Wednesday, July 30, 2014
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gideon van Zyl

Vinnige nuus

 

Hoi almal!!

 

Nog steeds chaos hier. Nuus is dat ons lewe nou so stadig maar seker bymekaar begin kom na dfie groot trek. Die video is byna gereed. Ek het gister die voorskou na Lydia Winchester (my PR) geneem om na te kyk en sy hou baie van. Ek het die foto's probeer opstel, maar die webenjin wat ek gebruik hou nie so baie van die webbrowser wat ek van die Mac af gebruik nie. Ek sal weer probeer op 'n stadium van 'n PC af. 

 

Ander nuus is dat die band besig is om vinnig vorm te neem. Theo van Rensburg het ingestem om kitaar te speel. Vir die van julle wat nie vir Theo ken nie - hy is 'n puik sessie en live kitaarspeler e speel onder andere in die befaamde Bushrock band van Anton Goosen. Ons nuwe pecussionis is Leon Ecroignard. Hy is eintlik by meerdere mense bekend as bassis en is ook 'n uiters bekwame trompet en tromboonspeler. Natuurlik is Johan Kelber op die Keys en ek speel bas, ritmekitaar en die stembande. Boek ons NOU!

 

Haha - okei - dit is dit vir vandag.

 

Groete uit die Blou Huis

 

-Gideon- 

 

Video

Hoi Almal!

 

Saterdag die 10e Mei word die eerste "amptelike" video opgeneem in Pretoria. Dit is van "Ek het nog my lewe" en daar is 'n paar verrassings tussenin. Ons gaan saam met 'n paar kleurvolle karakters saamwerk met die video, en ek is seker julle sal die finale produk geniet. Ons laat meer weet a Saterdag met foto's by (ja, ek weet ek belowe altyd foto's, maar die keer is dit njannies so).

 

Groete uit die Blou Huis

 

-Gideon-

   

Huisgenoot resensie

Blykbaar het Huisgenoot 'n klein resensie'tjie geskryf oor Murg. Hierdie is wat ek het. Hoop dit is woord vir woord so korrek...

 

"Ná ’n klompie jare in die buiteland is Gideon van Zyl terug in Suid-Afrika, waar hy eintlik al lank in die musiekbedryf betrokke is. Die twaalf liedjies op sy eerste Afrikaanse album is oorspronklik en ’n kombinasie van rock, jazz, blues en folk met ’n akoestiese klank en Barry Snyman wat op die saksofoon toor.

 Hy sing in ’n deurleefde stem oor uiteenlopende temas soos sy wortels in Afrika, skynheilige kerkraadslede, die liefde, regstellende aksie en Namibië.


Dit is op die fynproewer gemik en ’n album waaraan ’n mens sommer lank sal kan herkou."

 

Ek dink ek sal sommer teen Dinsdag dit self kan lees. Goeie tydsberekening, Huisgenoot! Ek is inderwaarheid die 1e APril terug in Suid-Afrika!!

 

Groete uit die Sandput

 

-Gideon-

   

MURG beskikbaarheid en kontaknommers

Hoi Almal!!

 

Baie mense vra my waar hulle Murg kan te koop kry.

 

MURG is beskikbaar van meeste cd winkels in die land wat Afrikaanse musiek verkoop. Indien jou plaaslike musiekwinkel NIE Murg in voorraad het of nie op hul voorraadlys het nie, kan hulle dit kry van BOWLINE af. As julle hulp nodig het, stuur asseblief vir my 'n e-pos by gideon[at]gideonvanzyl[dot]co[dot]za  met besonderhede soos watter winkel en watter tak dit is, dan kan ek help om dit op te los.

 

Julle kan dit natuurlik aanlyn koop by Bowline hier of by Take2

 

Vir enige inligting rakende die cd of media aangeleenthede kan julle Lydia Winchester kontak. Sy kan gekontak word by  011 475 2187 / 082 554 8453 of stuur ‘n e-pos na lydiaw[at]mweb[dot]co[dot]za

 

This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enablVir besprekings kan julle Debbie van der Merwe kontak by  Blue Notes Management 012 807 1020 / 082 418 9764 of stuur 'n e-pos na debbie[at]bluenotes[dot]co[dot]za of besoek haar webblad by hier.

 

Of maak gebruik van ons Kontak Vorm hier  

 

Groete uit die Sandput

 

-Gideon- 

 

   

Kwêla Uitsending

(0 votes)

Die Kwêla uitsending het toe gisteraand uitgegaan, en ek het baie positiewe terugvoer daaroor iuit verskillende oorde. Ek wil net weereens die span van Kwêla wat die dag saam met my spandeer het bedank vir die uitsonderlike werk wat hulle gedoen het om my hart op so 'n manier vir die mense te wys.

