Sunday, February 17, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Reisdagboek deel 1

V akansies is soos vakansies doen, en na ‘n baie besige 2010 het ek dit aan myself en my familie geskuld om tyd uit te vat. Ons het gery en gekuier en gery en gekuier en nogmaals... ok – ek het dit klaar gesê ;).  

 

Ons het van hier af eers gery tot op Eberdeen,Aberdeen Poskantoor waar ons in ‘n boer se Jaghuis gebly het. Lekker plek met massiewe muskiete. Dit het omtrent heelpad gereën, en as ek praat van reen bedoel ek nie sulke ou motreëntjies soos mens in die Kaap kry nie, maar sulke groot druppels wat soos hael neerfoeter uit die lug. Op pad na die plaas moes ek die difflock aansit en ek moes ‘n keer deur ‘n riviertjie gaan stap om te kyk of ons met die bakkie sou deurkom – alles deel van die avontuur.

 

Ons buurman, ou Sakkie Bloubul het ons ook gebel en vertel dat ons krag uit is. Oeps! Nouja – ons het vergeet om hom die sleutel te gee, maar ons sal nie weer daai fout maak nie. Ons moes die volgende oggend deurry na Aberdeen en dit stuur van die Poskantoor af. Ek verstaan nie regtig die Poskantoor nie, want hulle het ‘n Same Day diens, maar die sleutel is al Aberdeen Kerkop Vrydag gestuur, maar het eers die Dinsdag daar aangekom. Go figger (soos ons vriendin Annie sou sê).

 

Buite die Poskantoor staan ek teen ‘n boom en kiekies maak, toe ek op die grond iets sien beweeg . Stadig. Soos ‘n trapsuutjie. Dit was ‘n trapsuutjie, maar so ou effense enetjie. Sy een oog was heeltemal opgedroog en hy was maer soos ‘n trapsuutjie wat uitegroog is en net moet omval sou wees. Ek tel toe die ou dingetjie op, en hy het nie eens genoeg energie om kwaad te word en te blaas nie. Hy bly net bruin soos die grond. Die verlepte ogie is ook sommer uitgedroog en ek kon sommer verstaan hoe dit sou wees dat die trapsuutjie so maer sou wees. Vermink, verdor en in die middel van ‘n dorp. Gewoonlik sou ek maar die ou dingetjie erens in ‘n boom sit, maar Fred moes maar saamkom dat ons kon sien wat ons met hom kon vermag.

 

Van Aberdeen is ons eers Willowmore toe.Sophie's Choice Magriet het ons gevra om eers ‘n pakkie op te tel in Willowmore voor ons die berg aanpak, en ons het sommer gestop vir ontbyt by Sophie’s Choice. Wat ‘n wonderlike plekkie in die middel van Willowmore! Dit is een van die plekke wat ons oorrompel het in die Karoo soos ek later sou uitvind is daar nog sulke juwele weggesteel af van ons Nasionale paaie af! Sophie’s Choice word deur Sophia gerun – ‘n lieflike mens wat uitsonderlike kos maak en met die kombinasie van ‘n oudheidwinkel en eetplek ‘n regte juweeltjie uitgekerwe het in die Kleinkaroo.

 

Welkom in BaviaansNa ‘n heerlike ete het ons die pad aangepak na Zandvlakte toe. Zandvlakte le in die Baviaanskloof volgens legenses so 2 uur van Willowmore af. Ons het vier uur geneem vir die stuk pad. Miskien omdat ons die uitegereende pad maar met handskoene aangepak het en miskien omdat ons kort-kort gestop het – totaal bekoor deur die prag van die plooiberge en die wonderlike spel van lig op varsafgewasde sandsteen. Ons het ook redelik baie wild gesien. Volstruise, bokkies, bobbejane, ape en natuurlik heelwat skilpaaie. EK het een keer ‘n ou kleintjie oor die pad gehelp, maar voor Zandvlakte het ons nog drie groot bergskilpaaie gesien. Dit net om op Zandvlakte self seker nog ‘n stuk of sewe te sien!

