Gideon van Zyl
Die video, Sondag, Kaapstad, Loslit Dag en foto's
Tyd vlieg. Ek is nog steeds baie besig, en een van die newe-effekte is dat wanneer mens baie besig is, jy nie kans kry om belangrike dinge te doen soos om jou hare te kam, met vriende te gesels of te blog nie. Mens het dan uiteraard ook 'n verskoning waarom mens nie oor sekere onaangename aspekte wil praat nie of waarom mens sekere konfrontasies vermy nie.
Die video van Afrikadag is nog steeds nie klaar nie. Dit is meestal as gevolg van tegniese redes. Die ouens wat aan my video werk is onder baie druk van verskeie partye af, en ek dink dat omdat ek oor die algemeen 'n redelike nice persoon is, is my video die laagste prioriteit. Dit is nie so ernstig nie, omdat (soos julle miskien weet) ek nie by 'n platemaatskappy is nie, en nie afhanklik is van musiek om die pot aan die kook te hou nie.
Dan is daar die tegniese aspekte. Verlede Sondag het ek gaan kyk na wat die finale finale video sou wees, en daar was nog 'n paar dingetjies wat gekrap het. By my aankoms by Don se plek was daar 'n ander besoeker. Ongekunsteld en onbekend met die plaaslike Celeb ciruit soos ek is, het ek toe geen idee wie sy is nie, maar dit blyk toe dat sy die Chanelle de Jager oftewel Des 'n ster van Egoli is. Sy is besig om aan 'n projek te werk waarvoor Don 'n bietjie editing doen vir hulle. Ons kyk toe deur die video , en die heel tyd krap iets aan my. Julle sal moet wag om die video te sien om te weet waarvan ek praat, maar die video is uiters tegnies aanmekaargesit met spesiale effekte wat 99% van die video uitmaak. Ek was op byna geen een van die plekke in die video wat ons uitbeeld nie (behalwe die piramiedes). Nou sulke dinge kan mens met 'n sg "green screen" regkry. Ons het inderdaad ook 'n Green Screen gebruik, maar al die ander dinge wat in die video gebeur is geanimeerde gebeurtenisse. Die probleem daarmee is dat as mens in 'n geanimeerdie of virtuele wereld is, is dat dit regtig nie eg lyk nie. Ek het die ding so gekyk en gekyk en het probeer om uit te werk hoe ek meer "in" die virtuele wereld kan blyk te wees, toe Chanelle haar vinger op die probleem le. Ons het nie skaduwees gehad nie. Don stel toe dat dit nou nie so 'n groot probleem is nie, en begin sommer daar en dan te werk aan 'n skaduwee vir een van die scenes, en voila! - ewe skielik kom alles bymekaar. Dankie Chanelle!! Helaas soos die Mafia sou se is daar nie so iets soos 'n gratis ete nie, en die probleem is dat die skaduwees die render ('n term wat die rekenaarproses beskryf waar verskillende komponente saamgesmelt word om een beeld te vorm) tyd van die indiwiduele scenes verleng het met ure. Om die finale video te render neem nou nie ure nie, maar dae! Die een scene van 'n paa rminute het byvoorbeeld 20 uur geneem om te render!
Die finale resultaat is dat al lyk die finale roduk nou baie mooi, sal ons nog 'n bietjie moet wag vir die video om klaar te kry. Miskien die volgende paar dae dan laat ek julle sien op Youtube.
Yolanda Barnard se Sondag braai-ding artikel het toe vandag verskyn. Mooi storie, en my lekker resepte is ook daarin. Dit was regtig 'n lekker dag, en ons het lekker gekuier met Yolanda, Lise en Lydia. Dankie julle almal vir die moeite wat julle gedoen het. Susan en ek het dit vreeslik baie geniet.
Verlede week moes ek Kaapstad toe om te gaan werk doen (ek moet op een of ander manier vir al die duur musiek, video en fotografie-goed betaal). Die resultaat was dat ek 'n suksesvolle werkie afgehandel het, maar ook in die proses 'n paa rmooi foto's kon maak:





