Sunday, June 16, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Dag 6 - Dieëet lesse geleer en Portretfotografie teen sononder

D ag ses was goed gewees. Ek het weereens 'n paar dinge geleer oor my metabolisme en wat werk en wat nie werk nie. Dan het ek iets wat ek nogal tyd oor wil spandeer oor fotografie. Een van die belangrikste dinge aspekte van fotografie, is om te verstaan hoe om lig te gebruik. 'n bietjie kennis kan 'n lang pad gaan om mens bewus te maak  van hoe lig gebruik kan word in kombinasie met kameraflits. Ons kyk vandag na 'n spesifieke scenario wat nogal uitdagend kan wees vir die gemiddelde persoon, en waar dit nie help om jou kamera eenvoudig op outomaties te sit en te hoop daar kom 'n mooi foto uit nie.  

 

Eers die dieëet. Gister het ek my normale roetine gevolg. Ek het egter iets gedoen wat oënskynlik 'n probleem is. Ek het vir midagete 250 gram biltong geëet. Klaarblyklik veroorsaak sout dat jou liggaan water vashou. Nou in die groter prentjie vind ek dit nie erg nie, want sanneer die sout uit jou gestel uitgewerk is (deur water te drink), sal jy weer daai water wat vasgehou is verloor. Dit klink vreemd, maar as jy 'n probleem het met waterretensie is dit glo die regte ding om meer water te drink. Netto resultaat van 250g biltong is dat ek 200 gram opgetel het. Op dag 7 probeer ons dit regmaak, en ons dal sien wat die resultaat is.

 

Nou, een van die rede waarom ek hierdie proses aanpak soos ek dit doen, is omdat almal weet wat mens veronderstel is om te doen om gewig te verloor, maar hoe meer ek ander mense se wysheid volg hoe minder gewig verloor ek. Dus wil ek vir myself van die stadslegendes oor dieet elimineer. Ek is nie 'n diëetkundige nie, maar ek is - om dit onomwonde te stel - gatvol daarvoor om ander mense te betaal vir my gewigsverlies wat ek nie ervaar nie.Die gewigsverliesindustrie is 'n multi biljoen dollar industrie (in Amerika alleen geraam tussen 40 en 100 bijoen dollar), en daar is 'n rede daarvoor. Almal probeer om die ideaal te bereik om maer te wees. Almal van die versekerigsmaatskappye tot werknemers tot gehore wat vermaak wil word, diskrimineer teen mense as gevolg van groot lywe.

Fyn, mens voel beter oorjouself, jy is gesonder, jy slaap beter, mens lyk beter vir ander - al daardie voordele is waar, maar ek het 'n probleem met die hele gewigsbeheerindustrie en al die fabels wat hulle konstrueer om my en jou geld in hul sakke te sit. Gaan lees byvoorbeeld hierdie artikel uit http://www.businessweek.com/debateroom/archives/2008/01/the_diet_indust.html en hierdie ene http://www.media-awareness.ca/english/issues/stereotyping/women_and_girls/women_beauty.cfm - gaan google dit en daar is letterlik duisende artikels oor die gewigsbeheerindustrie en skoonheidsindustrie wat tot 'n grote mate vir hulself besigheid genereer deur mense se selfbeeld af te breek om produkte te kan verkoop.

Ek kwoteer uit die laaste artikel hierbo genoem:

"The stakes are huge. On the one hand, women who are insecure about their bodies are more likely to buy beauty products, new clothes, and diet aids. It is estimated that the diet industry alone is worth anywhere between 40 to 100 billion (U.S.) a year selling temporary weight loss (90 to 95% of dieters regain the lost weight).1 On the other hand, research indicates that exposure to images of thin, young, air-brushed female bodies is linked to depression, loss of self-esteem and the development of unhealthy eating habits in women and girls."

Dieselfde word nou al meer algemeen in die gevalle vir mans. Soos mans meer bewus word van gesondheidssake, meer modebewus word en meer en ons samelewing verander van vervaardiging na dienste, word die druk daagliks groter op mans om ook hulself "in orde" te hou. Dit word van almal wat met die publiek werk - van bemarkingsmense tot polisielede - verwag om maer te wees.

Dus my punt is dat die industrie hierdie druk uitbuit, en op enige manier moontlik die druk ook verhoog.

In die lig hiervan het ek 'n klomp grondbeginsels vir myself daargestel met betrekking tot my program.

