Hello weer

E k weet amper elkeen van my plasings begin met 'n verduideliking waarom ek so lanklaas iets op hiertoe blog geskryf het, dus gaan ek nie verduidelik dat ek baie besig was en meestal weg van die huis af was nie. Ek gaan ook nie verduidelik dat ek so 'n bietjie van 'n krisis beleef oor kreatiewe riging nie. Ek gaan ook nie verduidelik dat ek 'n gebrek aan kreatiewe rigting het omdat ek so besig is nie. Dus…  

 

Die laaste ses maande was ek hoofsaaklik besig met 'n projek in Kaapstad. Gesien die stand van die ekonomie en die gebrek aan kontantvloei van die gemiddelde man op straat om musiek te koop, konserte by te woon en foto's te laat neem, moes ek een of ander manier he waarop ek al my duur speelgoed en duur passies kan finansier. Dus was ek die laaste ses maande byna permanent in Kaapstad. Wel, dit is beter as om in die Midde-Ooste belastingvry geld te verdien…. Of wag… miskien moet ek hieroor nadink en dan terugkom na julle toe daaroor of dit beter is.

 

Hoe dit ookal sy, die uiteinde is dat ek weereens by die besef gekom het dat as mens nie besig bly waarmee jy regtig wil besig is nie, verloor jy rigting, en kan jyjouself meer skade opdoen as wat die moeite werd is. Die balans is fyn en is moeilik om te kry, maar dit is tog wel belangrik om dit te vind sonder om jouself uit te brand. Ek is nie daar naby nie, maar te veel balanseer tussen te veel dinge eis 'n tol.

 

Ons het ook deur 'n persoonlike tragedie gegaan die laaste maand. Susan se sussie, Tina en haar ander sussie, Mariaan, se seun Riekert, is vroeg die oggend van 3 Oktober oorlede in 'n kop aan kop botsing. Die skokgolwe van die ongeluk het die familie swaar getref, en my net weer tot die besef laat kom dat ons lewens kort is en dat ons tyd en dit wat in ons familie en ander insit uiteindelik al is wat ons oorleef.

 

Dus het ek nou al - lank voor die nuwe jaar – 'n klomp voornemens wat ek besluit het om toe te pas op myself.

  1. Ek moet 'n beter werk/ander goed balans probeer bewerkstellig. Dringend.

  2. Ek moet projekte wat ek afgeskeep het om die pot aan die kook te hou weer aanpak.

  3. Ek moet meer na myself kyk sodat ek die pas kan volhou. Reg eet, meer slaap, oefeninge doen, tyd spandeer vir die geestelike ens.

  4. Ek moet meer tyd met my familie maak. Hulle is baie belangriker as al die ander goed.

 

Die plan - terug na die oorspronklikeWat die impak van hierdie voornemens is, moet ek nog asesseer. Ek weet nie, maar iets moet skuif.

 

Ek begin met die dinge waaraan ek iets kan doen.

 

My eerste stap is om op 'n ernstige program van gesonder leef te gaan. Dit begin by gewigsverlies. Om my ideale realisties bereikbare gewig te bereik (sien http://www.halls.md/ideal-weight/body.htm vir meer inligting), het ek myself 'n harde teiken gestel. Ek het die oggend van 31 Oktober begin met 'n aktiewe gewigsverliesprogram. Reg eet, oefening, minder eet, meer water drink – al sulke goed. Ek sal julle probeer op datum hou met wat en hoe ek doen daarmee, maar julle kan ook volg op my Facebook status by http://www.facebook.com/giepievz.

 

Ek het 32 kg om te verloor en wil 2.5 Kg per week verloor – dus gee ek myself tot die 16e Januarie om die 32 kg te verloor. Ek kan en gaan dit verloor.

 

As daar van julle is wat mekaar wil ondersteun in 'n poging om gewig te verloor – kom ons praat met mekaar.

 

Nouja – goeie begin om die blog weer aan die gang te kry, so sien meer van julle :).

 

 

Groete

 

-Gideon-

 


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 01 November 2011 16:29 by Gideon van Zyl

Viewed 3660 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."