Ek het iemand ontmoet wat vir te veel mense ’n gravy train is, en ek wens vir al die partye betrokke dat die hele storie net verby wil gaan. Ek wens al die mense wat wil „help“ wil net weggaan en toelaat dat tyd mense kan toelaat om gesond te word.
Wie trek die grootste voordeel?
Doen ’n search op google en jy sal sien wie die meeste hits oplewer. Gaan lees blogs wat hul ontstaan grootliks te danke het aan die skandaal, en wanneer hulle hoeveelheid lesers afneem, blerts hulle net iets uit oor Steve en die skandaal, en dan piek hul hoeveelheid besoeke en ook advertensieinkomste. Dit is erg sinies, maar dit is die game. Koerante het net Steve op ’n advertensiebord, en hulle maak weer hul verkoopsyfers. Ek sit iets oor Steve in die titel van my blog, en paf – my blog piek.
Dit is ’n ernstige versoeking.
Ek doen darem selfondersoek hieroor, ander nie. Dit is waarom vandag se plasing sonder ’n titel, maar darem met ’n foto is. Ek weet die foto is irrelevant tot die gesprek... of is dit?
Ek wil iets kwout wat iemand al op 'n keer gesê het. „Dit is net besigheid. Jammer bra, moet dit nie persoonlik opneem nie.“
Ek hoor mense vir iemand gaan in die openbaar en dan probeer hulle volgende week maatjies wees, want dit was "net besigheid". Ek kan dit met moeite doen. Mens boor nie jou pelle nie. Jy kan hulle wel kritiseer, want vriende doen dit.
Ek wou nog geskryf het oor gisteraand se SA National Gig Guide bekendstelling, maar ek dink miskien more. Met kiekies.





Junk Mail has posted a warning about ...
Sorry, maar hierdie is nie die koeran...
angry: dis nabsolite kak koerant en ...