A
Alweer Boekaniers Vanmore lees ek toe weer van kapers wat skepe aanval. Die keer is dit die Melody wat op pad is na Italie. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2510545,00.html In kort die storie is dat die Kaptein die eer vir die afweer van die boekaniers le by die sekurtiteitsmaatskappy wat die boot beveilig, waar die passasiers kleim dat dit hul grootmoedige en heldhaftige optrede was om dekstoele na die skurke te gooi van die boot af wat ongetwyfeld die boot met al sy passasiers gered het. Die volgende juweeltjie het my opgeval: „Die bevelvoerder van die Somaliese seerowers wat die skip aangeval het, was ongelukkig oor die verlore kapingsgeleentheid. “Ongelukkig kon ons om tegniese redes nie die skip oorneem nie,” het mnr. Moehamed Moese per telefoon aan AFP uit Eyl, ’n seerowerlêplek in die noordelike Somaliese-wegbreekstaat Puntland, gesê. “ Nou vra ek jull emet traantjies in my babyblou oe – hoe is dit dat die opinie van die pogende kapers gevra word oor die saak en hoe is dit dat dit rapporteer word asof die kapers ‘n legitieme besigheid is wat ’n belangrike besigheidstransaksie verloor het? Is dit net ek of leef ons nou in lala land waar die kriminele se opinie die koerant haal? Gister se gig Gister se gig by Jukebox was ’n fees. Nie omdat ons baie mense daar gehad het om te kom luister nie, maar omdat Jannie Lategan vir ons lead kitaar kom speel het. Die hele band was baie tighter en daar was baie meer energie op die verhoog. Die hele Murg konsep is nou besig om goed wiele te kry. Kyk uit vir ons by die Klipdrift Battle of the bands op die aand van die 26e Mei. Julle sal dit geniet.
Melody se boekaniers
Viewed 1486 times so far.
Published in
Subscribe to the RSS feed of Blog
Blog
/
Subscribe to the RSS feed of - Blog -
- Blog -
Like this? Let your friends know now!
Latest articles from Gideon van Zyl
- Testing 3D Productsposted on Sunday, 21 April 2013 20:20
I am busy with working on 3D product photography. This…
- Ghoema Toekenningsposted on Tuesday, 16 April 2013 20:24
Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer…
- Panoramas en Virtuele toereposted on Sunday, 07 April 2013 12:59
EK het onlangs begin om meer werk te maak van…
- Times to catch up. The Why and the new CDposted on Wednesday, 27 February 2013 09:57
Time is the answer, not the question It has been…
- My naam is Gideon van Zyl. Ek is 'n Musikantposted on Monday, 06 February 2012 16:58
My naam is Gideon van Zyl. Ek is ‘n musikant.…
| Comments |
|
Powered by !JoomlaComment 4.0alpha3
!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."
| < Prev | Next > |
|---|





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...