Wednesday, June 19, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Pappegaaie - Intelligente wesens wat jou liefde en aandag verdien

D Die laaste twee dae was chaos. Dit klink so ‘n bietjie na ‘n credo op hierdie stadium, maar dit was so.   Saterdag het ons deurgery na Middelburg toe aangesien ons ietsie gereël het vir David se 21e. Ons het gaan kuier by Amora Voëlpark saam met familie en van David se skoolvriende. Dit was goed en dit was lekker. Al wat vir my as voëlliefhebber ’n bietjie van ’n seer punt was, was die algemene toestand van die park en in sommige gevalle die toestande waaronder die voëls aangehou word. Ek het met die eienaar gesels, en ek verstaan ongelukkig die noodsaak daarvan dat die mense weggehou moet word van die diere, maar van die pappegaaie was duidelik onder stres.   Pappegaaie is intelligente wesens en ek dink dat te veel mense ’n pappegaai wil he, maar nie die verantwoordelikheid van die aanhou van ’n pappegaai besef nie.  Meeste mense besef nie hoe intelliget ’n groot pappegaai soos ’n African Grey, Amazon, Kakketoe of McCaw werklik is nie. Toetse wat gedoen is dui aan dat van die groot voëls die intelligense-vlakke van 3 tot 4 jaar oue kind het. Verder is hulle sosiale diere wat nou kontak met hul familie behou. As jy as persoon ’n pappegaai in jou huis het, is jy vir alle praktiese doeleindes hul familie, en die aandag wat jy aan die voël moet gee is dieselfde tipe aandag wat jy aan ’n 3 tot 4-jarige kind moet gee. Ek is ten gunste daarvan dat enige persoon wat ’n groot pappegaai koop or erf of watookaal deur opleiding moet gaan om te leer hoe om met die voël saam te lewe. Ongelukkig is daar bitter min mense in Suid-Afrika wat die vermoë en kennis het om op ’n goeie manier met hul pappegaaie om te gaan.  "These birds have the emotional and social skills of a 2 and 1/2, 3 year old child. Their intellectual skills are more like a 5 or 6 year old child in some cases"-Dr. Irene Pepperberg Gaan lees meer oor haar werk by die Alex Foundation - http://www.alexfoundation.org/   Daar is ’n ander aspek van groot pappegaaie aanhou wat vir my erg beswarend is. Meeste pappegaaie leef tot 70 jaar en ouer, waar meeste mense eers later in hull ewe pappegaaie as troeteldiere kry. Dit beteken dat die voëls gereeld hul eienaars oorleef. Die diere gaan dan na ‘n familielid by hul afsterwe of na een of ander troeteldierwinkel wat hulle weer aanverkoop.   Ek wil hier ‘n pleidooi aan almal rig wat pappegaaie besit of wat dink daaraan om pappegaaie te kry vir hulself of hul kinders – besef die verantwoordelikheid wat jy het teenoor hierdie pragtige en intelligente vriende van ons. As julle raad nodig het oor julle pappegaaie, stuur vir my ‘n e-pos by gideon@gideonvanzyl of vir my vroutjie Susan by susanvanzyl@gmail .com en ons sal graag uithelp met raad waar ons kan.  Tot Kyk -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Monday, 27 April 2009 11:56 by Gideon van Zyl

Viewed 8918 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 65 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za