So – as gewillige proefkonyn het ek toe ingespring en die nodige gedoen. Kom ons vat elkeen van die stellings en veretel van my ervaring.
Gewigsverlies:
Ek het gewig verloor. Klaar. Die grootste deel van die gewigsverlies was in die eerste week. My gewigsverlies het as volg gelyk:
Elke strepie verteenwoordig 2 kg en die vertikale as gee datums weer. Soos julle sal kan sien uit die grafiek, het ek die van die 11e tot die 15e 9 kg verloor en daarna meer geleidelik. Teen die 27e Desember het et skielik 6 kilogram opgetel en toe weer geleiedelik verloor. Netto het ek oor die gamete tydperk 11 kg verloor. Wat ek anders gedoen het in die eeste week, is dat ek baie optredes in daardie 5 dae gehad het, en dit was in ekstreme temperature was. Ek was tussen Kerstyd en vNuwejaar op vakansie en het meestal gewerk by die huis aan Rewolusie.com. Dus was ek nie baie aktief nie, en in die tyd skiet my gewig omhoog. Sedertdien het ek normale aktiwiteite met normale energieuitsette, en mens kan sien dat my gewig gestaagd daal onder normale aktiwiteitesvlakke.
Dus – ek het gewig verloor,e n wanneer ek meer aktief was meer en vinniger verloor. In die tye wat ek minder as normal aktief was, het ek gewig opgetel. Ek het deur die hele siklus so normaal moontlik geeet en het geen swaar feeste of so gehad waar ek groot porsies ingekry het nie.
Newe-effekte
Gedurende die tydperk het ek die volgende newe-effekte beleef.
Negatiewe effekte
ß Van die begin af was ek vreeslik dors. Die ingeslote briefie stel dat dit aspris is om seker te maak dat jy wil water drink... ok – dit werk soos geadverteer.
ß Ek is gewoonlik ‘n ligte slaper en dit is nie ongewoon vir my om vyfuur soggens wakker te wees nie. Van die eerste dag af het my slaappatroon nog ligter geword, en ek het gemiddeld twee uur per nag kon slaap. Daar is definitief nog steeds sprake van slapeloosheid, hoewel dit na meer as ‘n maand se gebruik byna normal is.
ß Ek het sommige dae hoofpyn gehad – ek het nooit hoofpyn nie, en dit is opmerklik date k soms hoofpyn het
ß Hardlywigheid. Vanaf die vierde dag van die eksperiment, beleef ek hardlywigheid. Daar word gestel dat mens meer growwigheid moet inneem om te kompenseer, maar ek kan eenvoudig stel dat slegs ‘n swaar lakseermiddel of ‘n redelike hoeveelheid droee vrugte help daarvoor, en dan maak ons sie hele omgewing ongemaklik.
Positiewe effekte
Ý Ek het definitief baie meer energie.
Ý Ek het geruime tyd probleme met my regterknie, en ek het geen problem meer nie. Ek twyfel of dit medisinaal is, en kan wees as gevolg van die verminderde gewig op my kniee, maar ek moet dit noem.
Dus – ek het ‘n hele paar negatiewe newe-effekte beleef, en sal uiteraard dit ingedagte moet hou as ek wil aangaan met so ‘n program.
Bestandele
So, waste bestandele bevat Simply Slim volgens die boksie?
· Bigarade Orange
bitter orange, n an essential oil, expressed from the fruit of the bitter orange
(Citrus aurantium), useful for treating colds and flu, constipation and flatulence, gum conditions, sluggish digestion, and stress.
mosbyCAM() Jonas: Mosby's Dictionary of Complementary and Alternative Medicine. (c) 2005, Elsevier.
Dus volgens dit is dit iets wat sommer vir alles help van verkoue, hardlywigheid, tandvleis kondisies, en stres.
