Saturday, December 20, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Sanger of musikant. Maak dit saak?

A lmal wil ‘n sanger wees, maar nie genoeg mense wil musikante wees nie. Dit is jammer dat dit so is, maar dit is eenvoudig ‘n feit. Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n stelling gemaak teenoor ‘n vriendin van my dat dit nie so is nie. En ek het gese dat die mark nie te vol is nie. Ek is egter mans genoeg om te erken wanneer ek verkeerd was, en hier is ek verkeerd. Die stelling wat sy (‘n bekende sangeres uit my era) gemaak het is dat daar so veel rubbish in die mark is dat die goeie kunstenaars nie herken kan word nie. Mense is so gevoer met ontbytpap dat hulle nie meer ‘n maaltyd kan of wil verteer nie. Mense wil nie meer die teksture en subtiliteite van musiek wat kunstig uitgevoer is deur kunstenaars se tekstuur aandurf nie. Mense wil nie meer gaan sit en luister na ‘n song nie. My gevoel was dat al die musiek op die mark die pie groter maak, en dat dit seker maak dat die inkomste vir die musikante ook aanhou groei.

Ek was verkeerd.

Waarom noem ek dit nou? Ek was die afgelope paar weke ‘n judge by ‘n Karaoke kompetisie, en uit 22 deelnemers was daar ses  wat voldoende potensiaal het. Van die ses, is daar twee wat volgens my stergehalte het, en van die twee is daar een wat ek bereid sou wees om geld in te bele – suiwer omdat dit rou talent is (as teenpool vir geslypte perfeksie - gaap). Dit was terloops nie die person wat gewen het nie. Die problem is dat die mark so vol is van massaproduseerde eendersheid uit die Supersterfabriek, dat selfs daai een – ten spyte van al die rou talent ‘n bitter klein kans staan om dit wel te maak. Die statiese geruis van te veel stemme maak dat die werklike talent onhoorbaar is.

Die ekonomiese depressie van die laaste jaar of so het wel ‘n bietjie gesif in die eendersheid, maar daar is nog steeds te veel wat aangaan. Te min venues wat live musiek ondersteun, te veel sangkompetisies, te veel hoop wat geskep word, te veel platekontrakte wat toegeken word aan swak sangers.Te min wat soek na die x-faktor, en te veel ouers wat vir hul kinders lieg oor hul werklike kapasiteit om te sing. Hierdie ongetalenteerde massa suig dan die energie uit die feeste, die venues, die verbruiker se sake. Die keuse wat dan deursypel na die radiostasies is dit waar die meeste geld ingesteek word. Die radiostasies speel die wat die geld insit om te adverteer. Sit jou R 35 000 neer op die tafel en word ster van die week. Ons gee nie om of en wat jy kan sing nie. Ons maak jou ster van die week. Waaroor gaan dit dus? Nie oor musiek met meriete nie. DIt gaan oor die wat die geld neersit en die wat die mag het in die industrie.

Musikant en LiedjieskrywerFeeste doen dieselfde. Meeste feeste het nou ‘n keuringsproses om nuwe talent te prober identifiseer. Dan gee hulle die portfolio’s deur aan die mense wat  die verhoe huisves, en die mense wat die verhoe huisves gaan dan voort en ignorer dit wat van die organiseerders af kom en sit weer die geruis van die industrie se grotes op die verhoog.

