Sunday, June 16, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Reisdagboek - Deel 2

O Oudtshoorn was spesiaal. Ons was net twee dae daar, maar ek is nou eenmaal iemand sensories . As fotograaf en as kunstenaar werk ek met my sintuie. Wanneer ek ‘n plek sien, sien ek die foto wat hy gaan maak. Ek visualiseer hoe dit op ‘n foto gaan lyk en ek sien in my geestesoog hoe ek dit wil verwerk, maar ek probeer ook die atmosfeer vasvang. Wanneer ek ‘n foto maak probeer ek die kern van die plek weergee, en dit is soort van moeilik om die ander 4 sintuie weer te gee, so wat ek probeer doen is om die visuele te versterk as ‘n vorm van kompensasie.  Wanneer mens iets sien wat visueel sterk is, of met baie bietjie hulp visueel sterk het om mee te begin, maak dit my werk makliker. Lang storie – ek hou van ‘n plek wat visueel sterk is, omdat ek dan die verhaal makliker kan vertel. Oudtshoorn en die pad na Montagu is so.  

 

Die ontdekking van die reis van Montagu vir my was Ronnie’s Sex Shop.Ronnie's Sex Shop Nie oor alles wat dit wys nie, maar die manier wat dit gewys word. Dit is hierdie klein winkeltjie wat in die middel van ‘n dor landskap is, maar dit is ook een van daardie wonderlike plekke wat ‘n nexus van kulture is. Die eerste wat my opgeval het is die ou verweerde trekkertjie wat buite staan. Visueel interessant. Dan trek dit mens se oe na die gebou toe en daar op die mure uitgestort is ‘n stukkie van honderde mense wat iets op die vensters , panele, deure en ander ruimtes geskryf het. In die kroeg hang Jan Smutshonderde bra’s panties en t-hemde wat elkeen iets vertel. ‘n Genepoel van konsepte en mense wat daar hang met dingetjies daarop geskryf. Daar is self op ‘n portret van Jan Smuts ‘n boodskap geskryf deur een van sy nasate. Wat is die verbintenis van al die mense? Suid-Afrikaners, Nederlanders, Pole, Grieke, Aussies, Skotte, Engelse – almal het ‘n boodskappie nagelaat. Miskien soos die antieke kuns van die Boesmans wat ook ind ie berge daar naby gevind kan word ‘n bewys van mense se mensedom? Ek wonder hoeveel van die mense wat ‘n merk daar gelaat het al oorlede is. Statisties gesproke moet daar mense wees wat al heengegaan het. Wat is hul unieke storie waarvan daardie merk of stukkie kleding ‘n klein episode was? Ek hou van sulke kontrakulturele huldeblyke aan mense se humorsin, en aan mense se verganklikheid.

Die Kleinkaroo is een van die streke van Suid-Afrika wat my altyd verras met sy tysloosheid. Daar is ‘n vlentertjie mensdom wat aan die rante van die groen kusstrook hang, maar daardie mensdom is ‘n verhaal van heldemoed, van vasbyt, van menslikheid en in die geval van Oudtshoorn van ongekende kortstondige weelde en wellus. Die volstruise vang nog steeds my aandag. Hulle is so ‘n anomalie. ‘n antieke groot voel met ‘n brein so groot soos ‘n ertjie (of so vertel mense my), maar miskien het jy nie meer as dit nodig nie. Hulle is natuurlik voorberei op oorlewing.Ronnie se kroeg Oorlewing is in hul ingeprogrammeer, en soos meeste diere wat goed doen op die aarde, het hulle nut vir mense. Jammer tog dat iets moet nut he vir mense voordat dit toegelaat word om te floreer.  Wat my weer opgeval het is hoe nuuskierig die goed is. Op pad in Oudtshoorn wa daar ‘n bakkie wat die pad byster geraak het en opgeeindig het in ‘n kamp met jong volstruise. ‘n hele klomp volstrouse het saamgedring om die bakkie en gekyk wat aangaan. Op pad uit dei dorp uit, was ‘n span besig om ‘n kennisgewingbord op te sit, en daar staan toe ook ‘n klompie jong volstruise en gaan die verriugtinge aan.  Nou vra ek myself af wat in ‘n dier se behoefte om te oorleef maak dat hulle so Freddy die Verkleurmannetjienuuskierig is. Dit lyk mos nie vir my na die gedrag van ‘n dom wilde dier nie? Is hulle gekonsidioneer om mense met kos te assosieer? Ek weet nie. Ek vra net die vraag. Ek sien nie koeie of skape naderdraf om mense gade te slaan nie. As iemand weet, vertel my asseblief.