1. Ek gaan geen middels gebruik nie. Geen pille, shakes, spesiale kos met merke op van gewigsveriesprogramme nie. Niks wat die industrie nog ryker gaan maak nie. Ek gaan nie 'n diëetkundige, sterrewiggelaar of akupunktuurpraktisyn sien nie (Beginsel - niks met die waarde van enige van daai uit te waai nie ;))

2. Ek het op 'n program besluit wat ek gaan volhard vir minstens een maand.

3. Die program berus op die beginsel dat as jy meer kiloujoules gebruik as wat jy inneem, sal jy gewig verloor. Dus gaan dit oor oefening en reg eet.

4. Ek sluit baie vrugte en dinge met vesel in. Ek het sommige goed wat ek so veel kan eet van as wat ek wil en ander waarmee ek versigtig omgaan.

- "gratis" voedsel is vars vrugte, groente en so aan. Dus is groen slaaie en so aan gratis (geen "penalties" vir my nie)

- Proteïene is byna gratis, maar geen vette nie. Ek kan een ete keer per dag proteiene eet, maar dan nie meer as 250 gram nie.

- Stysels is die duurste ir my. Daarby bedoel ek rys, aartappels, brood. As ek wel stysels inneem, is dit veselryke soorte. Ek is sensitief vir koringkiem (Gluten), en daarom eet ek Niks wat koringkiem bevat nie.

- Baie growwigheid. Daarom is vars vrugte en groente gratis. Die suikers daarin pla my nie, en tot dusver wys die resultate van die eerste paar dae my dat ek dit wel reg het om nie daaraan te steur nie.

5. 20 minute oefening per dag. As gevolg van programdrukte verdeel ek dit in twee sessies van 10 minute elk plus strekoefeninge. Dit is lae impak oefeninge wat gemik is om my liggaam aan die beweeg te kry. As ek in 'n veilige area is, betken dit 10 minute se vinnig stap. Indien nie, is dit 10 minute op dieselfde plek stap. As ek by 'n gym is, maak ek die sessie 20 minute. Ek beplan om hierdie uit te brei soos ek fikser word en meer gewig verloor, maar belangrikste is dat dit moet pret bly.

6. Luister vir my liggaam is seker die belangrikste. Dit beteken nie dat ek 'n gaping los vir my om op te hou ne. Dit beteken eenvoudig dat as ek regtig 'n craving het vir iets wat 'n duur kos vir my is, sal ek dit wel eet, maar die helfte van wat ek gewoonlik sou doen.

Ek sal die program na die eerste maand heroorweeg, maar sal die program bystel soos nodig.

 

***************

Uiteinedlik by die portretfotografie.

Een van die meer uitdagende dinge vir meeste amateurfotograwe en vakansiefotograwe is om mooi foto's te kry laat in die middag en vroeg in die oggend. Mens sit gewoonlik met baie groot kontras tussen die lig en die donker. Tradisionele beskouing was dat mens nie in die lig in moet neem nie, maar altyd daarvan weg moet neem. In beginsel nie so 'n slegte idee nie, maar het jy al probeer om in die son in te kyk terwyl iemand sy ideale foto van jou wil neem? Die resultaat is so 'n bietjie soos die foto wat ek hier onder het.Portret met son agter fotograaf - Pragtige kleur, maar skrefiesoë

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dus is daar natuurlik die moontlikheid om in die son in te neem. Deesdae het die digitale kamera's 'n baie beter dinamiese karakteristieke, maar ons sit nog steeds met 'n swart onderwerp met, uitgebrande lug. Dus nie vreeslik netjies of kreatief nie.

'n Foto teen die ondergaande son - profiel alleen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

So, wat is die oplossing dan? Ek het in die openigsparagraaf gestel dat dit alles gaan oor die beheer van lig. Dus - as ek die donker kan lig maak, sal ek dalk iets die moeite werd hê. Deur 'n kameraflits te gebruik, ma ek die donkerte invul en 'n treffende foto kry. Ek het die foto's geneem met my Canon EOS 5 D MkII, wat nie 'n ingeboude flits het nie, dus het ek 'n eksterne flits gebruik en die resultaat is die volgende foto. Sien vir julself hoe 'n moeilike beligtingsituasie opgelos kan word en lei tot 'n treffende foto.

Die foto is met vullig ingevul. 'n Bruikbare foto

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As julle met my in kontak wil kom oor enigiets, voel vry om my 'n epos te stuur by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

Groete

 

-Gideon-

 

 

 

 

 


Gideon van Zyl Written on Sunday, 06 November 2011 17:37 by Gideon van Zyl

Viewed 6540 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 101 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za