Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Die opwindende 2015

D ie nuwe jaar is besig om goed op dreef te kom. Die eerste nuus is dat ons 'n nuwe video het wat net wag vir finale goedkeuring van die Kyknet span.   Gaan kyk gerus na die nuwe video hier    

 

Op 25 Januarie was daar 'n insetsel uitgesaai op Jam. Die terugvoer is goed, en daar is baie belangstelling in die musiek.

Maak ook so lank reg vir 'n onderhoud wat ek met Pieter gaan doen op 7 Maart op Kyknet op Jukebox. Dit gaan pret wees!

Daar was redelik kommentaar oor die titel "Naak" van die album en ook interessante gesprekke wat begin was oor die idee dat musiek amoreel (in teenstelling met immoreel) is. Ek gloe dat musiek los staan van die musikant, hoewel die musikant se persoonlikheid bepaal wat die karakter van musiek is. Musiek bestaan egter lank na 'n musikant alreeds dood is, en musiek kan die toekoms van musiek beinvloed. Dink maar aan Elvis Presley - sy musiiek het nie net 'n generasie beinvloed nie, maar die invloed van sy musiek word vandag nog steeds gehoor in nuwe musiek. Net so is die politieke oortuiging van 'n Anton Goosen, Steve Hofmeyr, Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis iets wat 'n invloed het op van die musiek van hulle maak, maar tegelykertyd staan die musiek los van die persoon in dat dit tydloos word die oomblik wat dit opgeneem is en gepubliseer word.

Protesmusiek is deel van ons luisterpallet. Om te dink dat byvoorbeeld die Stem en Delarey nie politieke betekenis gekry het nie, is net so naief soos om te dink dat  of Sit die Af of Nkosi Sikilele nie politieke betekenis het nie. Nogtans is daar die musiek van al die musikante wat ek genoem het wat nie het nie soos Die Spook van Uniondale, Agter Elke Man, Lisa se Klavier, Eurofobia, Onder in my Whiskeyglas.

 

Met Naak belpeit ek dat musiek moet geweeg word op die kwaliteit van musiek. Nie aan die hand van die persoon wat die musiek maak nie. Veral nie of ons met die musikant saamstem of nie.

 

 


Gideon van Zyl Written on Monday, 26 January 2015 10:04 by Gideon van Zyl

Viewed 2829 times so far.

Rate this article

(2 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 41 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za