Monday, December 18, 2017
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Fotosessie en ander nuus

D ie nuwe hoofstuk aan die musiekfront is besig om vlerke te kry. Ek het verlede week en Maandag vir 'n fotosessie gegaan by Gary van den Heever van Modworx. Ek en Gary is al jare lank vriende en ons het al saamgewerk op 'n paar fotografieprojekte, so toe dit tyd was om foto's van my te laat neem, was dit wonderlik om saam met iemand te werk wat ek ook in sy professionele kapasiteit vertrou.   Dit nou weer tyd vir ons om die hele proses van 'n nuwe cd bekendstelling te volg. Lydia Winchester het spesifieke liedjies op "Naak" gemerk vir die radio stasies om na te luister, en die cd's gaan die week uit vir hul keurders om te luister of dit hul formaat pas en of dit op die speellyste sal gaan. Dan sal ek weer so geleidelik terugvoer ontvang waar dit gespeellys is en waar dit ook inderdaad gespeel is.

Daar is ook 'n hele paar onderhoude in die pyplyn. Die eerste is 'n opname vir Jam wat Woensdag plaasvind. Ek sal uiteraard meer laat weet wanneer dit uitgesaai gaan word.

 

Intussen is ek besig om te begin oefen aan die materiaal van Naak om dit reg te kry vir optredes. Daar le nog baie werk voor om sit voor te berei, en ek sal 'n paar baie belangrike besluite moet neem oor die formaat van optredes. Ek moet nog die band finaliseer. Ek hoop dat dit die ou garde van Murg sal kan wees, maar as ons veranderinge moet maak sal ons dit probeer doen sonder om die klank van die band te verander.

 

Dan 'n baie moeiliker saak. Ek sal iets moet doen aan bestuur omdat ek nie so baie tyd beskikbaar het nie. Daar is baie mense wat in die musiekindustrie betrokke is, maar min van die goeies wat kapasiteit het vir nuwe kunstenaars. Ek sal ook iemand moet kry saam met wie ek maklik kan werk en wat weet hoe om wat ek doen te verkoop aan gehore. Uiteraard sal dit help wanneer ons lugtyd kry vir die musiek om die goeie kombinasie uit te werk, maar besprekings en bestuur kan 'n nuwe cd maak of breek, en as kunstenaar het ek al te veel stelle afgetrap om dit op my eie of met die verkeerde span aan te pak.

 

Wel dit is dit vir vandag.

 

Groete en ons praat gou weer!

 

-Gideon-


Gideon van Zyl Written on Tuesday, 16 September 2014 16:45 by Gideon van Zyl

Viewed 1925 times so far.

Rate this article

(7 votes)

Latest articles from Gideon van Zyl


Comments
Search RSS
Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 49 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za