Na Oudtshoorn het ons het uiteindelik by een van my gunsteling dorpe uitgekom. Montagu. Montagu Welkom by die van Zylsis vir my spesiaal omdat dit nie net een van die mooiste plekke in die land is nie, maar omdat my geskiedenis en my familie se geskiedenis so nou met Montagu saamgaan. Aan my Pa se kan stam ek van die van Zyls en Rossouws van Montagu af.  My Oupa Gielie het my Ouma Paulina daar getrou en hulle het daar gevestig. Oupa was ind ie oorlog en na die oorlog het hulle in ‘n huis in Langstraat ingetrek waar Oupa goied met vrugte en koeie gedoen het.  Ons het baie lang Montaguvakansies as kinders deurgebring in die strate en in die berge rondom Montagu wanneer ons by my Oupa-mense gaan kuier het.  Die eerste dag was ek om een of ander rede flou gewees. Ek wou net ontspan, maar die ou mense het ons van Zyl’tjies behoorlik bederf.  Ons het die dorp fyngery en het weereens gaan foto’s neem van alles. Die wingerde, die huise, daai vreemde voelbroeiplek in die middel van die dorp, die mejestieuse Langeberge. Alles deel van die charme van Montagu.  Ons het ook deurgery na Ashton to een die trein en die vliegtuigmotel gaan afneem ind ie hoofstraat. ‘n Fotograaf se droom. Die trein is nou baie verwaarloos en erg geroes, maar dit werk soms beter vir ’n fotograaf as iets wat spik splitnernuut is. Kersdag is ons na Tannie Maureen toe in Swellendam vir kersete en sy het ons soos altyd weer bederf. Ook weer kans vir foto’s. Die kerk in Swellendam, die ou meul buitye die dorp, die wingerde, die berge. Alles visueel heerlik en definitief genoeg materiaal vir boeke vol mooi foto’s. nAs daar net ‘n inkomste te make was uit fotoboeke het ek wraggies Broeivoels in Montaguelke vry oomblik wat ek gehad het avn dorpie na dorpie gery en boeke gemaak wat die dorp visueel vertel soos hy nou is.

Die ou van Zyl huis in LangstraatOp die dag na Kersdag het ons die Isuzu weer gelaai tot by die dak en rigting gevang Gansbaai toe. Wat kan ek se oor Gansbaai. Pragtige vreemde plekkie in Walkerbaai met groot haaie, groot walvisse en groter geskiedenis. ‘n Interessante geskiedenis ook. ‘n Geskiedenis vol met skeepswrakke, smokkelaars, en wilde jaartogte oor die see. Ook ‘n geskiedenis van mense wat deur reusehaaie verorber is soos die oorlewendes van die Birkenhead en ‘n paar onwettige perlemoenduikers oor die laaste paar jaar. Dit is ook ‘n plek van interessante persoonlikhede. My boet Johan staan bekend as Tamatie in die dorp en hy is die Goudsmit. My oudste broer Kobus staan bekend as Plasie en hy is ‘n meganiese ingenieur wat ‘n rustiger lewe maak in Gansbaai. Ander interessante mense is soos oom Kaalvoet Thys wie se seun met druiwe boer en dan natuurlik is ons almal se geliefde Liedjieboer ook ‘n Gansbaaier sedert ‘n paar jaar. Hy bly in ‘n laventelhuis met sy boomhuis op wat uitkyk op die hawe. Wanneer hy klaar is, sal dit soos ’n skipper se brug wees wat uitkyk op die groot water.

