Friday, October 24, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

FIFA Skep die room! Bavaria Girls

T ussen rugby, optredes, oefeninge, sokker kyk, besigheid, kiekies neem en een duisend ander dinge het ek alweer die blog afgeskeep. My eie skuld. Daar is weereens baie dinge aan gedink en natuurlik het die Sokker wereldbeker vir my laat nadink oor allehande dinge.

Dinge wat in my kop ronddraai het baie te make met sokker en ook met die opportuniste wat die sokker gebruik om hul eie agenda’s te help.
Ek sien baie opportuniste. Ek begin sommer bo met die hele storie. Ek sien FIFA. Ja hulle is bo, want die volgende maand het ons ‘n nuwe, onverkose regering. As Blatter bler dat die president moet spring dan bokspring hy. As die sekuriteitswagte staak omdat hulle minder betaal word as wat dit veronderstel was om te wees, word die polisie eenvoudig opdrag gegee om in te val, en hulle is daar. As FIFA besluit dat 36 aanvallige blonde dames in oranje jurkies arresteer moet word omdat hulle ‘n nie-goedgekeurde bier glo adverteer, is hulle daar en die dienders staan gediend nader om te help. As FIFA spesiale belastingvoordele wil geniet praat hulle en SARS word beveel om belastigvrye gebiede te skep vir FIFA sodat hulle roomskepproses nie dalk Verdun kan word deur aan die plaaslike landswette te voldoen nie.


Dit klink nou natuurlik maar suur, maar ek het my eie ervaring ook al gehad met die swaar hand van FIFA. Vandag loop ek ewe onskuldig met my wyfie en kinders rond in Greenstone Mall in Alberton, en besluit toe dat ek gou ‘n kiekie sommer so met die selfoon wil neem van haar saam met Dante by die WB geluksbringer – Zakumi. Toe kom een van die sekuriteitswagte na my toe en verbied my om die kiekies te neem omdat dit onwettig sou wees – verbeel jou!!


Daar is nog opportuiniste wie hul agenda gedien wil sien deur die WB. Regeringsamptenare wat klaarblyklik honderde kaartjies gekoop het met MY EN JOU belastinggeld!!. Hello – ek weet nie of dit net ek is nie, maar ek werk hard om geld vir die regering beskikbaar te stel om armes te versorg, hospitale te bou, onderwys te verbeter en ons land te verdedig. Ek stel nie daai geld beskikbaar vir iemand se maatjie om te gaan sokker kyk en te gaan skouers skuur met die beroemdes van die wereld nie!!


Ek sal saggies werk met die gewone mense wat liedjies skryf, video’s maak en nagemaakte vlaggies, hemde en ander goedjies probeer verkoop hier by MacDonalds om die hoek. Hulle probeer net ook ‘n bietjie skep terwyl dit reen.  Tot hulle gearresteer word omdat dit nie amptelike FIFA goedere is wat vrygestel is van invoerbelasting nie.

Om terug te kom by die Bavaria stunt met die oulike poppies met die oranje rokkies – ek het in my tyd in Nederland die Nederlandse gevoel vir humor ontsettend geniet en hierdie is nog een van daai situasies wat dit duidelik illustreer. Bavaria het klaarblyklik ‘n spesiale bemarkingsoperasie in Nederland uitgevoer waar mens vir elke pak bier wat jy koop ‘n kort, oranje rokkie kon kry met ‘n klein, smaakvolle Bavaria logo daarop geborduur. Die eerste ding wat in my kop opgekom het toe ek van die bemarkingsfoefie hoor, was’n bebaarde tandefeetjie wat rondvlieg met ‘n oranje Bavaria jurkie. Oulike blonde poppies is nou nie eintlik bekend daarvoor dat hulle in groot maat bier gaan koop nie. Behalwe natuurlik in Nederland. Die gemiddelde Nederlandse blonde poppies al jou en jou vriende onder die tafel indrink... maar ek is besig om te dwaal...  Die poppies (van wie 33 Suid-Afrikaners was – daar is hoop vir ons), het gegaan met Deense kleure aan, en toe so 20 minute in die wedstryd in, het die Deense kelure gewaai en het hulle bly staan met die ontstigtende oranje jurkies. FIFA het op hul toegesak met groot geskal en die lot gearresteer. Sterk medisyne. Nou die mooi ironie van die hele storie – waar byna niemand ooit van die Nederlandse  bier Bavaria gehoor het nie, weet almal nou daarvan. Daardie tipe van advertensie kan geld nie koop nie. Het jy al van Bavaria bier gehoor? Het jy al Bavaria gedrink?  Wel as jy nie het nie, het jy al die Bavaria Babes gesien? Gaan loer gerus by www.bavaria.nl as jy nou nie het nie of loer na die advertensie hier onder. ;)

 

Nouja – straks heb ik iets ander over te zeuren.

De Groeten


-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Wednesday, 16 June 2010 21:20 by Gideon van Zyl

Viewed 1629 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl

  • Fotosessie en ander nuusposted on Tuesday, 16 September 2014 16:45

    Die nuwe hoofstuk aan die musiekfront is besig om vlerke…

  • Nuutste nuus oor musiekposted on Tuesday, 02 September 2014 17:26

    Goeie dag almal.   Gideon is weer besig met musiek,…

  • Some of my favourite Panoramasposted on Sunday, 07 July 2013 10:31

    Hi, - just so that you can know that life…

  • Testing 3D Productsposted on Sunday, 21 April 2013 20:20

    I am busy with working on 3D product photography. This…

  • Ghoema Toekenningsposted on Tuesday, 16 April 2013 20:24

    Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer…


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 78 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za