· Indian Lotus
Ok, hier raak dit weer interessant - The seeds of Louts plant are commonly used in folk medicine in the treatment of tissue inflammation, cancer, emesis and given to children as diuretic and refrigerant in skin diseases. The seeds possess antioxidant, antipyretic and anti-fertility properties.
Nog iets wat goed is vir... inflammasie, naarheid, iets wat jou meer laat toilet toe gaan en bevat antioskidante, help teen koors en klaarblyklik help dit ook teen vrugbaarheid. Ek lei af dat die eienskap wta hier gesig is in ‘n dieetpil is dat dit jou water los maak.
· Cassia Seed
Help klaarblyklik vir probleme met die lewer, niere, binnegoed en visie. Dit help ook blykbaar met hardlywigheid... So hoe help dit met gewig verloor? Miskien deur hardlywigheid te verminder en die algemene gesondheid van organe wat met die spysvertering te make het te help?
· Alisma Orientalis
The root contains an essential oil and has a wide range of medicinal uses. Alisma root is antibacterial, anticholesterolemic, diuretic and hypotensive. Alisma root is said to lower blood pressure, cholesterol and blood sugar levels whilst it also has an antibacterial action on Staphylococcus, Pneumococci and Mycobacterium
Ok. Dit begin al meer puzzling raak vir my. Die plant help teen bakterie, is weereens iets wat jou toilet toe laat hardloop, hetlp met kolestrol en bloedsuiker, en klaarblyklik doen dit iets met vrugbaarheid. O, en dit help jou ontspan.
· L-Carnitine
Nou hierdie is ‘n baie interessante ene vir my. L-Carnitien is ‘n gesentetiseerde weergawe van die Karnitien. So hier gaan die “heeltemal natuurlik” teorie by die deur uit. In natuurlike vorm kom hierdie aminisuur in jou liggaam voor en help met die afbreekproses van lipiede – dus vette. So, dit help om vette om te sit na suikers. Cool. Hier he tons nou iets wat miskien iets aan my vet kan doen. Soos mens ouer word neem jou natuurliek vlakke van Karnitien af, en ‘n aanvulling van karnitien is oor die algemeen bruikbaar en help met beendigtheid, hartprobleme, diabetes, manlike onvrugbaarheid, en is sommer oor die algemeen sommer net goed vir jou... MAAR – L-Canitine is gesentetiseer uit lysien en metionien en hoewel L-Canitine ekstensief gebruik word in gewigsverliesprodukte, is daar geen bewys dat dit werklik help met gewigsverlies nie. Dit is wel bewys dat dit help met versnelling van die metabolisme en met neurone funksies van die brein. Dus voel mense wat dit gebruik dat hulle meer energie het en helderder voel. Albei – positiewe effekte wat ek ervaar het.
En dit vriende is alles. So nou verstaan ek nie my negatiewe newe-effekte so lekker nie. Die hoofpyne kan veroorsaak word deur de hidrasie asgevolg van die “ek-moet-toilet-toe-gaan” effek van van die middles, die hardlywigheid maak definitief nie sin nie, omdat van die middles as lakseermiddels gebruik word en die slapeloosheid het miskien iets te make met die beter energievlakke.
Donker wetenskap, is al wat ek kan se.
Noudat ek ‘n redelike neutrale artikel geskryf het oor my wedervaringe, wile k julle graag uitnooi om uit te kyk vir ‘n volgende artikel wat ek nog wil skryf oor ander mense se ervarings.
Wat ek wel wil se is – wees versigtig – daar is baie mense wat negatiewe ervarings gehad het met die produk. Dit werk NIE vir almal nie, en van die stellinsg wat deur die plaaslike agente gemaak word, kan met ‘n knoppie sout opgeneem word. So – kopers, wees versigtig en werk wel saam met julle dokter met dit.
Tot kyk
-Gideon-





Ok - drie van daai is goeies om te an...
- Die "feit" dat die ANC ein...
Hi Harvey, I have followed the dis...
They certainly did, but they also los...
4 reports of Dr.'s whose patients hav...