Gansbaai maak sy lewe uit vis en tjokka, maar meer onlangs het ‘n gesonde toerismebedryf ontstaan wat  spesialiseer daarin omDie trein by Ashton goed t edoen met Groot Wit haaie. Mense kan gaan duik saam met hulle (veilig in ‘n hok verkieslik), gaan kyk na hulle en dan natuurlik alles hoor oor hulle. Die dorp het soos meeste plattelandse dorpies ‘n poespas van mense aangetrek deur die jare. Daar is die wat agter werk aan kom – Ou Meulvissermanne, dokters, prokureurs, onderwysers,  skrynwerkers en ander. Dan is daar mense wat wou wegkom van die stad, mense wat wou wegkom van hul verlede, mense wat wou oorbegin, mense wat op pensioen gegaan het en mense wat nerens anders verstaan word nie (en met ‘n skok agterkom dat mense in Gansbaai hulle ook nie verstaan nie). Gewone mense soos ekke en jy wat net aangaan met hul lewens. Van erens af kom, erens heen gaan of sommer net bly.

Wat hou ek dan so van Gansbaai? My mense, die see, die wind, die kans dat daar more ‘n mooi dag gaan wees, en dan natuurlik van die mees lieflike fotogeleenthede aan die kus. Ek weet ni ehoekom nie, maar dit het miskien iets met die lig te make. Dit is anders as aan die Weskus en ook anders as selfs effens Oos by Agulhas. Mooi plek daai. Daar is ook die plekke waar mens kan gaan. Aards. Goeie kos, en mense wat jou laat voel Jesse Jordandat jy al lank daar is. En nog lank daar gaan bly.

Die Maandag nadat ons in Gansbaai aangekom het was ‘n vakansiedag met ‘n gepasde hoeveelheid niks wat gebeur het nie. Erens langs die pad tot op Gansbaai het ons jongste, Dante ‘n oorinfeksie opgeloop, so die mannetjie was in baie pyn en het alreeds by die dokter ‘n draai gemaai. Sy Ma het hom opsluit verbied om uit te gaan omdat hy eers gesond moes word. Tamatie se verloofde, Juanita is ‘n verpleegster en het met allerhande advies gehelp, maar die ou mannetjie was net nie op pad beter word toe nie.  Dante is verskriklik pieperig as hy siek is. So is hy dan sommer dikbek  en jy kan net hard na hom kyk en dan “eina my oor” hy. Dit het tot ‘n hele gespottery gelei. Rudi van AkkedisDan raak David aan sy hand en ek skree “eina my oor!” . Hy het nie gedink dit is snaaks nie, maar teen Donderdag was hy uiteindelik beter. Wat ‘n aaklige manier om jou vakansie by die see deur te bring .

Vriende van ons wat destyds saam met ons in Nederland was het ook Maandag kom kuier, maar ek moes ook nog gaan kiekies neem by die Mini Rock Festival anderkant Franskraal. Dit was lekker om vir Corlie en John en  Marieke te sien. Ek Marieke laas gesien toe sy sommer ‘n klein dogtertjie was. Nouja – kinders word groot en die grootmense word oud. Terug by die rockfestival - my ou vriende van Akkedis was daar – Arthur, Rudi en AJ het soos gewoonlik gerock, maar daar was ook nuwe interessante bands wat ek ontdek het en interessante mense wat ek ontmoet het. Ek het redelik van Jesse Jordan gehoor, en dat hy groot opslae maak in die Kaap. Ek weet nou waaro. Jesse kan sing. Hy is een van daai ouens wat enigiets kan sing en dan goed ook. Wanneer hy weer Rand toe kom is ek daar. Lok, stok en ‘n glas hardehout. Die versameling mense daar was iets om te aanskou en onder andere vir Jessica Botha daar raakgeloop en Kobus de Kock van die Black Cat Bones.  Dan was daar natuurlik die ouens van Skallabrak.