 

Die shoot het verlede week en Vrydag plaasgevind by Lydia Winchester se huis. Ek was teen 9-uur se kant daar en was redelik gestres. Ek doen nou nie so gereeld so iets dat ek daaraan gewoond kan wees nie. Sterker nog - dit is die eerste keer wat ek so iets doen. Ooit.

 

Teen 9-uur het die span begin opdaag. Soos gewoonlik was die tegniese mense eerste daar  en ons was gou besig om alles te bespreek met die span wat na verskillende plekke om die huis gaan kyk het. Toe Eloise opdaag was ons gereed om te skiet.

 

Ons het begin met 'n gesprek in die tuin, en het toe die huis ingegaan en uiteindelik (natuurlik) in die wynkelder opgeëindig. Ek belowe julle ons het nie Lydia se wyn opgedrink nie, en enigiemand wat iets anders sê was nie daar nie Innocent

 

Eloise het ook 'n onderhoud gevoer met Lydia en toe ons daar klaar is, het ons 'n bietjie footage gaan skiet by 'n park. Ek het nie die uitsending gesien nie (Dubai se skuld), so ek weet nie wat gebruik was en waar dit gebruik was nie, so ek vertel maar net wat ons gedoen het. By die park het ons die materiaal geskiet vir 'n musiekvideo van Afrikadag. Dit was nogal snaaks. Daar staan 'n wilgeboom wat oor 'n plas water uitgroei, en die idee wa dat ek op die boom moet sit en speel en sing wat dan gesinkroniseer sou word met die  musiek van die cd. Nou daarvoor moet jy natuurlik darem die cd hoor sodat jy daarmee kan saamspeel. Elizia het so 'n boomboks ding saamgebring wat ons daarvoor kan gebruik, maar die batterye het toe uitgeloop wat daarin is, en ons boomboks wil toe nie boom nie. Jaco het so 'n ou ietsie-bietsie karretjie, en hy trek hom toe nader sodat ons die radio in sy kar kan gebruik om die musiek te speel, maar dit blyk toe dat sy kar ook net ietsie-bietsie klank het. Die uiteinde was dat ek toe nie kon sing met die kitaarspelery saam nie, anders kon ek nie die klank van die musiek hoor nie. Nou weet ek ook hoe dit voel om Britney Spears te wees Kiss

 

Toe kom die verrassing. Die span ry my Kyalami toe want sien daar is toe kans vir my om motorfiets te gaan ry. Hulle het net 'n 250 cc motorfietsie gehad, en die baadjies was vir chinese mannetjies van net oor die 4 voet, maar gelukkig het hulle vir my 'n t-hemp gehad en 'n valhelm wat op my kop pas, en toe ry ek op en af ind ie parkeerterrein vir die kamera. Dit was vet pret en sommer net 'n kans om laf te wees.

 

Vir my was dit nie net 'n kans om iets nuuts te doen nie, maar ook 'n heerlike dag uit met fantastiese mense wat passie het vir hul werk en vir Afrikaanse musiek. Ek hoop die uitsending het dit ook reflekteer.

 

Daar was natuurlik nog 'n stukkie wat aandag nodig gehad het. Terug in Dubai, moes ek footage aanstuur na Suid-Afrika. Ek het Sondagoggend vroeg geland, en ek moes dit Maandagoggend koerier. Sondag was 'n gewone werksdag vir my (mens moet ook geld verdien en anders as wat die gerugte dit sou wil hê word mens nie oornag ryk as jy musiek maak nie - meer soos oornag arm), dus toe ek by die huis aankom Sondagaand was dit direk na my Mac en aan die soek na footgae wat gebruik kon word. Tot my ontsteltenis ontdek ek toe dat my eksterne hardeskyf met al my rou footage op gecrash het. Gelukkig het ek en David die videokamera saamgeneem werk toe en het ons 'n bietjie geskiet langs die pad. Ek het toe maar goed bymekaargeskraap, video's van twee liedjies bymekaargeflans en David se geannimeerde weergawe van Net 'n Nommer ook opgelaai. Maandagoggend is ek na die laaste oplaai op band eers om half tien weg werk toe en het die bandjie na tien gekoerier. Chaos.

 

Laat my asseblief weet wat julle gedink het van die insetsel. Tot kyk!!

 

Groete uit die Sandput

 

-Gideon-

 

PS: Ek het die foto's uitgehaal. Ek verstaan die webblad laai stadig. Ek sal die foto's kleiner maak en dan later weer terugsit.

   

Page 31 of 32

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 520 guests and 1 member online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za