Gideon van Zyl
Ralph se CD Bekendstelling
Daar is sommige dae in jou lewe wat jou verveel met hul roetine, dan is daar ander dae wat jou total verras. Gisteraand se bekendstelling van Ralph Michielsen se nuwe cd was so ‘n verrassing. Ons was daar saam met vriende, het heelwat nuwe mense ontmoet en het sommer net ‘n lekker aand gehad.
Ek dink ook Ralph het ‘n goeie ding beet van ‘n musikale oogpunt gesien. Die songs wat ek gehoor het van die cd is goed geskryf en het definitief kommersiële potensiaal.
Daar was ‘n verrassend interessante groep mense ook by die bekendstelling. Selfs Steve Hofmeyr het ‘n vinnige draai op die verhoog gegooi met die voorlaaste liedjie. Selfs Murg se kitaarspeler – Jannie - het ‘n vinnige draai aan die begin van die doe gegooi met sy kortbroek en sy t-hemp aan en ‘n vinnige bier kom saamdrink.
Pilaansberg foto's, Vloek sal nooit weer dieselfde wees nie...
Vir ‘n verandering was die week ietsie rustiger as gewoonlik. Die week het in die kader van fotografie gestaan vir die grootste gedeelte. EK het Maandag en Dinsdag spandeer aan foto’s van die Vark Fees te edit en dit op twee dvd’s te sit vir WImpie van der Sand twat dit op sy beurt weer beskikbaar stel aan die musikante en die organiseerders (of so iets). Ek is baie tevrede met die foto’s en glo al die partye sal dit ook geniet. Wat ek deesdae doen wanneer ek foto’s vir iemand neem, is om al die foto’s in ‘n folder te sit met ‘n contact sheet by. ‘n Contact sheet is ‘n indeks van die foto’s en is ‘n blad vol kleiner foto’s waaruit jy dank dan kan sien watter foto’s is watter en kies watter foto’s jy wil gebruik.
Saterdag het ek en David deurgery na Pilaansberg Natuurreservaat . David is besig om aan ‘n projek te werk vir Maranatha musiek en deel van die projek is footage van natuurlewe. Die problem is dat hulle nie vir hom genoeg footage gegee het om die hele projek klaar te maak nie. Dus is ons toe wildtuin toe om video footage te gaan skiet. Ek het Maandag ook ‘n lekker Sigma 120-400 OS lens gaan koop OS staan vir Optically Stabilized wat beteken dat die lens ‘n stabiliseer meganisme inhet. Die trippie was uiteraard vir my ‘n ideale geleentheid om die lens te toets. Soos gewoonlik met groot shoots, het ek twee kamera’s saamgeneem. Een vir landskappe en een vir die groot kanon. Vir landskappe het ek my getroue ou Sigma 17-50 f2.8 op my Canon 30D gesit, en ‘n polariseer-filter vooraan vasgeskroef.
Read more: Pilaansberg foto's, Vloek sal nooit weer dieselfde wees nie...
Foto's van die Varkfees. Hoe maak ek foto's van musikante op verhoog. Dinge wat nie cool is nie
Wat ‘n tyd!! Die wiele rol en ons dae is vol. Alles in orde vir nog ‘n paar opwindende naweke.
Vark (musiek) Fees
Saterdag was ek by die Vark Fees, en wat ‘n fees was dit nie! Ek was daar om foto’s te neem en het kans gehad om lekker te eksperimenteer met ‘n paar idees wat ek al lankal wou uitprobeer.
Om foto’s te maak van vertonings
Ek het ‘n VIP pas gehad wat my volle toegang gegee het tot die musikante en ook tot alle afgesperde areas. Dit het my kans gegee om rondom die verhoog te werk om foto’s uit verskillende hoeke te kry. Fotografie is nie regtig iets wat ek gereeld hier bespreek nie, so verskoon my as ek tegnies raak met die beskrywing, maar ek is seker dat sommige van julle die beskrywing wel sal geniet.
Soos gewoonlik het ek nie regtig veel flash gebruik nie. Ek is nog steeds nie mal oor flash vir lewendige optredes nie, omdat dit steurend kan wees vir kunstenaars. Ek vind dit self steurend as iemand met ‘n flits werk, so probeer om dit te vermy, tensy die lig so swak is dat mens nie anders kan nie. Gelukkig was die beligting uiters goed, hoewel ek soms gevind het dat daar te veel rooi was in die beligting. Rooi is nie goed vir foto’s nie, en verwyder tekstuur en karaktereienskappe van die onderwerp. Tensy jy dus ‘n amorfiese beeld wil kry wat amper soos die regte onderwerp lyk, vermy jy rooi lig. Uiteraard kan jy deur die rooi probeer sny deur flits, so dit is een van die min omstandighede waaronder ek wel flits gebruik by ‘n vertoning.
Blackie, Dozi, Liedjieboer en Rugbyhemel
Die laaste paar dae was nogal rustig nadat ek ‘n uiters besig tyd gehad het. Miskien was dit omdat my internet verbinding opgebruik was, en ek dus nie kans gekry het om enigiets te doen nie. Nogtans het ek wel gepoog om my dae vol te maak met niksseggende dinge soos om Rugby te kyk, rugby te kyk, rugby te kyk ... en gister het ek my studio ‘n bietjie uitsorteer. Dinge werk nou weer wat in ‘n tydjie nie gewerk het nie, en ek het my eie spasie om weer ‘n bietjie kreatief te wees. DIt is ‘n goeie ding want as alles gaan soos ek hoop, het ek dalk binnekort weer 12 liedjies nodig vir (nog) ‘n nuwe cd. Dus - skryf moet ek skryf.
‘n Stappie terug – verlede week en Donderdag en Vrydag was wel besig. Die keer was ek net ‘n passasier. Donderdagaand het die van Zyl’s Liedjieboer toe gegaan en vir Dozi en Blackie Swart gaan kyk en Vrydagaand was ek en Susan weer by die Liedjieboer om ons vriende en kollega’s te gaan ondersteun.
Siek in die Bed.
Daar sit ek toe vandag die hele dag in die bed. Ek haat dit wanneer ek voel date k siek is, maar ek haat dit nog meer wanneer die medisyne wat ek gedrink het my laat beter voel maar ek weet ek moet in die bed bly om myself kans gee om gesoind te word. Dus was ek vandag ‘n bietjie van ‘n brombeer – ek moet dit tot my spyt erken.
Ek het in elk geval die grootste gedeelte van die dag gewerk hier uit my ruimte – veilig op die elektriese kombers, maar met die laptop op my skoot. Ek het baie dinge om te doen. Vandag was ek meesteal in gesprekke met iemand in Indie. Moenie vra waarom nie – dit is kompleks.
More Articles...
Page 8 of 27


