Wednesday, September 08, 2010
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Blog

Tussentyd, Die vet is in die vuur, Naakte kritiek, Sunnette en Hennie se ding

(2 votes)

Ek voel op die oomblik of ek 'n bietjie in die tussentyd staan. Dit is wat ek dit nou maar noem. Die tussentyd is die tyd tussen wanneer iets gebeur en iets anders gebeer. Dan is jy intussentyd besig met ander goed om die tyd om te kry tot die volgende groot moment. Ek voel ook so 'n bietjie geintimideer deur hierdie blog. Ek kan nie verstaan hoe enigiemand daagliks kan blog nie. Nie as hulle 'n program het soos myne nie. Ja, ek weet ek kan darem net daagliks hello se soos 'n statusupdate, maar daarvoor het ek tog Facebook en Twitter... okei - ek sukkel nog omd ie sin van Twitter te sien, maar as ek lank en hard genoeg konsentreer sal dit seker duidelik word - as nie deur 'n proses van verligdheid nie, dan definitief deur 'n proses van osmose. Moenie vra wat ek bedoen nie, want en is seker dat ek ook nie die tyd sal he om osmose te verduidelik en hoe dit van toepassing kan wees op die proses van verligdheid (0f gebrek daaraan) nie.

 

Read more: Tussentyd, Die vet is in die vuur, Naakte kritiek, Sunnette en Hennie se ding

 

Simply Slim - 'n eksperiment

(2 votes)

Die Eksperiment

 

- Sedert 10 Desember 2009 het ek ‘n eksperiment gedoen met ‘n gewigsverliesproduk genaamd Simply Slim. Ek dreig nou al ‘n tydjie om hieroor  te skryf, maar het net nie daarby uitgekom nie weens werksdrukte.

Die hele idee was om myself as kontrole te gebruik vir die stellings wat die spesifieke produk se verspreiders maak in Suid-Afika en die produk vir ‘n maand lank te gebruik. Nou, kom ons spring somemr weg met ‘n beskrywing van die kleims vir die produk. Die evrvaardiger stel dat mens kan gewig verloor deur een kapsule elke oggend voor 10 te drink en dan net seker te maak dat mens minstens 3 liter water ‘n dag drink, en – bob’s jou oom – jy gaan gewig verloor. As jy nie verloor  in ‘n sekere tydperk nie, sal jy al jou geld terugkry. Volgens hulel is die produk ook 100% natuurlike produkte en dus is alles net lekker en heerlik hiermee saam en jy sal nie verskriklik newe-effekte kry nie. Dan is daar die normale diskleimers dat jy altyd gewig moet verloor in samespreking met jou dokter ensovoorts.

 Die foto is verkry van http://www.sulekha.com/mstore/riverine/albums/default/thinking_monkey.jpg

Read more: Simply Slim - 'n eksperiment

 

Rewolusie.com in produksie, David gaan Filmskool toe

(1 vote)

Week drie van 2010 was weer rof, maar ons het baie gedoen gekry, so ek is ‘n gelukkige baba. Ek was veronderstel om Amsterdam toe te vlieg , maar moes die reis uitstel – so besig was dit. Gelukkig was ek goed besig, maar ek sukkel op hierdie stasium om 14 + uur werksdae aanmekaar te hou – veral as dit vir meer as ‘n week op ‘n keer aanhou.  Gelukkig weet ek date k oor so ‘n paar maande die vrugte gaan pluk daarvan.

 

Read more: Rewolusie.com in produksie, David gaan Filmskool toe

   

Harde Werk, Gerdt Roetz se video, Musiek in 2010

(1 vote)

Wat ‘n gebeurtenisvolle paar dae sedert nuwejaar. Ek was natuurlik besig soos altyd, behalwe dat – waar die glas gewoonlik nie voller kan word as wat die meniscus toelaat nie, moes ek die keer ‘n spaar glas kry om te help hanteer.Okei kom eks e dit so – die jaar was so ver nog nie baie lekker nie – meestal omdat eknie kans gehad het om agter te kom of dit lekker is nie. Ek het Maandag die 4e begin werk, en het sedertdien nie kans gekry om te stop nie. In elk geval nie voor 10-uur saans nie. Ek was veronderstel om vandag te vlieg na Amsterdam toe,maar ek moes selfs die reis uitstel omdat ek belangriker goed het wat hier gebeur.  

Read more: Harde Werk, Gerdt Roetz se video, Musiek in 2010

 

2010 is hier!

(2 votes)

2010 is hier!

2010 is uiteindelik hier. Dit is asof daar ‘n buitengewone optimisme is oor 2010 wat byna onnatuurlik is. Dit is nie net Suid-Afrikaners wat hierdie optimisme tentoonstel nie maar mense van oor die hele wereld. Dit is asof 2010 ‘n byna magiese getal is vir mense. Of miskien is dit net die teenslae van 2009 wat mense laat voel dat dinge net beter kan gaan in die nuwe jaar. Dit was ‘n moeilike jaar vir meeste mense in die wereld. Ons is geteister deur die ergste wereldwye ekonomiese resessie sedert die groot depressie, mense het in hul miljoene werk verloor, duisende mense se huise is teruggeneem, en in elke ekonomiese setor was daar inkrimping. In kort – geld was minder.

 

Read more: 2010 is hier!

   

Page 2 of 15

Twitter Status Inligting

Basic authentication is not supported

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 23 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za