So, Kaapstad was weereens die moeite werd.
Loslitdag was ook baie pret. As
die nuweling op die blok het ek as een van die eerste drie opgetree. EK het maar weer my ding met my kitaar'tjie gedoen, en die ander het hul ding gedoen met met hul onderskeie instrumente tot hul beskikking. EK het 'n paar gawe mense ontmoet en soos wat dit normaalweg gebeur het ek ook 'n paa rminder gawe mense ontmoet. So is die lewe. As daar nie assholes is nie, sal mens nie weet wat gawe mense is nie. Ek moet byse dat daar al in die verlede mense was wat ek by eerste onmoeting as assholes beskou het maar wat nou van my beste pelle is. Dus is ek die keer ook tien-teen-een verkeerd. Musikante wat saam met my opgetree het was onder andere Anelle Botha, Pieter Smith, Pieter Koen, Kurt Darren en NNadine. Nadine is kamera-vriendelik. As jy foto's neem sal jy erstaan wat ek bedoel. Sommige mense is so fotogenies dat dit byna onmoontlik is om 'n slegte foto van hulle te neem. Ander mense is baie harder werk om its moois van te neem. Ek sal nog foto's oplaai van Loslitdag, dan sal julle sien wat ek bedoel.
Hier is ook 'n paar foto's van die dag toe ons MK Unplugged na die Liedjieboer vernoem het. Ek tree terloops vanmiddag ook weer daar op. Miskien sien ek julle daar.

Hier is die Liedjieboer self in 'n peinsende bui.

Hansie Slim se Hans is besig om te interpreteer.

