Tuesday, May 21, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gideon van Zyl Fotografie

D eur die jare het hierdie webblad verander en getransformeer om my veranderende belangstellings en aktiwiteite te reflekteer. Musiek, fotografie, skryf, kuier - alles deel van my lewe is op hierdie blad gereflekteer. Op hierdie stadium is fotografie besig om al belangriker te word vir my en het ek by die punt gekom waar Gideon van Zyl Fotografie 'n realiteit word as 'n lewensvatbare studio. Wat beteken dit? Dit beteken maar net dat ek al meer werk doen teen betaling, en dat ek die fasiliteite en toerusting het waarmee ek byna enige professionele kwaliteit fotografieopdragte kan hanteer. Dit beteken ook dat hierdie webblad in die afsienbare toekoms verskeie veranderings sal ondergaan om hierdie fokus te reflekteer. Gaan loer gerus by http://gideonvanzyl.co.za/website/multimedia/fotografie.html vir van my foto's.

 Kliek gerus op die foto's vir 'n groter weergawe.

Die studio

Die "studio" woord klink baie meer dramaties as wat dit is, maar ons het my ou musiek"studio" agter die huis omskep in 'n funksionele fotografiestudio met beligting, agtergronde en alles wat nodig is om jou studiofoto's te neem. Daar is nog 'n bietjie werk nodig om dit in 'n regtig pragtige kommersiele studio te omskep, maar alles kom met tyd. Dit is wel funksioneel en die resultate spreek vir ditself. Die studio is my basis, my werkswinkel en die beginpunt vir Gideon van Zyl Produksies.

Ons hanteer portretfoto's vir, headshots vir akteurs, modelportfolios, produkfoto's en postproduksiewerk.   

 Abel Kraamsaal Photoshoot

 

Portrette en Groepsfoto's

As jy foto's nodig het vir jou nuwe nuwe cd,  jou modelportfolio, jou webblad, familiefoto's of jou troue - ongeag wat die funksie of die geleentheid is, kan ons sit lewer wat jou visie of idee is.

Ons werk saam met ons kliente om die resultaat te bereik wat hulle wil bereik.

Kinderfotografie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Optredes, Feeste en Geleenthede
Beide organiseerders van feeste, en musikante wat foto's van optredes wil he is bekend met die uitdaging om foto's vir promosie te kry onder wissellende en dikwels swak beligtingsomstandighede. Ek werk alleen of met ander fotograwe en neem met groot sukses foto's van funksies en optredes van musikante.

Ralph en Steve

 Ghapi Botha

 

 

 

 

 

 

Funksies
Of jou funksie nou 'n matriekafskeid is, of 'n werksfunksie of iets soos die Vonk toekennings - ons het ervaring en die vaardighede om die herinneringe of die persfoto's te neem wat nodig is.

Bekendes by Overtone

 Sonja Heroldt by die 2010 Vonk Toekennings

 

 

 

 

 

 

 

Landskappe en Argitektuur
Ons neem landskappe, argitektuur en kunsfoto's beide as "stock" foto's en vir spesifieke opdragte.

Gansbaai

 

 

 

 

 

 

 

 

Produkte
Die afneem van produkte - van items vir 'n katalogus tot vir sepsifieke bemarking word by u besigheid of in ons studio geneem.

 

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Sunday, 24 April 2011 09:21 by Gideon van Zyl

Viewed 5707 times so far.

Rate this article

(4 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 25 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za