Wednesday, September 08, 2010
   
Text Size

Deursoek Webwerf (Search)

Gideon van Zyl

Die Naweek

(5 votes)

Ja, ja – ek weet ek was alweer treurig met die opdatering van my blog, so kom ek prober ‘n bietjie substansie gee vir ‘n keer. Sedert my laaste blog het ek weereens nie grond geraak nie. DIt was soms positief en soms minder positief.  Meer positief as anders.

Ons het op ‘n soeke gegaan na ‘n drommer, en dit is nogal ‘n storie vir die gemiddelde band. Ons kan natuurlik nie ‘n uitsondering op die reel wees nie, dus het ons oudisies gehou met verskeie drommers. Ek dink ons het nou die person na wie ons gesoek het, maar ons sal moet nou eers seker maak dat hy ook gelukkig is om saam met ons te speel. Ek laat meer waat wanneer ons ook meer weet.

 

Read more: Die Naweek

 

Vrouedag

(4 votes)

Gister was Vrouedag.

Ek kan nogal verstaan van al die dae wat ons het wat politiese saamtrekke tot gevolg het. Soos Vrouedag, Jeugdag, Dag van Versoening, Werkersdag, Vryheidsdag, Menseregtedag en Erfenisdag. Elkeen van hierdie dae roep ‘n politiese gebeurtenis in herinnering.

Dan is daar natuurlik al die religieuese vakansiedae – of miskien moet ek eerder daarna verwys as vakansiedae wat hul oorsprong in religieuese vakansiedae het. So het ons Paasfees, Kersfees, en natuurlik die dae wat nie polities of religieus is nie soos Nuwejaarsdag.  

Dan kry ons die kommersiële dae wat nie vakansiedae is nie soos Moedersdag, Vadersdag (dankie tog ons manne kry ‘n nie-amptelike dag ook, maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag), Valentynsdag.

Uiteindelik het ons die vakansiedae wat net gevier word deur enkelinge. Soos verjaarsdae, troudagherdenkings, die herdenking van die sterfte van ‘n familielid of ‘n eggenoot. Sluit dan in die dae wat ons net vier ter wille van ander nie.

Met elkeen van hierdie dae het ons ‘n ander verbintenis daarmee. Sommige is betekenisvol vir jou as indiwidu, ander is minder belangrik vir ons. Dit hang af van jou verwysingsraamwerk.

Read more: Vrouedag

   

Die varkverkoue loop swaarder. Nuwe drommer

(2 votes)

So kom ons al weer terug by die Sogenaamde Varkgriep oftewel A(H1N1) of tewel die Meksikaanse Griep. Die eerste bevestigde slagoffer het verlede week gesterf. Dit het gisteroggend eers bekend geword. Vandag hoor ons toe van ‘n tweede slagoffer – ‘n 44-jarige man wat dit vermoedelik in Swaziland opgedoen het. Die manier wat ek voel vandag is dit moontlik dat ek enige van ‘n verskeidenheid griepe opgedoen het en my kollega Angus is ernstig siek in die bed. Nou voel ek ook vreemd genoeg onrustig.

Die ding wat my die meeste verontrus is is dat ek en jy moontlik nie sal weet dat ons varkgriep het voor ons dalk ‘n week lank al dood is of ‘n week lank al gesond is nie. Waarom? Ek het geen idee nie. Wanneer ek na die dokter gaan, ondersoek hy my, en vertel my ek het Duitse Masels of griep of hartprobleme of geelsug of watookal. Nie eers ‘n week later nie. Nou waar ek vandaan kyk is dit regtig lastig as ek eers ‘n week later hoor dat ek al die tyd nie verkoue gehad het nie, maar ‘n dodelike siekte. Dit kan nogal lewensveranderd wees, veral as jy dit nie oorleef nie.

Read more: Die varkverkoue loop swaarder. Nuwe drommer

   

'n Besige week, Kaapstad, Durban, Gigs, Battle of the Bands en Just Jinjer

(4 votes)

Dit was nog’n goeie week vol belewenisse en avonture.

Vrydagaand die 24e Julie het ek deurgegaan Botrivier toe en my kleinboet en Akkedis gesien. Saterdagoggend het ek teruggevlieg na Johannesburg toe, en Saterdagmiddag het ons eers die rugby gaan kyk en daarna het Murg die eerste keer by die Liedjieboer gegig. Groot pret. Die week was nie veel stiller nie, met MD Greyling en Johnny Late wat saam met ons by Die Liedjieboer gespeel het. Jukebox was ook daar en het gesels met van die gehoor. Vrydagaand het ons ‘n akoestiese stel gedoen by Liedjieboer se laaste-Vrydag-van-die-maand paartie, en gister halfpad deur die rugby is ek en David deur na Carnival City om die finale van die Battle of the Bands te kyk. Ons het ook die span van Just Jinjer ontmoet en hulle livegesien. Die eerste keer in Suid-Afrika na hul terugkeer uit die VSA.

 

Read more: 'n Besige week, Kaapstad, Durban, Gigs, Battle of the Bands en Just Jinjer

   

Die nuwe t-hemde vir Murg. Alweer groet. Nuwe cd maak vordering. Battle of the Bands Semifinaal

(5 votes)

Daar was nie tyd nie. Daar was nie tyd om eers my laptop te begin om te werk aan hierdie blog inskrywing nie, maar hier is hy nou. Sedert hulle laas van my gehoor het deur die blog het ek gereis deur emosionele uiterstes. Ek het gegaan van ekstase na uitputting van frustrasie na vrede.

 

Ek moes die afgelope week weer afstand doen van vriende aan die dood, en kon nuwe konsepte sien realiseer.

 

Hier aan die Linkerkant is die ontwerp van ons nuwe t-hemde vir Murg. 

Read more: Die nuwe t-hemde vir Murg. Alweer groet. Nuwe cd maak vordering. Battle of the Bands Semifinaal

   

Page 9 of 27

Twitter Status Inligting

Basic authentication is not supported

Flash Mp3 Player

Ondersteun deur

Banner

Wie besoek ons...

We have 38 guests online

Ranking on ZA Topsites

ZA TOP Sites

Ranking on SA Top Blogs

saTopBlogs.co.za