Thursday, July 18, 2019
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

A blog of all sections with no images

'n Verhaal van twee vertonings

(2 votes)

Ek het die afgelope paar weke die voorreg gehad om twee verskillende vertonings te kyk en te fotografeer. Ek het David’s Confession en Afri Frans gesien by Emperor’s se Marcellus Teater. Dit was eerste was rock opera op sy mees intense en die tweede was mooi, strelend met twee uitsonderlike sangeresse wat die spel tussen Afrikaans en Frans weergegee het.

 

Read more: 'n Verhaal van twee vertonings

   

Ons deelname aan Klipdrift Battle of the Bands

(0 votes)

Ons deelname aan Klipdrift Battle Of the Bands

 

Ons het toe gisteraand die Klipdrift Battle of the Bands gedoen. Dit was nice, en ek dink ons het uitstekend gespeel.

 

Die aand was nogal ‘n bietjie vreemd vir ons. Eers het ek en David vir amper 'n uur vasgesit in Boksburg op pad na die N17 snelweg toe. Die hele wereld se ambulanse en polisiekarre en weet-wat-nogs het verbygejaag gekom en ons het maar net gesit. Ons het uiteindelik so half sewe aangekom by die venue, en toe so onsself voorberei op die ergste. Ek dink nie ons was regtig gesteres nie, maar daar was tog ’n paar dinge wat geknaag het. Ons was gedraw om derde te speel wat goed was, want dit gee kans dat die senuwees eers ontspan (ek bly senuagtig voor ’n gig en kompetisies is nog erger). Ons doel was om net onsself te geniet en ek het nie ernstig oorweeg om onsself as moontlike wenners te sien nie. Miskien is dit ’n vorm van selfbeskerming. Jy weet so iets soos – as jy nie goed doen nie, raak dit jou nie so veel nie, want jy voel nie dat jy misluk het nie.

 

Ons het ingegaan met ’n vol bluesey/jazzy set wat lekker gefunk het. Ek was ’n bietjie bekommerd oor die een song, „Konings kantel“ omdat ons altyd gesukkel het met timing op hom. Die song waarmee ons toe ’n bietjie van ’n snafu geslaan het was toe die een waaroor ek die beste gevoel het. Ons het „Aarbeie en Room“ ’n bietjie te vinnig begin maar darem soos dit goeie musikante betaam het die tempo ’n bietjie genormaliseer teen die tyd dat die lirieke begin het. Ek het ’n klein voet-in-mond oomblik gehad wat ek dink ons nie gehelp het nie. Ek het iets in die lyn gese van dat ons musiek speel wat ons van hou. Dit was ‘n goeie lyn. Toe voeg ek by dat dit nie noodwendig musiek is wat die mense van hou nie maar dit is okei met ons. Toe ek dit se dink ek by myself dat daai ene gaan ons stemme kos omdat ek basies vir die gehoor gese het dat hul opinies nie belangrik is nie. Okei – te laat vir selfkasteiding, leer net uit jou foute van Zyl. Die groot irritasie was met die lyb van die DI boks na die desk. Elke keer as ek op die lyn getrap het, het hy geraas gemaak en my kitaar het gefade. Ek het die ding probeer wegskop, maar dan met my wat oor die verhoog beweeg die heel tyd het die stoepid ding weer geraas. Dit het definitief afbreuk gedoen aan ons show, en ek kon die fronse van die gehoor sien elke keer as dit gebeur. Ek dink volgende keer vat ek my eie drade saam omdat ek weet dat dit reg werk. Ek stel dit nie as verskoning nie, net dat ons uitstekend was op die aand en goeie analise help mens altyd om te kan verbeter. Die band het gekook. Jannie Lategan, Jacques Sutton, Andrew Friend en David van Zyl is Murg en hulle is goed. Maar laat ek julle nie probeer oortuig nie. Lees liewers wat die beoordelaars gese het:

Wimpie Rudolph:

Ondervinding tel, goed soos altyd.

