle afgemaai is in ‘n oorlog van hebsug. Waar twee derdes van die lewende hawe doodgemaak is en meeste huise afgebrand en plase se lewensvatbaarheid vernietig is.

Dit was ‘n groot berg om te oorkom, en die visie van daardie manne het die fondasie geskep van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken. Die Unie is gevorm nadat daar lank onderhandel is oor die opstelling daarvan. Die Transvalers het die Wet van Transvaal verstaan omdat hulle bang was dat hulle die Unie moes finansier uit die opbrengste van die goudvelde. Elkeen het iets gehad om te beding. Uiteindelik het ons opgesaal gesit met drie hoofstede (ja drie – Bloem was die juridiese hoofstad) as deel van ons stelsel. Op 31 Mei 1910 is die Unie gevorm en Suid-Afrika se potensiaal om sy plek in Afrika in te neem het begin vorm aanneem. Dus was 31 Mei die eintlike geboortedag van Suid-Afrika. Swaziland en Lesotho was terloops ook aanvanklik geoormerk vir integrasie in die Unie, maar dit het nooit gebeur nie en het Britse gebiede gebly tot 1968 en 1966 toe hulle onafhanklik geword het.

Sou Suid-Afrika ooit die status bereik het wat hy op hierdie stadium bereik het sonder die Uniewording? Dit is te betwyfel. As Suid-Afrika nie in 1910 ontstaan het nie, sou daar effektief vyf (en moontlik meer) onafhanklike state bly bestaan het waar onafhanklikheidstrewe van Britse bewind tot swaar bloedvergieting en gemisde geleenthede sou gelei het. Daar sou die vier provinsies wees en dan ook natuurlik daardie gebied Lynstaan!oorkant die Katrivier wat soos Swaziland en Lesotho as eie gebiede bestaan het. Die enigste twee gebiede wat werklik potensiaal gehad het om te ontwikkel as indiwiduele state is eintlik maar die Kaap en Transvaal – albei met minerale rykdom om staatkundige ontwikkeling te finansier, maar die Kaap ook met sy geskiedenis van honderde jare en sy gevestigde industrie. Die Vrystaat was grootliks ‘n boerderygemeenskap wat redelik nou met die Transvaal saamgewerk het.

Na die Boereoorlog het daar grootskaalse armoede in die Transvaal en die Vrystaat geheers en die Britse beleid van verengelsing het tot verdere vervreemding en woede gelei. Hierdie was ‘n situasie ryp vir rewolusie. Dit is byna verseker dat indien die Unie nie gevestig was nie, daar grootskaalse opstande teen die Britse bewind in die Vrystaat en Transvaal sou plaasgevind het totdat daar onafhanklikheid van Britse bewind gekom het. Suid-Afrika sou vandag heeltemal anders gelyk het as die uniewording nooit plaasgevind het nie, en daar sou definitief impak gewees het op Suid-Afrikaanse rugby.

Die eerste Springbokspan onder Paul RoosRugby was ‘n Engelse sport was aanvanklik in die Kaap gespeel is. Dit is baie moontlik dat die enigste streke waaruit die Unie opgemaak was wat rugby sou gespeel het op enige skaal die Engelse gebiede – Natalia en Kaap – sou gewees het. Rugby het op groter skaal begin posvat in die ou Transvaalse en Vrystaatse gebiede na die Unievorming en hoewel dit reeds begin traksie kry het nadat dit aan die Boere bekendgestel is in krygsgevangenekampe was die setel van Suid-Afrikaanse rugby Stellenbosch met die eerste Curriebekerkompetisie wat in 1892 gespeel was tussen WP, Griekwas, OP en Transvaal. Die Transvaalse span het bestaan uit “Uitlanders” en was gewen deur WP. Die eerste rugbytoer onder Paul Roos het byna uitsluitlik uit WP spelers bestaan.

Nou hier is waar die paralelle tussen Uniewording en die Nuwe Suid-Afrika baie interessant begin word.  Die paralelle tussen Uniewording en die vestiging van die nuwe Suid-Afrika is uitstekend beskryf in ‘n artikel in Rapport deur Herman Gillomee by http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Die-Unie-gelukkig-met-n-gebroke-hart-20100528 . Daar is twee ander interessante faktore waartoe die Uniewording gelei het – die vestiging van die ANC in 1912 as gevolg van die konstitusionele marginalisering van swart mense en die gebruik van rugby as nasiebouer. Die heerlike parallel is rugby as nasiebouer in 1995 en skynbaar ook weer op 29 Mei 2010 met daardie titaniese stryd op Orlando stadium. Sal Orlando so onthou word? Tyd sal ons leer.

 

Groete

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 01 June 2010 08:14 by Gideon van Zyl

Viewed 4717 times so far.

Rate this article

(4 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 18 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za