Wednesday, July 30, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Drie besige dae

D it was drie besige dae. Ek kan dit eenvoudig net nie anders stel nie. Ek het beoog om gisteraand al te blog, maar ek het eers by my neef Fred 'n draai gaan gooi om na sy karretjie wat hy te koop het te gaan kyk. Maandag en Disdag was ek by 'n klient in Johannesburg middestad en gister in Kaapstad.

 

Kom ons begin by Maandag. Maandagoggend vroeg was ek op pad na Johannesburg Middestad. Na 'n onlangse alterkasie met dei Ekhoerleniese Mislikepaliteit, is ek nogal senuweeagtig om in Moddefonteinweg af te ry. Hulle teiken nou meer moderne en duurder motors om te probeer om mense te intimideer om boetes te betaal, so dit word 'n stoppery en 'n waggery terwyl hulle gaan verifieer dat jynie dalk gearresteer moet word vir daai 1 km/uur wat jy te vinnig gery het nie. Dan wag jy vir enigiets van omtrent tien minute tot hoelankookal terwyl hulle gaan seker maak dat jy nie 'n krimineel is wat dalk 'n hofdatum gemis het vir 'n spoed, parkeer of ander boete wat jy nie weet jy gekry het nie. Swaar krimineel. So die probleem wat ek het is minder daarmee dat hulle kriminele van meestal wetsgehoorsame burgers maak nie, maar dat hulle 'n padblokkade hou gedurende spitsverkeer en dei verkeer onwrig en vertragings veroorsaak vir mense wat by ander plekke moet wees nie.

Daardie oggend het ek drie oponthoude gehad. Die eerste was die Mislikepaliteit. Die tweede was 'n ongelukkie op die N3.  Iemand het skynmaar in die armco barrier vasgery - dit het nie gelyk na ernstige skade nie en het in die proses 'n besering opgedoen. Ek weet, omdat die verkeer daar verbygekruip het. Van ver het dit gelyk na 'n ernstige ongeluk, omdat daar 'n ambulans was en omtren 20 wegsleepvoertuie. Almal met ligte wat flitsend draai. Geel rooi. Om en om. Dit het gelyk soos die hele span van Redding Internasionaal met al hul toerusting en al die noodvoertuie van die SUidelike halfrond. Ek het verag om 'n helikopter opd ei snelweg te sien wat kom red. Die verkeer het kilometers terug gestaan en teen 'n slakkepas gevorder. By die ongelukstoneel was dit een abulans en een polisie voertuig en 'n eenmotor botsing. Nouja - meer as 45 minute se wag in lyn vir al die rubbernekke wat gestaar en gestaar en gestaar het terwyl hulle vernsters oopdraai, by die vensters uithang om te sien wat nou eintlik aangaan.

Die uiteinde is dat ek toe laat is. Irriterend, frustrerend en uiters teenproduktief.

Die werk wat ek by die klant in die stad gedoen het was uiters suksesvol, so van daardie oogpunt was dit 'n goeie dag. My diet het lekker geloop, so Maandag was goed.

Dinsdag het beter begin. Die verkeer het gevloei en ek het besluit om 'n alternatiewe roete te volg en nie te probeer meeding met die Metropolisie se tydmorskompetisie nie. Die vereer het gevloei, en ek was 'n halfuur vroeg by die klant. Lekker.

Weereens 'n goeie dag daar, en toe ek uiteindelik huis toe gaan het ek en David reg gemaak virAmi se Kitaarspeler 'n lekker aandjie uit om na die bekendstelling van Ami (Margaret's Daughter) se nuwe Afrikaanse cd, In 'n Oogwink. Sterk goed, en  'n uistekende show. Jammer genoeg was daar nie te veel mense daar nie, maar ek het 'n kans gekry om met 'n paar ou vriende te kuier. Nie te laat nie, omdat ek Woensdagoggend vroeg gevlieg het. My ou vriend MD Greyling was daar, en sy vrending Denise het Hennie en Elize van Liedjieboer gehelp met die kombuis. My ou vriendin Yolanda Barnard was ook daar en ons het kans gehad om soos gewoonlik oor alles van boeke tot filisofie tot 'n bietjie musiek te gesels. Sy is 'n klassieke voorbeeld van iemand wat gebrandmerk word deur haar werk. Min mense kry kans om die regte Yolanda te leer ken. Lydia Winchester het die cheerleading gelei, en was soos altyd entoesiasties oor haar kunstenaar op die verhoog. Wat sy nie alles al gedoen het vir ons musikante nie! Dan weer - ek sal veel eerder aan haar goeie kant bly :). Haar man Peter (oftewel Poepies) was ook daar en ek is regtig bly dat ons ook kans het om te gesels. Dan natuurlik Charlene - voorheen die eienares van Steak 'n Ale. Ek kry so min kans om haar te sien, en noudat sy nie regtig meer by STeaks betrokke is nie, sal dit seker nog minder wees. Selfs metd ei min mense wat daar was, was daar te veel vriende om op te noem. Regtig 'n lekker aand.

Woensdagoggend moes ek vroeg vlieg so het so half vyf opgestaan, gou gaan stort, 'n paar stukkies klere in 'n tas gegeei, en sommer so onderweg my jogurt met semels geeet. Die vlug was een van die meer aangename Kulula vlugte met 'n aangename persoon wat langs my gesit het. Hy het iets te make met risiko analise van landboubeleggings deur tegnologie te gebruik wat gebruik maak van sattelietstelsels wat landbouanalise kan maak. Baie interessante gesprek gehad wat gewissel het van die tegnlogie wat hulle gebruik tot fotografie. Werklik interessant.

In Kaapstad het alles soos 'n trein geloop in die dag en die aand het ou Lionel van Sun Belle Lodge eers vir my bederf met 'n lekker fillet steakie met slaaie. Hulle is so ondersteunend van wat ek probeer bereik met my diet, en kook reg vir my. check hulel uit by www.sunbell.co.za

Ek is so 7-uur die aand deur na my neef Fred om te gaan kyk na 'n karretjie wat hulle wil verkoop. Die Mazda en die Fox begin lank ind ie tand raak, so ek oorweek ernstig om ietsie anders te koop. Dit is niks spesiaal nie - 'n City Golf, maar hy het lae kilometers, is lig op brandstof en Fred wil 'n billike prys he vir hom.

 

So dit was so ongeveer die drie dae wat ek julle gemis het. More-aand vlieg ek weer huistoe, so ek sal yk hoe loop dinge. As alles goed is sal ek voor my vlug al kan blog.

 

Groete

 

-Gideon-

 


Gideon van Zyl Written on Thursday, 17 November 2011 21:07 by Gideon van Zyl

Viewed 3112 times so far.

Rate this article

(4 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 256 guests and 3 members online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za