Riaan Groenewald:

Julle weet beslis wat julle doen elke persoon is ‘n musikant in elke reg, goeie lirieke.

Henry Bruinette:

Gooi mielies, Lekker manne!

Andre Leibrandt:

Experience shows!

 

Niks negatiewe kritiek dus nie. Op die aand was daar net van die ander bands wat se act beter gewerk het as ons s’n. Die ander bands het hul eie gehoor gebring en dit het ek dink dat dit hulle geweldig baie gehelp het.  

 

 Die kompetisie was straf op die aand – baie straf.  Van die 10 bands wat meegeding het, het 5 deurgegaan na die top 12. Dus vir die rekord uit vyf rondtes het byna 50% van die bands uit rondte nommer 5 gekom. Ons is op die oomblik gesamentlik op nommer 11 (nommer 4 op die aand) in die algehele stand van sake.

 

Bands wat ek regtig geniet het was Acoustic Liquid en Infamous. Ek het Wysdiman nie regtig gekry nie, maar het dit uiters entertaining ervaar. Francis Day het 'n goeie sound, en hul songs is awesome - melodic rock/Brit pop fusie. AL wat my gepla het van hulle is dat hul vocalist 'n bietjie gesukkel het met sy midrange. Hy was puik op sy kopstem en met sy lae register. As hy sy midrange kan uitsorteer gaan hulle die land mal maak.

 

Van my kant wil ek vir Klipdrift dankie se vir die belegging wat hulle in Suid-Afrikaanse musiek maak duer hul borgskap van hierdie kompetisie. Die beoordelaars vir die tyd wat hulle opsy sit hiervoor – dit is nie ’n betaalde gig vir hulle nie, maar vir 17 weke van die jaar is hulle daar en moet na goed en kwaad luister. Die organisasie is ook uitstekend en ek dink Wimpie van der Sandt doen ‚n uitstekende werk met die promosie van die projek. Ook Anita van de Venter wat die bands bymekaarkry. So ver was ons ervaring baie positief, en ons het dit baie geniet.

 

Ek moet seker die dag behoorlik aan die gang kry. Vanaand is daar al weer ’n gig by die Liedjieboer. Sien julle daar!!

 

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

   

Klipdrift Battle of the Bands

(0 votes)

Net 'n vinnige nota almal

 

Ons speel vanaand in Carnival City by die Klipdrift Battle of the Bands. Ons het al die ondersteuning nodig wat ons kan kry, so as julle nie besig is nie kom en ondersteun. DIt sal maklik wees om ons ondersteuners te herken. Hulle sal die mense wees wat aan die begin van ons set gaan dreunsing "MURG, MURG, MURG!" en na die tyd met algehele oorgawe en oorverdowende geraas gaan juig. Wees daar!!!

 

 

Tot Kyk

 

-Gideon- 

   

Terug van Weggewees, Rea le Roux, Swiegers en Battle of the Bands

(0 votes)

Besigheid soos normaal

 

Ek begin nou weer in die ritme van my normale lewe in te kom. DIt is moeilik, maar nie omdat ek nie van my lewe hou soos hy is nie. Dit is moeilik omdat as mens se ritme versteur is, jy so ‘n bietjie sukkel om jou ewewig weer terug te kry.

 

Liedjieboer

Dus – terug na normale dinge. Vanaand gaan ons weer Liedjieboer toe vir ons normale Woensdagaand gig. Ek rek die definisie van Normaal miskien so ‘n bietjie, omdat ek ‘n maand laas daar gegig het. Niks vreemds nie, maar met al die April versteurings in programme as gevolg van oudig nie reelmaat aan Woensdagaande by die Liedjieboer nie.

