Tuesday, May 21, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

September - Media Tribunaal, Fotografie en Afskeid

N et so gaan daar nog 'n maand verby en ons is by Oktober. September was interessant uit verskillende oogpunte gesien. Die Media Tribunaal maak groot opspraak en die media is natuurlik in rep en roer omdat hulle 'n bedreiging sien hierin. Baie mense - ook bekendes - dink dat dit tyd is om die media se monde te snoer, maar hulle besef een ding nie - as die media gesnoer word, word elkeen van ons se stem net 'n bietjie stiller. Strenger wetgewing met betrekking tot vryheid van uitdrukking deur die Internet is ook al op die kaarte so miskien moet ek begin om versigtiger te wees wat ek op hierdie blog se (loer versigtig om my rond).   September was eintlik redelik stillerig vir Murg, maar vir my wqas dit wel besig. Dit was die einde van die kwartaal by my dagjoppie (een van die redes waarom ek nie so gereeld kan blog nie is dat ek brood op die plank moet hou), maar dit was 'n goeie kwartaal. Hoewel die groot deurbraak eers op Donderdag die 30e plaasgevind het en ons daai aand 11-uur eers die ding kon boek. Darem 'n koel miljoen. Dollar. Wens dit was myne, maar nouja...

 

Ek het my soos gewoonlik besig gehou met die kamera, en het 'n lekker shoot gedoen met 'n nuwe kunstenaar - Gert Koevert - wat al die pad Gert Koevertvan Mosselbaai af hiernatoe getrek het. Ek het hom en sy vroutjie ontmoet. Sy hou nog skool in Mosselbaai, en hy bly nou hier bo tot hulle vir haar ook iets hier kan kry. Ek vind hom nogal interessant. As jy jou oe toemaak wanneer hy sing hoor jy Steve Hofmeyr. As jy jou oe oopmaak sien jy 'n talentvolle ou wat al van die lewe beleef het en iets het om te se.

Ons moes ook in September vir baie mense totsiens se. Raapie Knaapie is oorlede toe DJ Ossewa se bussie gerol het. Ek was Sondag by 'n show wat 'n klomp kunstenaars vir die band gehou het en dit het my nogal geraak. Nie net vir my nie, maar almal wat daar was. Dit was 'n roerende manier om totsiens te se vir hom.

Ek het ook van heelwat mense in my netwerk gehoor wat selfmoord gepleeg het. Ek verstaan dit nie, maar het empatie met iemand wat so ver gedryf voel dat hulle bereid is om alles so te eindig. Depressie is 'n swart duiwel op mense se skouers en iemand wat nie aan depressie ly nie sal nooit kan verstaan wat mense deurgaan nie. Die ander kant is dat as iemand selfmoord pleeg, hulle mense agterlaat met groter seer as wat maklik verwerk word. Ek moes deur die afsterwe van my sussie werk en dit was vir my diep trauma - sy het nie Robbie Wessels by DJ Ossewa se showselfmoord gepleeg nie. As ek kyk na familie en geliefdes van die wat agterbly na 'n selfmoord is dit so veel erger. Dan is dit nie net die hartseer van die sterfte wat moet verwerk word nie, maar ook die vrae wat nooit beantwoord kan word nie. Daar is ook vir baie mense die geloofskwessies wat dit oopkrap. 'n Geliefde wat volgens doktrine vir ewig verlore is. Swaar. Ek kan maar net glo en vertrou dat daardie swart duiwel nooit weer my Lianie May by DJ Ossewa se Showof een van my geliefdes sal raak nie.

 

Nouja dit is tot hiertoe vir my vir vandag en hopelik sal julle nie moet vir 'n hele maand moet wag vir my om weer iets te gesels nie.

 

Groete

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 05 October 2010 10:30 by Gideon van Zyl

Viewed 5624 times so far.

Rate this article

(5 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 31 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za