Wednesday, September 08, 2010
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gideon van Zyl

Te doen lys voor KKNK, Celebrity Bloggers

(3 votes)

Net ‘n Vinnige Nota voor ek ernstig aan my vakansie werk. Ek is van vandag af op vakansie... soort van. Woensdag vertrek ek KKNK toe, maar intussen is daar ‘n hele paar dinge wat ek gou moet regtrek en uitsorteer. Dan sien ek Steve Hofmeyr - almal se gunsteling Celebrity Blogger - is besig om die koerante te bereik met sy uitsprake. Love him or hate him, dit is altyd iets wat die moete werd is om te lees. Wie is julle celebrity blog gunstelinge?

 

Read more: Te doen lys voor KKNK, Celebrity Bloggers

 

Dekonstruksie van 'n leuen deel 2 - KKNK en Naak in die pylvak

(3 votes)

Dit is twee weke vandat ek geblog het. Swak. Dit is nie dat ek nie met julle wil praat nie, of omdat ek niks he tom te vertel nie – dit is eenvoudig dat ek nie kans het om enigiets te doen buite dit wat krities is nie. En daar is genoeg kritiese goed wat gebeur met my.  Genoeg.

 

Read more: Dekonstruksie van 'n leuen deel 2 - KKNK en Naak in die pylvak

   

Dekonstruksie van 'n leuen - Deel 1

(7 votes)

Dekonstruksie van ‘n leuen

Daar is nou weer ‘n paar vurige debate aan die gang oor allerhande dinge.  Ek hou van debatte, want dit vertel jou meer oor mense as wat hulle gewoonlik oor hulself wil vertel. Dit vertel jou wie nie luister nie. Dit vertel jou wie se eie opinie belangriker is as ander mense s’n. Dit vertel jou wie ‘n gebrek aan logika het. DIt vertel jou wie se indoktrinasie so sterk is dat hulle alle logika oorboord sal gooi om die doel  te dien. My gunsteling, is die wat enige wetenskaplike bewys as onsin sal afmaak omdat hulle mufti of pastoor of rasieleier of politieke leier of psigiese herdershond van beter weet.

Read more: Dekonstruksie van 'n leuen - Deel 1

   

Trip na Engeland, Klaar in die studio met Naak.

(2 votes)

Soos belowe voor ek weg is Engeland toe, is ek nou weer reg vir ‘n blog. Ek sou dit verkies om elke dag ‘n blog te skryf, maar voor dit kan gebeur sal daar eers ‘n paar dinge in my lewe moet verander. Daarvoor het ek tyd nodig, en baaaaie geld...

So ‘n trip na Engeland toe is nie vir sissies nie. Vir baie mense is dit nogal ‘n avontuur om so ver te reis, maar vir my is dit op hierdie stadium niks anders as ‘n irritasie nie. Okei – daar is soet saam met die suur, en daar is altyd goeie goed wat daarmee saamgaan as mens daarna soek, en ek is nie daar teen om in ander lande te wees nie – ek sou net daarvan hou as ek in ander lande kon uitkom sonder om eers daarnatoe te moet vlieg.

Read more: Trip na Engeland, Klaar in die studio met Naak.

   

Reise en soetkyse - waarom ek vlieg haat.

(3 votes)

Reise en soetkyse

Ek sal baie moontlik die volgende paar dae nie in kommunikasie kan wees nie, so verwag nie om te blog voor omtrent die 19e nie. Ek vertrek more-middag Kaapstad toe vir ‘n dag. Daar sal ek moontlik die bekendstalling van die nuwe Houtstok Radiostasie bywoon, en Vrydag by een van ons klante ‘n draai maak. Die aand vlieg ek laat terug huysitoe, en dan weer 2-uur die middag na Engeland toe vir ‘n paar dae. Ek sal meer van dit vertel wanneer ek terug is. Julle is nog steeds welkom om boodskappe te stuur en my selfoon gaan ook saam, maar ek sal dalk stadig reageer.

Tagged underKaapstadLondenVlieg

Read more: Reise en soetkyse - waarom ek vlieg haat.

   

Page 3 of 27

Twitter Status Inligting

Basic authentication is not supported

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 40 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za