 

Onderhoud met Rea le Roux

Donderdag gaan ek ’n draai maak in ’n studio in Pretoria waar ons ’n opname gaan maak vir Radio Platorand se Ster van die Week. Dit is ’n advertensie in onderhoud formaat wat dan uitgesaai word oor Radio Platorand. Dan speel hulle ‘n paar van my liedjies en ons gesels oor alles waarmee ons besig is op die oomblik. Die onderhoudvoerder is Rea le Roux, en ek dink dit gaan nogal pret wees. Die dilemma vir my is dat ek sort van by verskeie kruispaaie in my loopbaan staan, en nie regtig weet waaroor ons in die kort tydjie kan gesels nie. Murg is nou al ’n jaar lank beskikbaar, maar dit is nie regtig wat ek op die oomblik doen nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek skryf nog songs, maar die hele solo ding is nie so veel van ’n fokus vir my op die oomblik nie. Ek geniet dit miskien te veel om ’n deel van ander groot goed te wees. Daar is die akoestiese stelle wat ek saam met David doen wat ek vreeslik baie geniet, daar is die hele ding met Murg wat volgens my groot gaan gaan, en dan is daar al my ander konsepte waaraan ons tussendeur dink en soms ook werk soos die Naak konsepalbum, die Chris de Burgh tribute show wat nog van die grond af moet kom. Dan is daar die opwindende dinge wat ons doen met fotografie – dus daar is te veel om oor te praat. Ek sal julle meer laat weet oor die onderhoud en wanneer dit lugtyd gaan kry en so aan na die onderhoud.

 

 

Swiegers by Steak 'n Ale

Vrydagaand gaan ek vir Andre Swiegers ondersteun by Steak ’n Ale. Ek gaan dit nie net doen omdat ek ‘n groot fan van sy musiek is nie, maar ook omdat ek dink dat ons as musikante ons goeie liedjieskrywers nie genoeg ondersteun nie. Ook ons Afrikaanse gehoor waardeer ons goeie skrywers nie genoeg nie. Ek wil dus vir julle almal ’n uitdaging stuur hiermee. Probeer om elke maand minstens een goeie skrywer se show by te woon. Daarby bedoel ek nie net een goeie entertainer soos Kurt Darren nie, maar net een skrywer van sielsmusiek. Dit sal miskien nie ’n wilde danspaartie raak nie, maar jy sal jouself geniet en jy sal werklik baie meer daar uit kry as wat jy sou kon dink. Bel gerus Steak ’n Ale en boek.

 

Klipdrift Battle of the Bands

Die naweek het ons ’n repetisie vir die Klipdrift Battle of the bands. Murg speel Dinsdagaand en ons het julle ondersteuning nodig. Ek meen dink net daaraan – ons is ‘n band van ou ballies (okei – Jacques is oud – ek is net soos goeie rooiwyn en die ander is almal youngsters) wat teen die jong generasie wil gaan deelneem in ‘n kompetisie om toerusting en ‘n platekontrak te wen. Ons het nie een van daai goed nodig nie, maar ons wil deelneem en goed doen en ons eie brand van musiek by gehore uitkry wat nie weet wie ons is of wat ons doen nie. Dit is net R 10-00 vir ‘n kaartjie en belowe om die grootste jol te wees waarvoor jy nie toegesluit kan word nie. Kyk by www.wimpie.co.za/klipdrift vir meer inligting

 

Sien julle almal daar!!!    

 

Tot kyk

 

-Gideon-

   

Jukebox Sondag

(0 votes)

Jukebox Sondag

More-middag hety ons die Sondag-middag familie eet/kuier/musiek gig by Jukebox in Brakpan. Toegang is maar R 50-00 en dan kry julle ’n ete, 1e rangse musiek van my saam met die Murg band, en ’n lekker kuierkans. Vandag het ons ‚n spesiale gaskunstenaar. Jannie Lategan van die Johnny Late band speel vandag lead kitaar saam met ons en ek sien regtig uit daarna. Dit behoort nuwe dinamika aan die klank te gee.