Anton Les en RikuOns het darem ook by my Ma uitgekom en ek het kans gehad om weer my pool game op te skerp. Laas wat ek pool gespeel het was in Dubai. Meer as drie jaar gelede. Dit was redelik onskadelik, maar die klein balletjies wat in Suid-Afrika gebruik word speel heeltemal anders.
Woensdagaand het ek en David dan ook ons eerste gig in die Kaap gespeel. Die eerste een saam en die eerste een vir my in meer as dertien jaar. Dit voel snaaks om so daaraan te dink nadat ek baie jare in die Kaap gewoon en ook opgetree het. Ons het by die Seaview gespeel in Gansbaai. Ek weet nie of die Seaview vir Gansbaai lekker maak nie, maar dit was ‘n lekker gig met Riku Latti en Les Jarvan wat die tweede set gevat het. Die Gansbaaiers het lekker gepaartie en ons het lekker gepaartie. Die Liedjieboer het sels uitgekom en saam kon kuier.


Donderdag het ons ‘n pelgrimsreis onderneem.Kaas Ons het egter eers ‘n draai gemaak by die kaasfabriek op pad na die Bestemming.  Dit is ‘n heerlike ontspanne plek buite met bokke, ‘n Shetland ponie (wat jou hap wanneer jy te naby kom) en ‘n springbokkie met net een en ‘n halwe horingtjie. Alles mak soos lammertjies. Ons het mooi foto’s gekry... ok – kom ek verduidelik gou iets. Vir my is dit so wonderlik om ‘n mooi foto te kry soos dit vir ander mense is om ‘n Franse ete te kry. Opwindend en spesiaal, so as ek se ek het foto’s gekry is dit soos in “wow!!”. Wat julle vir my kan koop vir my verjaarsdag ;)Terug by die pelgrimsreis - ek is ‘n groot fan van Raka wyne. Toe ek teruggekom het van die buiteland af het ek lank gesoen na ‘n wyn wat ek regtig van hou, en ek het dit gekry. Raka is gelee naby Stanford op die pad na Caledon se kant toe, en maak volgens my beskeie mening van die lekkerste wyne in die land. Hul Quinary is ‘n uitstekende Bordeaux-mengsel en hul  Waar Raka hul goud groeiShiraz is al die akkolades wat dit ontvang het werd. Ons is na die kelder toe en het geproe aan so iets van alles. Die nuwe openbaring vir my was die 2008 Cabernet Sauvignon. Wat ‘n wyn!! Ek het die wynmaker self ontmoet en is ‘n entoesiastiese bewonderaar van die kelder. Dit bewys dat kwaliteit en hoogmoed nie noodwendig saamgaan nie. Dankie vir die kortbroekwynmakers van die Suid Kaap!!


Ons het uiteraard ook ‘n draai gaan gooi in Hermanus. En Vrydagaand – ons laaste aand in die Kaap het ons ook ons laaste gig gespeel indie Kaap – by Stanford – weer saam met Riku. Dit was heerlik. Die idee was dat twee venues wat geskei word deur ‘n drankwinkel saam gaan jaareind gooi, en dat ons op die stoep van die drankwinkel gaan speel. Hulle het gereel met die poilisie dat die straat afgesper gaan word en dat dit een groot straatpaartie gaan word. Die weer het helaas ander planne gehad. Ons het opgestel en toe begin daar so ‘n sagte reentjie val. Ons get toe gaan opstel binne Oom Steyn’s se kroeg en dit was die begin vand ie einde vir die paartie. Dit het gerock!! Alles het gewerk en die mense was... wel ... feestelik. Ons het aangehou tot so half een en toe opgepak. Ons was drie-uur in die bed en toe is dit soort van die einde van ons vakansie. Soort van, want die terugpad was ook heerlik.

Hou hier dop vir die laaste (korterige) episode – die pad terug.

Tot Kyk

-Gideon-

'n Eg Suid-Afrikaanse produk in Hermanus... NIE!!

 

Sonsondergang oor Gansbaai


Gideon van Zyl Written on Wednesday, 05 January 2011 14:46 by Gideon van Zyl

Viewed 15180 times so far.

Rate this article

(8 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 130 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za