Monday, April 22, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Varkgriep

V Varkgriep   Die groot nuusstorie die afgelope paar dae op die televisie, internet en in koerante is die sg varkgriep. Ek weet nie regtig waarom dit die varkgriep genoem moet word nie, want daar is blykbaar genetiese materiaal van twee soorte varkgriep virusse, een soort menslike griepvirus en een soort voëlgriepvirus. Dus moet hulle dit dalk die 2vark/mens/voëlgriep noem. Dit is wel duidelik dat die nuutste virus die wêreld in rep en roer het, maar ook die Wêreld Gesondheids Organisasie (www.who.org) laat gryp na hul ventilators.   Blasé My eerste reaksie was soort van waarom is dit nou interessant dat daar nog ’n virus uitbreek in die wêreld. Toe besef ek dat ek eintlik besonder blasé is oor ‘n virs wat potensieel net so erg kan wees soos die Spaanse griep van 1918-1919. Miskien is dit al die aanslae van die media oor die laaste paar jaar – eers was dit SARS, toe Voëlgriep en nou die Varkgriep. Miskien, is dit net dat ek nie glo dat die media altyd objektief kan wees nie. Dit is uit die aard van hul besigheid – enigiets wat verspreiding van hul koerante of nuusstories kan verhoog maak meer geld vir hulle en daarom sal hulle die stories uitpak.   Hoe ernstig is dit nou? Nou het ek ’n bietjie gaan kyk wat ek kan uitvind oor die griep storie. My eerste stop is die World Health Organization se webblad – www.who.org – waar ek die huidige status van die siekte kan sien. Die huidige status van die 2vark/mens/voëlgriep by die WGO is dat die griep Fase 4 gereedheidsstatus bereik het. Dit beteken dat die virus bewese mens na mens oordrag bereik het. Dit is ook die laaste fase voor dit as pandemie verklaar word. Ek haal aan van hul webblad: “Phase 4 is characterized by verified human-to-human transmission of an animal or human-animal influenza reassortant virus able to cause “community-level outbreaks.” The ability to cause sustained disease outbreaks in a community marks a significant upwards shift in the risk for a pandemic. Any country that suspects or has verified such an event should urgently consult with WHO so that the situation can be jointly assessed and a decision made by the affected country if implementation of a rapid pandemic containment operation is warranted. Phase 4 indicates a significant increase in risk of a pandemic but does not necessarily mean that a pandemic is a forgone conclusion.” http://www.who.int/csr/disease/avian_influenza/phase/en/index.html   Die WGO is so besorgd oor die virus dat hulle vir vandag ’n noodvergadering belê het om dit te bespreek. Dit is slegs 2 dae na die vorige vergadering van die 27e. Dus het ons hier te make met meer as net ’n klein bekommernissie deur die media.   In watter lande is al reeds definitiewe gevalle diagnoseer? Volgens die opdatering van die WGO was die status teen gistermiddag dat 28 April 2009 dat 7 lande amptelik gevalle identifiseer is. Die VSA het 64 bevestigde infeksies gehad, met geen sterftes nie. Meksiko het 26 gevalle gerapporteer met 7 sterfgevalle. Die volgende lande het bevestigde gevalle rapporteer - Kanada (6), Nieuw Zealand (3), die Verenigde Koningkryk (2), Israel (2) en Spanje (2). Let wel dat hierdie slegs bevestigde gevalle is. Die gerugte loop egter sterk. In Meksiko alleen is daar klaarblyklik 159 vermoedelike sterf gevalle en 2500 siekgevalle. CNN het pas die eerste sterfte in Texas rapporteer. Nuwe gevalle is vandag in Duitsland en in Puerto Rico aangemeld. Waarom die paniek? Die onwillekeurige vraag by my wat opkom is waarom almal paniekerig raak. Dit is miskien 159 sterftes in Meksiko waar daar jaarliks klaarblykbaar iets soos 36,000 mense aan griep doodgaan. Dus is dit ’n klein druppel in die spreekwoordelike emmer. Van wat ek kan sien is daar ’n paar redes. ·        Die eerste geval van die siekte is ’n week gelede identifiseer, maar het alreeds wêreldwyd versprei. ·        Dit versprei bitter vinnig ·        Daar bestaan nog geen entstof daarteen nie. ·        Die siekte maak selfs gesonde, sterk en fiks mense dood. Gewoonlik is dit ou mense, jong kinders en verswakte mense wat omkom aan griep. Nou is die sterftes onder almal. Dus is die impak potensieel baie groter. As die huidige tendens voortduur (2500 infeksies in een week), en mens werk op ’n (totaal onwetenskaplike, maar tog konserwatiewe getal) getal van ongeveer 20 mense waarmee elke persoon in kontak kom en infekteer in ’n week, kyk ons na so 50 000 teen die einde van week twee, 1 000 000 na drie weke, 20 miljoen na ’n maand en na 5 weke 400 miljoen mense. Dit is miskien swak wetenskap wat ek hier gebruik, maar die impak kan massief wees. As die impak so vinnig groei sal daar natuurlik ’n poging wees om landsgrense te sluit, lugverkeer te stop, en die wêreldekonomie tot stilstand kom. Dit, gekombineer met die moontlikheid dat die wêreld se wetenskaplikes se pogings om ’n teemiddel te kry behoort die eksponensiële kurwe van groei in infeksies te laat afplat. Teen die huidige skynbare mortaliteitspersentasie van 15% beteken dit potensiële sterftes na 5 weke van  sterftesyfer van ongeveer 60 Miljoen mense. Nou kan julle sekerlik stel dat dit suiwer spekulasie is, maar gaan kyk na die griepepidemie van 1918 en 1918 vir wat gebeur het. Die Washington Post by http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2006/12/21/AR2006122101466_pf.html  rapporteer oor ’n studie wat reken dat as die Spaanse Griep nou plaasgevind het sou die sterftesyfer van tussen 51 en 81 miljoen mense gewees het. Dus is dit nie vergesog dat met ander faktore soos die snelheid waarmee mense deesdae reis, die voorkoms van VIGS, die sterftesyfer van so ‚n virus baie meer kan wees nie. Die Suid-Afrikaanse regering se gebrek aan aksie Die SA se regering se reaksie (of gebrek aan reaksie) is wel vir my verrassend. Basies het hulle ’n wag-en-sien houding oor die siekte en hulle reik geen reiswaarskuwing uit soos die res van die beskaafde wêreld besig is om te doen nie. Die impak hiervan is dat SA reisigers potensieel die virus na SA kan bring vroeër eerder dan later. Elke dag wat die virus uit Suid-Afrika gehou kan word, is nog ’n dag wat ’n effektiewe teemiddel gevind kan word.   Tot Kyk   -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Wednesday, 29 April 2009 17:46 by Gideon van Zyl

Viewed 5746 times so far.

Rate this article

(1 vote)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Gideon  - Varkgriep se status verhoog na   |Y-m-d H:i:s
Slegte nuus is dat Varkgriep se status nou verhoog is na fase 5. Dus dat infeksie nou beweeg van mens tot mens in minstens twee lande.

Verde ris daar ook 2 gevalle in Suid-Afrika rapporteer. Die een is blykbaar al Maandag identifiseer, maar gister het...
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 111 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za