Sunday, February 17, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Dag 3 - Alles nog goed

O ns is nog op spoed. Ek het my foto gedoen vir die dag, ons diet nog en soos julle kan sien blog ek nog. Dit gaan daaroor om in 'n roetine te kom. Al die gevliegery is geneig om my roetine te versteur en dan ewe skielik doen ek ni emeer dinge wat ek veronderstel is om te doen nie. Die werklike uitdaging gaan wees om die roetine te handhaaf oor die volgende paar maande. Daar lê vir my 'n paar reise na Kaapstad voor, 'n reis na Nigerië en dan 'n paar weke in Saoëdie Arabïe. Dus - dit word die werklike toets vir my roetine.

Gister se foto was met natuurlike lig binne in die huis. Vandag het ek besluit om 'n bietjie flash by te sit. Niks spesiaal nie, ek het 'n ou Canon Speedlite 220EX gebruik en op 'n Phottix Tetra radio-ontvanger gesit. Ek het die Speedlite agter 'n Softbox gesit en die Phottix sneller op my kamera gesit. Vir die foto het ek my EOS 5D Mk II gebruik met 'n Canon 24-70L lens. Die sluiter was 1/5 sekonde teen f/10 teen 70 mm met 'n filmspoed van ISO100. Die foto was gepost in Lightroom 3 en is swart en wit met 'n groen filter. Ek het die foto nie getone nie omdat die tekstuur mooi is en presies weegee wat ek wou wys.

Julle sal opmerk dat hoewel die foto in daglig geneem is, en die gordyne in die agtergrond sonlig agter dit het, die sonlig oorskadu word deur die lig wat die Speedlite voorsien. Terloops – die masker in die agtergrond kom van Venisië af en ek het dit in een van my musiekvideo's gebruik.

************

Dit was 'n goeie dag waarin ek meeste van my reëls so 'n klein bietjie gebuig het. Dit was veronderstel om 'n “geen vaste kosse” dag te wees, maar middaguur het ek my Susanna saam met my gevat vir 'n koffietjie wat to gou verander het in 'n midagetetjie. Ek het nie te erg daaroor gevoel nie, maar ek het 'n halfporsie slaai bestel, en my vingers afgeëet. Ek het dit ook reggekry om 'n liter water te drink soos beplan, en aandete was toe nou maar vroeg omdat dit toe tog 'n vastevoedseldag geword het per ongeluk.


Ek het begin met my oefenprogram. Die plan is om twee sessies van 10 minute aerobiese oefeninge soos stap of fiets te doen. Ek het gisteraand met groot moeite en geraas met die stappery begin. Ons het so 'n trampolientjie wat my Susanna al die jare op spring omdat dit har minder skuldig laat voel, so ek het toe nou maar tot tyd en wyl begin om op die ding te stap. Vreemde gevoel so 'n loop op 'n trampolien ding. Ek het eers probeer om net 'n loopaksie te simuleer en gewig te skuif van een been na die ander, toe vertel Susanna my dat ek maar by bene kan oplig ook. Nouja – toe probeer ek dit. Na agt minute dog ek ek gaan dood. Nie van moeg nie, maar my heupe werk nie so lekker met die bene oplig storie nie. Lesse geleer, so dag vier sal beter wees.

Die enigste negatief was dat ek 200 gram opgetel het, maar dit kan wees vir verskeie redes en pla my nie in die groter verhaal nie.

Nouja - ek is half uitvertel, so groete tot môre.

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Thursday, 03 November 2011 13:52 by Gideon van Zyl

Viewed 2978 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 126 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za