Gideon van Zyl
Gatvol
Ek weet nie of julle ooit by daai punt kom nie, en miskien is ek net ‘n rustelose siel, maar somtyds kom ek by die punt wat ek net voel dat dit tyd is vir verandering. Ek voel iets is nie reg nie, en dat ietsie moet verander. Deel daarvan is dat ek ‘n beklemmende gevoel kry wanneer ek dink aan iets wat ek moet gaan doen. Date k by die punt kom met sekere dinge dat ek regtig nie met die strooi wat ek vandag moet pleeg hoef opgeskeep te sit nie. Basies word ek gatvol.
Nouja – hier is ek alweer by ‘n gatvol punt, en ek weet nie regtig op hierdie stadium van my lewe hoe om daarmee te deel nie, want ek is nog nie reg daarvoor om gatvol te wees nie. Ek het nog ses maande oor voor ek kan bekostig om gatvol te wees. Miskien kort ek net daai vakansie wat ek myself belowe het en sale k dinge kan opvreet vir nog ses maande. Miskien kort ek om ernstig in die gym uit te kom, en miskien moet ek net my ses maande plan versnel dat ek gouer kan bekostig om gatvol te wees. Miskien. Miskien Miskien...
Musikale week, SARS
Die afgelope week was daar baie fokus weer op musiek. Ek is uiteraard hard aan die werk aan die nuwe webblad om musiek te verkoop. Ons het Donderdagaand na die verfilming van die laaste gedeelte van ‘n film gegaan (waar ons ook vir Theuns Jordaan en Elizma Theron in konsert gesien het),ek het Vrydagaand ‘n show van Riku Latti en Albert Frost bygewoon by Steak ‘n Ale en Saterdag het ons weer gewerk aan die nuwe cd – by Riku op die plaas. Maandagaand het ons geoefen vir eerskomende Saterdag se opname, en gister en vandag was ek in die Kaap. O – en tussendeur het ek myself weer probeer geregistreer kry as ‘n belastingbetaler – ‘n moeiliker taak as wat mens sou dink.
Ek is sommer uitasem as ek net daaraan dink.
Die Eerste week van November, Wat nou met die industrie?
Dit is weer tyd vir my weeklikse blog. Van ‘n maandelikse blog het ek gegaan van ‘n daaglikse blog en van ‘n daaglikse blog na ‘n blog twee keer ‘n week , en nou helaas kry ek net een keer ‘n week kans om julle op datum te hou met wat gebeur. Dit is goed so, want dit beteken in beginsel dat dit goed gaan in Murgland. Goed genoeg dat ons nie kans kry om regtig enigiets anders te doen as om net van plek tot plek te hardloop om daar vinnig dinge te doen nie. Wanneer ek geblog kry, is tussendeur wanneer ek vir ‘n vergadering wag om te begin, of wanneer ek in die aand in die bed sit net voor ek gaan slaap. Vandag het ek ‘n ongewone luukse – ek het my bakkie vanmore ingegee vir ‘n diens, en ek kan nerens heen gaan nie... ok – ek het wel met my Susanna ooreengekom dat ek haar Mazda kan gebruik om vanmore by SARS ‘n draai te gooi, en miskien vanmiddag deur te ry na Heidelberg vir iets.
Die week was baie besig met ‘n video wat ons vir Sunette Bridges gemaak het, ‘n Karen Zoid show wat ons bygewoon het, die opening van Tjailatyd Heidelberg wat ons bygewoon het, ‘n gig by Liedjieboer ingepas, en dan natuurlik het ek lank en diep gedink oor my betrokkenheid in die musiekindustrie, en ‘n paar ernstige besluite geneem.
Read more: Die Eerste week van November, Wat nou met die industrie?
Vonk Toekennings foto's
Ek het 'n paar foto's vir julle in die gallery ingelaai. Julle kan gaan kyk daarna by
http://gideonvanzyl.co.za/website/index.php/multimedia/fotografie/category/5-vonk-awards-2009.html
As julle al die foto's wil sien gaan kyk gerus by my Facebook
http://www.facebook.com/album.php?aid=153838&id=558729664&l=c14f1c755d
More Articles...
Page 6 of 27


