Sunday, February 17, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Nog Varkgriep, die naweek is hier en Klipdrift Battle of the Bands

&   Die Meksikaanse Griep – nuutste nuus Volgens die WGO ontwikkel dinge steeds vinnig. Gisteraand is die status opgradeer na Fase 5. Dit beteken basies dat dit 'n dreigende pandemie is. Kry julle maskertjies, was julle hande en vee julle snotneusies mooi af asseblief. Teen 19:00 vandaand 30 April 2009, het 11 lande amptelik 257 gevalle van A (H1N1) besmetting geraporteer. Die Amerikaanse regering het 109 laboratorium-bevestigde menslike gevalle rapporteer, met een sterfte. Meksiko het 97 bevestigde gevalle van besmetting, met sewe sterftes. Die volgende lande het laboratorium- bevestigde gevalle met geen sterftes Oostenryk (1), Kanada (19), Duitsland (3), Israel (2), Nederland (1), Nieu-Zeeland (3), Spanje (13), Switzerland (1) en die Verenigde Koningkryk (8). Besige naweek voor Die naweek wat voorle gaan lekker besig wees. Ons beplan heelwat dinge. More-oggend gaan ons kyk na ‘n elektroniese dromstel wat David vir himself wil koop om meet e oefen, more-middag he tons ‘n oefen-sessie met Jannie Lategan. Jannie speel lead kitaar vir ons Sondag-middag. Jannie is ook bekend van die Johny Late Band.   Verlede Sondag se ete was ‘n massale sukses. Julle sal definitief dit wil maak vir eerskomende Sondag. Ons stel op van so 1-uur die middag af en begin so 2-uur se kant speel. Kaartjies is R 50-00 en julle kan vir my ’n e-possie stuur om vir julle te bespreek. Stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it toe.   Klipdrift Battle of the Bands Ons het ingeskryf vir die Klipdrift Battle of the Bands, en die eerste rondte uitdunne vir ons sal plaasvind op die aand van 26 Mei by die Supersport Bar by Carnival City. Ons het jul ondersteuning nodig!! Toegangsfooi is maar R 20-00. Vir die van julle wat Dinsdagaande niks he tom te doen nie – die uitdunne is elke Dinsdagaand. Die beoordelaars is Wimpie van der Sandt, Wimpie Rudolph, Henry Bruinette van Oos-Rand stereo, Riaan Groenewaldt van Klipdrift en Andre Leibrandt van die band Scintillate wat verlede jaar se BOTB gewen het.   Tot Kyk   -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Thursday, 30 April 2009 21:53 by Gideon van Zyl

Viewed 3671 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 58 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za