Sunday, June 16, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Dag 8: 'n Redelike normale Maandag. Blou.

E k besef toe mos nou dat ek elke dag op die volgende dag foto's neem wat ek gebruik vir die vorige dag. Mens kan ook maar lekker stoepid wees. Ek het dit besef toe ek vandag (dag 9) vlieg Kaapstad toe en foto's neem op die vliegtuig en toe eers besef dat die foto's heeltemal nie by dag 8 pas nie. Nou sal ek maar 'n plan moet maak om alles reg te kry, en het toe maar besluit dat ek 'n foto wat ek op 'n ander tyd geneem het moet gebruik. Vir geen ander ree as dat ek van die foto hou nie :). DIt is 'n foto wat ek verlede maand in Lissabon geneem het by die area genaamd Bairro Alto. Baie van die restourante in Bairro Alto het 'n uitstalling van die tipe van goed wat jy (uiteraard gaar) kan kry binne hul restourante. Daar is uistallings van vis, van kaas en wyn en in hierdie geval is dit van Carne - Vleis - iets wat ek toevallig op die oomblik mag eet. ;).  

 

So dag 8 was interessant. Ontbyt was my normale ogurt en Semels voor ek deurgery na 'n kliënt in die Johannesburgse middestad.

Ek was byna laat omdat die Ekhoerleni Mislikepaliteit besluit het dat hulle my wil stop en kyk of hulle my kan arresteer. Nou as julle my op Faceboek volg, sou julle dalk opgemerk het dat ek ontdek het dat ek onbekend aan my 'n kaartjie gekry het wat direk an my uitgereik is, en dus blykbaar volgens wet, hoef hulle nie vir my die kaartjie te pos nie. Ek is toe in my afwesigheid van die hof in Tembisa skuldig bevind aan minagting van die hof en daar is ongemerk 'n lasbrief vir my arrestasie uitgereik. Nie vir die spoed nie, maar vir minagting van die hof. Klink vreeslik, maar die oomblik wat ek hiervan uitgevind het, het ek uiteraard probeer om die ding te betaal, want ek hoor hoeka hoe mense sommer vinnig in die tronk opeindig vir sulke goed, en ek is te besig om tyd te mors in die tronk vir onsin.

Klaarblyklik, as 'n kaartjie aan jou uitgereik word, is daar geen waarskuwing nie. Jou saak gaan hof toe. Klaar. As jy die ding wil beveg, moet jy in die hof verskyn, en dit daar gaan beveg. Nou wat gebeur het, is dat ek op suspisieuse manier van die pad afgetrek was en gevra was vir 'n bribe verlede jaar en September. Ek sê toe vir die man ek betaal nie bribes nie en hy moet skryf. Ek het nie sy getuienis ondersoek nie, nie gevra om die foto te sien nie, niks, want ek was te senuweeagtig op daai pad en het al rillerstories gehoor as mens vrae vra en so aan en wou net wegkom by die plek. Blyk toe dat dit 'n bona fide spietkop is wat so met sy bribe poging saam vir my 'n kaartjie uitgeskryf het. Nou soos dit uitdraai het ek nie 'n klag van korrupsie teen hom gaan lê nie, en ek het nie die kaartjie gaan betwis nie en eintlik skoon van die hele affere en die se moontlike nadraai vergeet. Nou soos ek dit verstaan, kan jy nie gearresteer word vir uitstaande kaartjies nie, behalwe as daar 'n lasbrief vir jou arrestasie uitgereik word. Die manier wat hulle dit doen, is daar is 'n datum vir jou hofsaak. As jy nie by die hof opdaag nie, taai tantjies - daar word 'n vonnis van minagting van die hof teen jou uitgereik, en daarvoor kan jy wel gearresteer word.

So, ek kry toe verlede week die nommer van iemand wat ek kan bel en ek bel toe en kry die die raad dat ek dit moet betaal, en ek begin toe die proses, en stuur die besonderhede vir Cornelia om vir my uit te sorteer. Nouja - soos die toeval dit wil hê, is dit toe nou Maandag wat die spietkops my stop op Modderdamweg op pad bam die N3 toe. Ek merk toe dat net netjiese motors met meestal blanke bestuurders gestop word, en ek dog toe - hierdie manne is op soek vir mense wat in daai kaartjie/hof gat getrap het, en ek dog toe by myself dat alles okei is, want ek het mos my goed deurgestuur vir Cornelia om te help oplos.

Die Spietkop vran my rybewys, wat ek toe nou maar oorhandig terwyl hy na 'n vên toe gaan en ek wag, en wag en sien hoe die tyd aanstap. Uiteindelik kom die spietkop terug na my toe en vertel vir my ewe beleefd in die koningin se taal dat daar 'n lasbrief vir my arrestasie uitgereik is en ek moet nou maar saamkom. Ek antwoord hom to ewe nonchalant dat ek weet van die storie, maar toe ek uitgevind het van dit het ek iemand gebel wat alles vir my uitsorteer het. Ek bel toe vir Cornelia, en sy sê maar dit is uitgesorteer. Meneer SPietkop vra toe vir my ewe beleefd dat ek moet saamgaan dat ons dit kan uitsorteer. Ek verduidelik toe vir die mannetjie in die vên wat aan die gang is, en hy bel toe kantoor toe en hulle sê dit is nie betaal ne. EK bel vir Cornelia en sy sê maar dit is betaal en sy het die bewys. EK gee toe maar my selfoon vir die mannetjie in die vên en hy praat met haar. Eers 'n bietjie kortaf, en toe ewe skielik 'n bietjie meer beleefd. Nouja, lang storie kort, sê ht toe vir my dat ek maar kan gaan.

Dankie Cornelia - jy is nou my go-to persoon vir alles wat net lyk na 'n boete - jy mag maar :).

Ek ewe dankbaar dat ek nie tronk toe hoef te gaan nie haal my selfoon uit my sak en sien met 'n skok dat ek bitter min tyd het om by my kliënt uit te kom. Ek verbreek toe natuurlik die wet en ry te vinnig omdat ek meer as 'n halfuur verloor het om my onskuld te bewys (soort van), en stap toe vyf minute voor my afspraak in by die kliënt. Dit s 'n klassieke geva van waar wetsafdwinging (of miskien geldmaak ten koste van hulle wie die wet veronderstel is om te beskerm) direk verantwoordelik is vir die verbreking van die wet.

Na my ontmoeting met die kliënt gaan ek toe saam met my kollega, Peter, en middagete eet. Vir middagete het ek 'n Cajun Chicken slaai gehad. Die res van die dag was vrugte op my karige spyskaart.

 

Die resultaat vir die dag is dat ek 800 Gram verloor het.

Nouja mense - moreoggend vertel ek julle van dag 9 en my reis na Kaapstad, met foto's. En die keer sal die foto's in sink met die storie wees.

Groete

 

-Gideon-

 

 

 


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 08 November 2011 21:00 by Gideon van Zyl

Viewed 25142 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 136 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za