Hansie Slim met Outer van de Venter wat uithelp op die kitaar

Wouter van de Venter

Charlie van Beeskraal

Beeskraal Live
Nouja, dit is dan al vir my vir vandag.
Tot Kyk
-Gideon-
Read more: Die video, Sondag, Kaapstad, Loslit Dag en foto's
Betlehem en die Liedjie-Boer
Hoi Almal!
Die tyd vlieg en ek het al weer in twee naweke nie geblog nie. Ek bewonder die mense wat gereeld blog, maar ek wens ek kon tyd maak tussen die geskarrel deur. Dit is nou eenmaal swaar om twee/drie loopbane aan die gang te hou en te kry.
Betlehem was goed maar ook nie so goed nie. Dit was goed omdat ons kans gekry het om die akoestiese band 'n spin te gee, en minder goed omdat die opkoms by die gig nie wat-wonders was nie. Dus was dit nog 'n gig wat ek finansier het.
Ek, Johan en Theo het saamgery tot in Betlehem in 'n konfooi van twee motors. Ek het al die toerusting in die bakkie vervoer en Johan en Theo het in luukse in die Mercedes gevaar. Jahn en sy verloofde, Cara het saamgery op hul eie nadat hy weer rehearsals moes bywoon vir Stok, en Spidey en sy familie het uiteraard op hul eie deurgekom van Kroonstad af. Ons het so halfpad deur daardie tragiese wedstryd teen die Wallabies by die Waenhuis aangekom, en toe hoor ons dat daar nie veel kaartjies verkoop is nie want glo was die lugskou aan en iets van Chris Cameleon en die dorp het net so veel musiekondersteuners en daar word nie 'n groot opkoms verwag nie. Okei, so gaan dit maar en ons besluit om dit in elk geval te doen en dit boonop te geniet ook.
Die formaat was twee sets van 45 minute elk en ek het 4 nuwe liedjies ingewerk wat ek onlangs geskryf het en ook 'n paar standards uit 'n vorige lewe. Ons het 'n soundcheck gedoen en nadat ons die normale tegniese probleme uitsorteer het wat met 'n soundcheck in 'n nuwe venue gepaardgaan, het ons 'n vinnige run-through gedoen. Lekker.
Die show self was kookwater, en ek dinkd at die formaat definitief in die toekoms vir kleiner gehore sal werk. Dankie vir Dei Waenhuis Teater wat so 'n wonderlike werk in Betlehem doen. Ons het dit baie geniet. Ook vir Ilanga Lodge waar ons oorgeslaap het. Dit was regtig gemaklik en ek het darem die volgende oggend kans gekry om 'n paar mooi foto's te maak ook.
Die afgelope Sondag het Susan, Dante en ek gaan brunch eet by die in-die-proses-om-herdoop-te-word MK Unplugged. Die nuwe naam is die Liedjie-boer. Ek het net na 12 die verrigtinge aan die gang gekry en 'n solo set gedoen met kitaar. Halfpad deur die set val ek toe amper van die verhoog af, want Anton Goosen kom toe by die deur ingestap en toe vind die normale groet-roetines plaas. Ek vergeet toe amper om aan te gaan met my set en was skoon ontsenu, maar het darem weer aan die gang gekom. Die middag was 'n regte fees. Na my het 'n hele paar Afrikaanse musikante opgekom en ook 'n paar coverkunstenaars wat die mense vermaak het. Onder andere Hansie Slim, Wouter van Deventer, Joe F en Carle van Deventer het almal opgetree. Ons is so 6-uur se kant daar weg vir lig en natuurlik moes Dante eers huiswerk klaarmaak.
Kom kuier gerus volgende Sondag weer saam.
Hierdie week is 'n bietjie vreemd... dink ek. Donderdagmiddag kook ek saam met Sondag. Ons wil 'n Arabiese tema doen en dan gaan ek Vrydagoggend bietjie gewig ingooi by Alma skool vir die gestremdes in Pretoria vir National Casual Day.
Volgende week doen ons Kaapstad vir 'n bietjie tegniese werk.
Tot gou
-Gideon-
Launch en Betlehem
Chaos hier by my, maar laat ek julle eers gou op datum bring.
Ons het die 12e AUgustus uiteindelik die lank-verwagte launch gedoen. Dit was nogal interessant, maar vol stresse. Die stres het hoofsaaklik oor tegniese dinge gegaan. Ons het uiteindelik begin om finale repetisie te doen kwart voor 8 die aand. Ons wou half 9 begin met die show, maar ons vinnig-ingedruk-en-geblikte repetisie het eers 27 minute oor 8 klaargemaak. Ek het toe eers gou 'n draai gaan gooi op die vloer om te hoor hoe dit gaan en uiteindelik kon ons eers kwart voor 9 begin.
Lydia Winchester het eers 'n paar vleiende dingetijies gese oor my en wat ek doen, en to is ons aan die gang. In die hitte van die oomblik het alles toe uiteindelik bymekaargekom, en dit was 'n fees. Dit is so goed om weer na maande se wag op 'n verhoog te wees met 'n vol orkes, en wat 'n orkes! Van die span wat op "Murg" gespeel het was Neill Ettridge en Johan Kelber op die verhoog saam met my. Die ander musikante was Spidey Knepscheld wat die moeilike taak gehad het om Barry Snyman se inleidings op die sax te speel. Hy het ook op ander plekke ingevul met sax en mondfluitjie. Die fenominaale kitaarspeler Theo van Rensburg het kitaar gespeel, en dit is amper oorbodig om te se dat hy goed gedoen het. Sommige mense doen moeilike dinge soos ander asem haal. By daardie stelling kan ek ook Jahn Beukes wat percussions gespeel het en Johan Bouwer wat bas gespeel het insluit. 'n Mens weet dat 'n pecussionis en 'n basspeler goed is as jy hulle nie merk in 'n orkes nie. Nie omdat hulle te sag speel nie, maar omdat hulle op elke inval en elke plek hul ding doen. Daar is nie verblindende solo's of enigiets wat hulle laat uitstaan nie, maar hulle is in die fondament van 'n goeie orkes - ongemerk besig om die motore aan die gang te hou.
Daar was heelwat verteenwoordiging van die pers, en dan ook baie vriende. Wat 'n lekker aand! Selfs my webmeister, Harvey, het kom kyk. Dankie vir almal wat daar was. Die wat dit gemis het - dit sou lekker wees om julle daar te he, maar ons sien julle gou erens anders.
Die volgende "droptest" vir ons is eerskomende Saterdagaand by die Waenhuis Teater in Betlehem. Dit begin 9-uur in die aand en gaan pret wees. Die musikante wat saam met my werk is Johan Kelber op Keyboard en sax, Theo van Rensburg op kitaar, Jahn Beukes op Percussions en Spidey Knepscheld op sax en harmonika. Ons doen die liedjies van Murg af, maar stel ook vier nuwe liedjies bekend, en gaan ook 'n paar bekende covers doen net om die mense aan die gang te kry mee. Die covers is meestal nuwe verwerkings en gaan hoofsaaklik akoesties gedoen word. Ons het gisteraand repiteer, en ek is oortuig dat julle daarvan sal hou. Sien julle daar.
Nouja - dit is dit vir my vir eers.
Groete
-Gideon-
Fotografie
Vir die van julle wat wonder waaroor my fotografie nou eintlik gaan, sien die volgende:
http://www.redbubble.com/people/Gideon
Gigs en fotografie
As musikant en as musieklefhebber het ek die afgelope paar maande sedert my terugkeer by verskeie gigs van ander musikante gaan kuier. As fotograaf het ek ook dan verskeie foto's genaam. Hier is 'n paar van die foto's vir julle :).

Andra

Anton Goosen

Brenda Burnit

Catherine Jones

Die Kaalkop Waarheid

Jan Blohm

Josie Field

Karen Zoid

Scicoustic

Steve Hofmeyr en Irene van Wyk
More Articles...
Page 24 of 27