 

Dit is redelik maklik om daar uit te kom. Jy ry op die N12 rigting Witbank, en draai af op Snake road afrit. By die verkeerslig gaan regs onder die snelweg deur en ry aan tot jy die Bordjie kry wat Nigel/ Brakpan-Noord aandui. Draai daar links. Hou regs waar die pad split en uieindelik kom jy by ‘n sirkel uit. Draai links in Elliot straat in en hou reguit aan tot jy Jukebox aan die linkerkant sien. Dit is reg oorkant die straat wat langs die rugbyklub verbygaan.

 

Meksikaanse Griep

Die griep gaan nog aan, met nuwe gevalle aangemeld in Switzerland, Denemarke, Hong Kong, Frankryk en Korea. Gevalle van oordraging van die virus tussen twee mense in dieselfde land is aangemeld in Spanje en en die Verenigde Koningkryk. Die statistieke ly sos volg:

 

Meksiko het 397 bevestigde gevalle rapporteer, insluitend 16 sterftes. Die Verenigde State se regering het 141 laboratorium-bevestigde gevalle rapporteer insluitend een sterfte.

Die volgende lande het laboratorium-bevestigde gevalle sonder sterftes - Oostenryk (1), Kanada (34), China, Hong Kong (1), Denemarke (1), Frankryk (1), Duitsland (4), Israel (2), Nederland (1), Nieu Zeeland (4), Suid-Korea (1), Spanje (13), Switzerland (1) en die Verenigde Koninkryk (13).

Interessante nuus rondom die griep is dat Hong Kong ‘n hele hotel onder kwarantyn geplaas het met meer as 100 toeriste wat nie kan uitkom nie. Lyk my die vrees begin nou diep loop.

Nou gaan ons eers uit na Flora Farm toe om foto’s te neem van die orgidiee, en dan gesels ons miskien weer later met ‘n paar pics.

 

Tot Kyk

 

-Gideon-

   

Die kitaar sage hou aan, Die Liedjieboer gig

(0 votes)

So ek het my Martin teruggekry van die ouens van McGibbon Guitar World - en WOW - die ding speel nou lekker. Hulle het die aksie verbeter en 'n grafiet nut ingesit. Eerens het daar wel iets fout gegaan en ek neem hom vandag weer deur dat hulle daarna kan kyk vir my. Maar laat ek eers vertel van gisteraand se gig dan sal dit deurkom.

 

Gisteraand by die Liedjieboer was redelik besig - Daar was min van die regulars daar - sekerlik met vakansie - maar daar was 'n redelik stewige kontingent van mense. Die lekker was dat een van my gunsteling musikant-vriende - MD Greyling - ook daar was. Ons sit toe eers en gesels 'n bietjie, en toe ons opgaan om die klank te toets, is my kitaar se klank heeltemal uit. Nadat ek 'n bietjie rondspeel kom ek toe agter dat twee van die snare absoluut geen klank weergee op die klankstelsel nie. Dit veroorsaak teo dat die meng heeltemal uit is. Die eerste stel doen ek toe maar net so, maar partykeer as iets nie reg is nie, sukkel mens sommer met alles. Ons het toe maar die stel kortgeknip na omtrent 40 minute waar ek gewoonlik 1 uur stelle doen. In die break gaan MD toe so 'n bietjie rondspeel met die klank, en ek meot se - die verskil was merkbaar - nie perfek nie, maar wel beter as in die eerste set. Dankie MD. Die tweede set was toe heel goed en alhoewel die gehoor maar 'b bietjie stil was, het dit tog goed gegaan.

 

Nou moet ek vandag die Martin weer terugneem na Andy toe laat hy vir ons die laaste gogga's uitsorteer, en dan is dit langnaweek.

 

Geniet die Pase, ry versigtig, moet dit nie oordoen nie, en ek sien julle weer terug volgende week!

 

Tot kyk

 

-Gidoen-

   

Page 1 of 2

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 44 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za