Trip na Engeland, Klaar in die studio met Naak.
Last Updated on Sunday, 21 February 2010 21:23 Written by Gideon van Zyl Sunday, 21 February 2010 20:44
Soos belowe voor ek weg is Engeland toe, is ek nou weer reg vir ‘n blog. Ek sou dit verkies om elke dag ‘n blog te skryf, maar voor dit kan gebeur sal daar eers ‘n paar dinge in my lewe moet verander. Daarvoor het ek tyd nodig, en baaaaie geld...
So ‘n trip na Engeland toe is nie vir sissies nie. Vir baie mense is dit nogal ‘n avontuur om so ver te reis, maar vir my is dit op hierdie stadium niks anders as ‘n irritasie nie. Okei – daar is soet saam met die suur, en daar is altyd goeie goed wat daarmee saamgaan as mens daarna soek, en ek is nie daar teen om in ander lande te wees nie – ek sou net daarvan hou as ek in ander lande kon uitkom sonder om eers daarnatoe te moet vlieg.


