Friday, October 24, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Sondagkoerante, foto's

K oerante – Heeha!! Sondag. My hoogtepunt van Sondae is die Sondag koerante. Sondag koerante is spesiaal. Die res van die week het meestal net boring nuus. Die Beeld hier bo in die rand vertel byna sonder uitsondering in hoofletters op die voorblad en elke bladsy daarna dat ons land eintlik oorstelpend swak is, en dat daar geen rede is waarom enige selfrespekterende witman hier sal wil bly nie. Dit deel byna uitsluitlik met moord en doodslag, grusame ongelukke, verkragtings, bedrog. As enigiemand van die buiteland die Beeld sou kon verstaan, sou hulle ten eerstens nie durf waag om na Suid-Afrika toe te kom nie, en ten tweedens sou hulle as hulle wel gekom het, hul eie kartetsjakkies (flakjackets), private lyfwagte en dies meer saambring a la Bagdad. Vir die oningeligdes – wees gewaarsku – Armageddon is hier, en hy woon in ’n straat in Sunnyside.  

 

Partykeer soek ek vir ’n bietjie humor in die andersins argelose landskap van geweld wat die koerante vir ons weergee, en net so af en toe kom daar ’n juweeltjie uit – gewoonlik onder die dekmantel van ernstige nuus. Die hoogtepunt vir my was die beriggewing gister oor die president van Uganda wat reken dat dit tyd is vir Afrikane om maan toe te gaan. Sy stelling "We must also go there and say: 'What are you people doing up here?'."  http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2510263,00.html .

Nou, ek weet nie wat hulle die Ugandanese leer op skool nie, maar hierdie arme siel het duidelik geen idee wat regtig aangaan op die maan nie. Miskien het hy 2001 – A space oddessy ’n keer of wat teveel gekyk, maar ek stel myself voor dat ‘n Afronaut op die maan gaan land, en begin rondloop op soek na die Amerikaners. Hy eindig op by die naaste ding wat lyk na ’n maanmannetjie en vra ewe beleefd aan die rotsformasie waar die naaste McDonalds is.

 

Dus is dit baie harde werk om na ‚n bietjie humor te soek in die week se koerante. Vir die Sondagkoerante is dit egter nie ’n groot werk nie. Die Rapport en die Sondag is uit-en-uit die creme de la creme van Afrikaanse koerante. Hulle is die spil waarom die bestaan van ons Afrikaanse lesers se lewe draai. Dit is soos die Huisgenoot, maar baie meer direk. Die groot en belangrike nuus bereik ons minstens ’n week voor die Huisgenoot dit in die hande kry. Wie kan al die wondelike nuuswaardighede vergeet wat hierdie twee bastionne van beriggewing aan ons gebied het. Die hele Steve Hofmeyr sage met al sy kronkels en nadraaie was volgbaar met alle gerugte, permutasies, vermeende lovers, teegooiery – die werke. Alles natuurlik “in die belang van die publiek“ opgedis as ernstige nuus. Ons eie poniepers. Dit sit die huppel in ons stap en laat ons almal voel dat ons eindelose roetine darem nie heeltemal so vervelig is nie.

 

Lank lewe ons Sondagkoerante wat ons in voeling hou met wat dit beteken om Afrikaner te wees...

 

Blomme

Gister het ons lekker gaan rondloop en foto’s geneem by Florafarm in Boksburg. Ons het saam met vriende gegaan – Gary en Heidi van Den Heever. Ons is nou al baie, baie jare vriende, en deel baie van dieselfde passies. Motorfietse, musiek en dan natuurlik fotografie. Gaan loer gerus by http://photoguys.co.za/pguys/index.php  vir van sy foto’s. Vir jul edifikasie het ek ‘n paar foto’tjies opgelaai vir julle om na te kyk wat ek gister geneem het. Die foto's het heeltemal niks te make met die Sondagkoerante nie.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Gideon van Zyl Written on Sunday, 03 May 2009 12:37 by Gideon van Zyl

Viewed 19151 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl

  • Fotosessie en ander nuusposted on Tuesday, 16 September 2014 16:45

    Die nuwe hoofstuk aan die musiekfront is besig om vlerke…

  • Nuutste nuus oor musiekposted on Tuesday, 02 September 2014 17:26

    Goeie dag almal.   Gideon is weer besig met musiek,…

  • Some of my favourite Panoramasposted on Sunday, 07 July 2013 10:31

    Hi, - just so that you can know that life…

  • Testing 3D Productsposted on Sunday, 21 April 2013 20:20

    I am busy with working on 3D product photography. This…

  • Ghoema Toekenningsposted on Tuesday, 16 April 2013 20:24

    Sondag was dit weer die Ghoema toekennings. Ek was weer…


Comments
Search RSS
brood   |Y-m-d H:i:s
angry: dis nabsolite kak koerant en ja ek ken vir danie fokkers
a.fjszdli'jxj  - fuced up koerant   |Y-m-d H:i:s
julle is so fuked up julle skryf klomp kak oor my oom (Danie) julle fokkers fok julle
dflgjsljdlkhn  - jy praat waarhied   |Y-m-d H:i:s
Gideon  - Ok...   |Y-m-d H:i:s
Sorry, maar hierdie is nie die koerante se webblad nie. Probeer www.sondag.co.za of www.rapport.co.za - dit help miskien as jy daar gal afgaan eerder as om op 'n musikant wat weinig indien einigiets met daardie koerante te make het.
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 63 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za