So wat sal enigie regte musikant motiveer om musiek te maak? Om aan te hou ten spyte van die feit dat hulle weet dat daar maar net ‘n nis vir hulle sou wees in ‘n kleinerwordende mark? Passie. Passie en die onwrikbare geloof dat dit waarmee hulle besig is tog waarde het. Maar wil hulle dan nie by die groot lables teken nie? Natuurlik sou hulle wou, maar meeste musikantge het ook al geleer dat as hulle by die groot lables teken, daar van hulle verwag word om te konformeer. Om hul musiek aan te pas by dat die platemaatskappye glo die mark is. Om hul beeld aan te pas by dit wat die platemaatskappye glo gaan verkoop. Platemaatskappye se maklik “jy is te vet” of “jy is te oud” of dat jy moet laat sny aan jou – alles om te konformeer aan dit wat hulle idée is van wat sal werk.
Musiek maak is kuns, maar geldmaak uit musiek is nie kuns nie. Dit is besigheid, en daarom is kuns nie welkom as jy probeer om geld te maak uit musiek nie. Dan is dit maar liefs beter dat musiek vereenvoudig word op ‘n manier wat ‘n herhaalbare proses is. Dit is die Taylorisme van modern musiek. Die produksielyn waar elkeen maar net moet doen dit wat in sy voorafbeplande ontwikkelingsplan is. Musikante weet klaarblyklik nie wat goed is vir hulle nie, en dit moet bepaal word deur “sakemanne” wat beter weet hoe om besigheid te doen. Los die besigheidskant vir hulle terwyl jy konsentreer daarop om musiek te maak. Voete op verhoe is die kredo van sukses. Dit is wat maak dat die cd’s verkoop. Dit is wat maak dat die musiekindustrie bestaan. Sonder die industrie is musikante niks. So hoor ons van die musiekindustrie.  Nou vra ek in alle eenvoud. Wat sou die industrie sonder die musikante wees?
Maar ek het die industrie nodig hoor ek. Ek moet ‘n platekontrak kry – sonder ‘n platekontrak sal ek nie bestaansreg as musikant het nie. Regtig? Daar is baie suksesvolle musikante wat nie platekontrakte het nie.
Ek moet ‘n manager he om na my sake om te sien. Regtig?
Ek moet ‘n cd laat verkoop en versprei deur ‘n verspreidingsmaatskappy. Waarom?
Kom ons gaan dink oor hoe die werklike lewe aanmekaar sit. Meeste musikante finansier self hul eie debuutalbums. Uit ‘n musikant se oogpunt gesien is ‘n cd eintlik niks anders as ‘n baie duur besigheidskaartjie nie. Waarom se ek so? Want wanneer jy ‘n cd versprei deur normale kanale, maak jy bitter min geld uit ‘n cd uit. Al die middelmanne maak geld, maar nie die musikant wie se kreatiewe werk dit eintlik is nie. Dus is ‘n cd net goed daarvoor om vir ander mense te vertel wat jy doen. Op ‘n baie duur manier. Waar maak ‘n musikant dus sy geld? Uit optredes. Uit tantieme as iemand anders jou musiek opgeneem het. Uit tantieme wanneer jou musiek op die radio speel. Daarvoor het jy cd’s nodig. So verstaan mooi – ‘n cd maak nie geld vir die gemiddelde musikant nie. As musikant begin jy eers geld maak wanneer die cd betaal is, en dit gebeur eers hier van 13500 eenhede af as jy ‘n standard 8% van BPM kontrak het, en dan maak jy so R 4.40 per cd. Aan die einde van die jaar. Weet jy hoe min Afrikaanse musikante verkoop 13500 eenhede van ‘n debuutalbum? Of ‘n tweede album? Miskien  van ‘n derde album as jy baie optree. So as musikant is dit ‘n mors van hoop.
Dus werk niks soos almal dink nie – behalwe vir ‘n klein groepie uiters suksesvolle musikante. Die gemiddelde musikant maak geld uit optredes. Dis al. En dan ook nie baie geld nie. Kom ek se ek wil nou begin optree. Wat gaand it my kos? Ek kan die roete loop van minste weerstand. Laat backtracks maak van my liedjies en dan speel ek dit terwyl ek saam met dit sing. Dit is ‘n hele eie vraag of dit nou eintlik jou ‘n musikant maak of ‘n karaoke sanger.  Ek wil nie daarby betrokke raak nie. So kom aan ek Sanger of Musikant?neem die pad van musikale uitsonderlikheid en tree op met ‘n paar musikante. Eerstens wil ek kyk vir redelike goeie musikante. Meeste sessiemusikante werk vir so tussen 1500 en 2000 per sessie. As ek net twee musikante het wat saam met my optree, kos dit my tussen R 3000 en 4000 per show, en beginnende musikante tree vir tussen 1500 en 3000 per show op. Dus maak ek geen geld as musikant nie en om die waarheid te se, maak ek heel moontlik ‘n verlies. As ek tracks optree, maak ek wel wins.

Die punt wat ek wil maak is dat die stelsel so georkestreer is dat dit nie musikante bevorder nie, maar sangers met backtracks. Die enigste rede waarom musikant deelneem aan die mark is soos ek reeds gese het – passie.

So waar gaan ons heen van hier? Ek is ‘n musikant en ek is in die gelukkige posisie wat ek ook ‘n wysie kan hou met my stem. As dit nie daarvoor was date k passie gehad het nie, het ekl lankal opgehou met deelneem omdat die dobbelstene van musikale sukses swaar gelaai is teen my en ander musikante. Platemaatskappye en radiostasies soek nie kuns nie, waar ek en ander musikante gedrewe is om kuns te probeer maak.  Ek het prober om daarvan te ontsnap deur vir tien jaar te onttrek aan die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. Ek speel nou nie meer vir geld nie, omdat ek nie belangstel om boedel oor te gee nie. Ek speel vir die rede wat my gevange hou in musiek – my passie. Die projekte wat ek doen is projekte wat ek wil doen. Die liedjies wat ek skryf is liedjies wat ek wil skryf. Die mense saam met wie ek musiek maak is mense saam met wie ek wil musiek maak.

Wat ek miskien wel kan doe nom ‘n verskil te maak, is om te prober wys dat ek iets kan verander en date k wel grense kan verskuif.
Ek werk nog daaraan. Man at work.

Groete

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Saturday, 19 June 2010 17:05 by Gideon van Zyl

Viewed 3295 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl

  • Fotosessie en ander nuusposted on Tuesday, 16 September 2014 16:45

    Die nuwe hoofstuk aan die musiekfront is besig om vlerke…

  • Nuutste nuus oor musiekposted on Tuesday, 02 September 2014 17:26

    Goeie dag almal.   Gideon is weer besig met musiek,…

  • Some of my favourite Panoramasposted on Sunday, 07 July 2013 10:31

    Hi, - just so that you can know that life…

  • Testing 3D Productsposted on Sunday, 21 April 2013 20:20

    I am busy with working on 3D product photography. This…

  • Ghoema Toekenningsposted on Tuesday, 16 April 2013 20:24

    Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer…


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 53 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za