Sunday, May 19, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Dag 4 - nog nie heeltemal roetine nie, maar gaan sterk.

D ag 4 was weereens 'n goeie dag, en ons is nog op spoor. Ek het nie kans gehad om vandag voor nou te blog nie, maar dit is mos soos die lewe werk. Ons is baie keer onderhewig aan ander dinge wat ons dag beplan. Nogtans het ons 'n plan gemaak. Ek het nie vandag die foto geneem nie, want my Susanna het 'n mooi kiekie geneem terwyl ons op pad was om winkel toe te gaan. Cool fodie dink ek. Die girl het talent.

Die foto is geneem met 'n Canon IXUS 960i, en dit wys dai mens uitstekende resultate kan kry mey 'n kompakte kamera – veral met kamera's soos die met top kwaliteit glas soos die IXUS. Ek sal later speel met my Canon G9. Interessante kompakte kamera wat uitstekende resultate lewer, Wanner ek daarna kyk sal ek meer vertel waarom die kamera sulke goeie resultate lewer. Daar is tegniese redes voor :).

 

Gister was 'n redelike dag gewees. Ek begin nou gemaklik word met die roetine, en ek het goed by die diëet gebly. Gisteroggend – hawermout met jugurt gemeng. En gisteraand Kalamari met rys en roomspinasie. Ek het deur de dag water en vrugtesap gedrink. Ek het die 200g wat ek op dag drie opgetel het weer verloor, so dit was goed.

 

Ons gesels more weer. Lekker rus almal en geniet die naweek.

 

Groete tot more!

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Friday, 04 November 2011 21:03 by Gideon van Zyl

Viewed 3409 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 31 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za