Gideon van Zyl
Selfsensuur
Ek is vanaand by ‘n plek waar ek gehoop het ek nooit sal uitkom nie. Ek is gevra om een van my bloginskrywings te sensureer, en en het besluit om dit tog te doen ter wille van vriendskappe en omdat my ma my goed grootgemaak het.
Ek hoop dat in die toekoms my inskrywings nie as persoonlike aanvalle gesien sal word nie, maar ‘n poging om opbouende en gebalanseerde kritiek te lewer. Enigiemand wat my blog volg sal ‘n redelike goeie insig he in my psige en die feit dat ek gesteld is daarop om balans te bring eerder as sensasie. Hierdie blog het gestaagd gegroei juis omdat ek onkompromiserend eerlik is en selfs meer analities en krities na myself kyk as na ander om my. Waar ek ‘n opinie het, stel ek duidelik dat dit my opinie is, soos ek ook in die geval van die spesifieke berig gedoen het.
Die episode het jammer genoeg my vrou, Susan sodanig ontstel dat sy gevra dat ek haar huistoe moes neem van die funksie waar ons was. Sy ken my en weet wat my motiewe is.
Ek het verdere introspeksie om te doen oor die situasie omdat dit potensieel impak op ander om my het en ook op die aard van my betrokkenheid in die musiekindustrie.
Vlug Vertragings, Sunette Bridges, Totsiens Willie
Ek skryf die blog uit die Sportscafe in Kaapstad Internasionale lughawe vir julle. Ek het besluit dat ek nie die belaglike duur vlug uit Kaapstad gaan vat wat 8-uur sou vlieg nie, en die goedkoper een geneem wat eers half 12 sou land in Johannesburg. Die net resultaat is dat die vlug nou eers bestem is net voor middernag te vlieg en dan so teen 2-uur in Jozie gaan land.
Dus tyd om op te vang by die lewe.
Read more: Vlug Vertragings, Sunette Bridges, Totsiens Willie
Die filosofie van Idees
Ek weet dat ek die afgelope 25 jaar baie ander mense sien ryk word het uit idees wat ek gehad het. Dit is nogal erg wanneer iemand met sy nuwe BMW 7-reeks verby ry op pad na sy 10 miljoen Rand huis en jy weet verseker dat ek dit was met ‘n idee wat ek uitgedink het. Miskien is my grootste problem dat ek ‘n idee het en dan deel ek dit met ander mense as ‘n goeie idee. In goeder trou. Ek dink nie ek sal ophou om dit te doen nie, maar ek sal net een keer die voordeel wil trek uit ‘n goeie idee wat ek het. Ek sal graag net vir ‘n keer nie in die oë van iemand anders wil kyk vir my salaris nie, maar self die inkomste wil sien inkom tot by die punt wat ek nie hoef te stress oor waarmee ek die volgende projek gaan aanpak nie.
Ek sal graag wil sien hoe ek iemand in staat stel om miljoene Rande inkomste te genereer en dan op ‘n redelike manier wil kan deel in daai miljoene sonder om te pleit daarvoor. So hier is dit nou. Ek het vier planne op die tafel. Twee idees waarmee David opgekom het en twee waarmee ek opgekom het. Enige en al vier van daardie planne kan ons in miljoenêrs verander.
Chris de Burgh Tribute show, Aardklop
Nog ‘n week het verbygevlieg. ‘n Lekker week – emestal omdat ek op verlof was, maar ook omdat ek goed besig was. Ons het die eerste Chris de Burgh show gedoen, lekker gekuier by die huis met Ouma wat by ons was, en Aardklop toe gegaan. Aardklop was vol met baie foto’s wat ek geneem het, en ‘n hele paar kunstenaars wat ons die eerste keer live gesien het. Daar was baie hoogtepunte, maar die beste vir my was om Johnny Late se eerste Country show te sien.
Naak ge-ESKOM, nuwe Bestuurder, Optredes, Nuwe Baba
Die laaste week of so sedert ek geblog het was interessant. Mens kom by tye in jou lewe wat jy voel dat jy wil halt roep en net ‘n bietjie diep wil asemhaal. DIt is ‘n bietjie hoe ek voel op die oomblik. Nogtans was die laaste tyd baie interessant en ook baie voordelig op verskeie maniere.
Ek het ‘n baie belangrike besluit gemaak oor sekere dinge wat rigting aanbetref vir my musiekloopbaan. Een van die eerst eis dat ek na die nodige refleksie besluit het wie ek wil aanstel as my bestuurder. Ek verkies om nie details te bespreek tot ons alles finaliseer het nie. Dit is rede vir my stilte van die afgelope week – ek het gehoop om alles op papier te he teen nou. Wat ek wel kan se is dat dit nie iemand uit die musiekindustrie is nie. Daar is ‘n eenvoudige rede daarvoor naamlik dat ek nie op soek is na kontakte nie, maar na iemand wat vir my sal baklei wanneer dit nodig is, en nie geswaai gaan word deur vorige alliansies nie. Dit voel reg – ons sal sien hoe dit uitwerk, maar ek is baie optimisties.
‘n Tweede belangrike besluit wat ek gemaak het, is dat die nuwe cd nie ‘n solo cd gaan wees nie, maar die debuut cd vir Murg. Dit was net eenvooudig ‘n volgende stap in ‘n roete wat al ‘n entjie kom. Elkeen van die professionele musikante wat op die projek sou gewerk het het as gevolg van ander verpligtinge onttrek, en uiteindelik het ons met ‘n kern van musikante oorgebly wat effektief die lede van Murg is. Die idée om ook klavier en jazz orrel in te sit, maak dit die volledige band van Murg. Dus – die ideale geleentheid om ‘n Murg produksie te doen.
Read more: Naak ge-ESKOM, nuwe Bestuurder, Optredes, Nuwe Baba
More Articles...
Page 7 of 27


