Sunday, October 22, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Terug van Weggewees, Rea le Roux, Swiegers en Battle of the Bands

B Besigheid soos normaal   Ek begin nou weer in die ritme van my normale lewe in te kom. DIt is moeilik, maar nie omdat ek nie van my lewe hou soos hy is nie. Dit is moeilik omdat as mens se ritme versteur is, jy so ‘n bietjie sukkel om jou ewewig weer terug te kry.  Liedjieboer Dus – terug na normale dinge. Vanaand gaan ons weer Liedjieboer toe vir ons normale Woensdagaand gig. Ek rek die definisie van Normaal miskien so ‘n bietjie, omdat ek ‘n maand laas daar gegig het. Niks vreemds nie, maar met al die April versteurings in programme as gevolg van oudig nie reelmaat aan Woensdagaande by die Liedjieboer nie.  Onderhoud met Rea le Roux Donderdag gaan ek ’n draai maak in ’n studio in Pretoria waar ons ’n opname gaan maak vir Radio Platorand se Ster van die Week. Dit is ’n advertensie in onderhoud formaat wat dan uitgesaai word oor Radio Platorand. Dan speel hulle ‘n paar van my liedjies en ons gesels oor alles waarmee ons besig is op die oomblik. Die onderhoudvoerder is Rea le Roux, en ek dink dit gaan nogal pret wees. Die dilemma vir my is dat ek sort van by verskeie kruispaaie in my loopbaan staan, en nie regtig weet waaroor ons in die kort tydjie kan gesels nie. Murg is nou al ’n jaar lank beskikbaar, maar dit is nie regtig wat ek op die oomblik doen nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek skryf nog songs, maar die hele solo ding is nie so veel van ’n fokus vir my op die oomblik nie. Ek geniet dit miskien te veel om ’n deel van ander groot goed te wees. Daar is die akoestiese stelle wat ek saam met David doen wat ek vreeslik baie geniet, daar is die hele ding met Murg wat volgens my groot gaan gaan, en dan is daar al my ander konsepte waaraan ons tussendeur dink en soms ook werk soos die Naak konsepalbum, die Chris de Burgh tribute show wat nog van die grond af moet kom. Dan is daar die opwindende dinge wat ons doen met fotografie – dus daar is te veel om oor te praat. Ek sal julle meer laat weet oor die onderhoud en wanneer dit lugtyd gaan kry en so aan na die onderhoud.   Swiegers by Steak 'n Ale Vrydagaand gaan ek vir Andre Swiegers ondersteun by Steak ’n Ale. Ek gaan dit nie net doen omdat ek ‘n groot fan van sy musiek is nie, maar ook omdat ek dink dat ons as musikante ons goeie liedjieskrywers nie genoeg ondersteun nie. Ook ons Afrikaanse gehoor waardeer ons goeie skrywers nie genoeg nie. Ek wil dus vir julle almal ’n uitdaging stuur hiermee. Probeer om elke maand minstens een goeie skrywer se show by te woon. Daarby bedoel ek nie net een goeie entertainer soos Kurt Darren nie, maar net een skrywer van sielsmusiek. Dit sal miskien nie ’n wilde danspaartie raak nie, maar jy sal jouself geniet en jy sal werklik baie meer daar uit kry as wat jy sou kon dink. Bel gerus Steak ’n Ale en boek.  Klipdrift Battle of the Bands Die naweek het ons ’n repetisie vir die Klipdrift Battle of the bands. Murg speel Dinsdagaand en ons het julle ondersteuning nodig. Ek meen dink net daaraan – ons is ‘n band van ou ballies (okei – Jacques is oud – ek is net soos goeie rooiwyn en die ander is almal youngsters) wat teen die jong generasie wil gaan deelneem in ‘n kompetisie om toerusting en ‘n platekontrak te wen. Ons het nie een van daai goed nodig nie, maar ons wil deelneem en goed doen en ons eie brand van musiek by gehore uitkry wat nie weet wie ons is of wat ons doen nie. Dit is net R 10-00 vir ‘n kaartjie en belowe om die grootste jol te wees waarvoor jy nie toegesluit kan word nie. Kyk by www.wimpie.co.za/klipdrift vir meer inligting   Sien julle almal daar!!!       Tot kyk   -Gideon-

Gideon van Zyl Written on Wednesday, 20 May 2009 12:12 by Gideon van Zyl

Viewed 2895 times so far.

Rate this article

(0 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 32 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za