 

Zandvlakte is spesiaal. Eerstens oor die wonderlike Baviaansmense wat daar bly. Magriet en Pieter Kruger boer nou al iets soos dertig jaar daar en het die omgewing sien verval en verander onder die aanslae van boerdery en wanbestuur van die omgewing. Beide mense is groter-dan-die-lewe – Magriet met haar skerp insig , welbelese, prakties en ‘n gespreksgenoot by uitstek. Pieter het iets van die stil boer wat elke keer wat hy iets se vir jou iets vertel wat werd is om na te luister. Praktiese konsiderasie het gemaak dat hulle boerderytegnieke aangepas het en nou steeds meer natuurvriendelik boer.

 

WillowmoreDie hoofopstal is ‘n sjarmante gewitte huis met ‘n pragtige tuin. Hulle maak ook voorsiening vir gaste en het verskeie gastehuisies op die plaas waar mense trakteer word op die mees ongelooflike manier. Ons het in die Badshuis gebly en dit was beter as in menigde vyfster hotel.  Gaan loer gerus na die webblad van Zandvlakte by http://www.baviaanskloof.com/ -  en gaan lees gerus die pragartikels in die mooiste Afrikaans by http://www.baviaanskloof.com/articles/artikels_afrikaans.htm

Ons het op die berg gaan rondry met Pieter se Groen Range Rover (voldoende oopgesaag dat mens die heleBabes se Winkel - Baviaans wêreld van ‘n Donkiekarverhoogde uitkykpos kan bekyk en bekiek. Ons het ‘n draai gaan ry oor die vliegveld en ook in een van die klowe opgery. Baviaans le in die hart van ‘n projek om spekbome aan te plant en so die omgewing te help herstel. ‘n Massiewe onderneming op so ‘n groot stuk aarde.  Ons het die Saterdagoggend ‘n klomp Nederlandse studente ontmoet wat navorsing doen oor onder andere die spekbome, en die gesprekke wat interessant en insiggewend. Ons het ook sommer ‘n impromptu konsert gehou. Ons is laat die oggend met moeite daar weg. As ek uitgespaar bly sien die Krugers my weer - gouer as wat hulle dink.

Van Zandvlakte is ons die pad weer op na Oudtshoorn. Die pad deur die berge daar bly vir my een van die mees wonderlike gesigte in die wereld. Na die Nuweberg Pas draai mens regs rigting Uniondale tot by die N7. Dan gaan mens regs. Die pad was lekker gesellig en ons het weer gestop – die keer in de Rust – voor ons die laaste veertig kilometer aangepak het tot by ons vriende Twana Roets en Stef Kruger in Oudtshoorn.

 

Ek het Twana en Stef eers ontmoet by verlede jaar se KKNK, maar hulle het albei spesiale plek in my hart en my gedagtes.  Stef is een van ons land se grootste liedjieskrywers en is ‘n bron van kreatiewe energie. Gaan loer ‘n bietjie hoeveel van Dozi en ander musikante se liedjies het al uit sy pen gekom. Ons het heerlik gekuier en sit en saamjam ook. Hoe langer ek musiek maak hoe meer geniet ek dit om saam met verskillende musikante saam te speel en hul kreatiwiteit te sien.

 

Dammetjie op ZandvlakteIn Oudtshoorn het ons ook ‘n draai in die grotte gaan gooi en uiteraard ook ‘n draai gaan maak by die safaripark. En BAIE kiekies geneem .

Nouja – ek sal wek aan nog ‘n hoofstuk in hierdie kompakte reisjoernaal en later opdis.

 

Tot kyk

 

-Gideon-

Zandvlakte se opstal

 

 

 

 

Kango Grot

Blou Duiker

Kaapse Aasvoel

Bergleeu

Cheetah

Emu

Krokodil#

]Snapping Jaws

Leeu

Een toeris te veel


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 04 January 2011 12:28 by Gideon van Zyl

Viewed 8018 times so far.

Rate this article

(3 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 144 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za